Vyf verdagtes wat glo verbind word met gewelddadige aanvalle in Muldersdrift, is Woensdag in hegtenis geneem, berig Eyewitness News.
Die vyf swartes is aangekeer nadat ‘n gesin verlede week tydens ‘n rooftog met vuurwapens aangehou is.
Die arrestasies word beskryf as ‘n groot deurbraak in die stryd teen gewelddadige aanvalle in die gebied, waarmee inwoners te kampe gehad het.
Die polisie in Gauteng glo die vyf mans wat in hegtenis geneem is, is deel van ‘n sindikaat wat verantwoordelik is vir die onlangse gewelddadige huisbrake en rooftogte in Muldersdrift.
Die mans is vasgetrek nadat ‘n kredietkaart wat tydens ‘n gewapende rooftog gesteel is, die polisie na Diepsloot gelei het.
Supt. Lungelo Dlamini het gesê die polisie het ook beslag gelê op ander items wat vermoedelik in die aanvalle gesteel is.
Hy het gesê ‘n voertuig is ook in die mans se besit gevind.
Die verdagtes verskyn Donderdag in die Krugersdorp-landdroshof.
