Minister het polisie glo beveel om stakers te skiet

Die Marikana-kommissie van ondersoek het gehoor dat Susan Shabangu, minister van minerale hulpbronne, die polisie beveel het om stakende mynwerkers tydens die Lonmin-staking te skiet, berig die SABC.

Brig. Zephania Mkwanazi, ‘n opleidingsdeskundige in openbare orde-polisiëring, word tans deur adv. George Bizos, menseregte-aktivis en oud-anti-apartheidstryder, ondervra.

Mkhwanazi het egter gesê die polisie se doel is om polisiebeamptes te leer om gemeenskappe te beskerm en nie dood te skiet nie.

Hy hou vol dat hy nie deel was van die polisie-optrede op 16 Augustus nie en het herhaaldelik geweier om verskeie vrae van Bizos te beantwoord.

Mkhwanazi het gesê hy wil nie aannames maak nie, maar het saam met Bizos gestem oor die stelling dat Shabangu se uitlating polisiebeamptes kon verwar met die uitvoering van hul pligte.

Volgens Bizos het die minister, nadat sy verklaar het dat die polisie moet skiet om dood te skiet, gesê sy soek nie ‘n waarskuwingskoot nie en dat polisielede in Marikana nie bekommerd hoef te wees oor regulasies nie.

Mkwanazi het gesê hy is nie bewus van dié stelling nie en hou vol dat “dood” en “skiet” nie in sy woordeskat is nie.

Die ondersoek duur voort.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae