‘n Woordvoerder vir die presidensie, Mac Maharaj, het gesê Zuma het slegs probeer om Afrikane se gedagtes te dekoloniseer in die toespraak op Impendle in KwaZulu-Natal.
Zuma het volgens berigte gesê dat om geld op honde te spandeer deel is van wit kultuur. Om ‘n hond ten duurste aan te koop, na die veearts en op uitstappies te neem, hoort in die wit kultuur, het pres. Zuma gesê.
Daar is ‘n nuwe generasie van jong swartes wat probeer ander kulture na te boots en selfs om soos wittes te lyk, het hy gesê. Hy het gesê die Afrika-manier is om eerder op familie te fokus.
“Al gebruik jy enige room en maak jy jou hare reguit, sal jy nooit wit wees nie,” het Zuma gesê.
Zuma het verder gesê ‘n persoon wat waardigheid en ubuntu verloor, sal waarskynlik respek en liefde vir sy medemens verloor. Hy het gesê swart mense moet ophou om die gewoontes van ander kulture aan te leer.
Hy het mense, wat honde meer as mense liefhet, beskryf as mense wat ‘n “gebrek aan menslikheid het”.
Terwyl hy die toespraak gelewer het, het duisende mense gelag en hom toegejuig.
Dit was Zuma se eerste openbare verskyning sedert hy verlede week in Mangaung tot ‘n tweede termyn verkies is.
Hy het ook swart mense gekritiseer wat rome aanwend om hulle hare reguit te maak.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.