Zuma, Ramaphosa lei

President Jacob Zuma is Dinsdag by die ANC se konferensie in Mangaung met ‘n oorweldigende meerderheid as leier vir nog ‘n termyn verkies. Jessie Duarte is onbetwis in die posisie van adjunksekretaris-generaal herverkies.

Zuma het sy teenstander, Kgalema Motlanthe, met 2 983 stemme teen 991 stemme geklop. ‘n Totaal van 3 977 afgevaardigdes het gestem.

Cyril Ramaphosa is as die ANC se nuwe adjunkpresident verkies ten spyte van sy aandeel in die Marikana-slagting. Ramaphosa is met 3 018 stemme verkies terwyl Phosa 470 en Sexwale 463 stemme gekry het.

Ramaphosa het Mathews Phosa en Tokio Sexwale uitgestof om as die president se toekomstige troonopvolger gekies te word.

Motlanthe het nie sy nominasie vir die posisie van adjunkpresident aanvaar nie. Dus is hy en sy volgelinge nie meer deel van die ANC se leierskapstrukture en invloed nie.

Baleka Mbete is met 3 010 stemme as die nuwe voorsitter van die ANC aangewys terwyl Thandi Modise 939 stemme ontvang het.

Gwede Mantashe is as die party se sekretaris-generaal herverkies met 3 058 stemme. Sy teenstander Fikile Mbalula kon net 901 stemme trek.

 

Фильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae