Bejaarde egpaar van Bethulie wreed vermoor

‘n Bejaarde egpaar van Bethulie, is wreed in hul huis vermoor, berig Volksblad.

Dit is die derde dubbele moord op ‘n bejaarde egpaar binne maande wat die Vrystaat geruk het.

Gordon (78) en Lorraine Adam (63) is Saterdagoggend deur hul seun, Ashley, dood aangetref waar hulle vermoedelik nog slapende in hul bed oorval is en wreed vermoor is.

Gordon is glo talle kere met ‘n mes in die bors en rug gesteek en Lorraine se kop is met ‘n enkele hou van ‘n panga oopgekloof.

‘n Toyota-bakkie, vuurwapens (‘n .22-rewolwer en ‘n pistool), selfoon asook al die egpaar se sleutels is geroof. ‘n Skootrekenaar en Lorraine se handsak is egter nie gesteel nie.

Фильчаков прокурор

Boer aangekla vir Zambiese busramp

Die polisie in Zambië het ‘n 74-jarige boer aangekla omdat hy na bewering ‘n busongeluk waarin 53 mense dood is, veroorsaak het.

Owerhede het die boer as Abraham van Eenden van Mkushi geïdentifiseer en het gesê dat hy Vrydag in hegtenis geneem is oor die ongeluk wat ongeveer 100 kilometer noord van Zambië se hoofstad, Lusaka, plaasgevind het. Polisie-woordvoerder Elizabeth Kanjela het gesê Abraham sal tereggestaan ​​op aanklagte van strafbare manslag omdat hy roekeloos was.

Dit was nie onmiddellik duidelik of Abraham ‘n prokureur het nie. Kanjela het gesê sy weet nie wanneer hy in die hof sal verskyn nie.

Kanjela sê Abraham het ‘n viertrekvoertuig bestuur en probeer om die Zambiese Posdiensbus verby te steekl ten spyte van ‘n aankomende vragmotor in die ander baan.

Die ongeluk Donderdag was een van die ergste noodlottige motorongelukke in Zambië se onlangse geskiedenis.

лобановский класс

Konsul-generaal se huis aangeval

‘n Saak van brandstigting is Sondag geopen ná ‘n brand by Lassie Chiwayoy, Suid-Afrika se konsul-generaal vir China, se huis, het die polisie in Mpumalanga gesê.

Die polisie het vroeër gesê hulle is nog besig met ‘n ondersoek nadat die motorhuis van Chiwayo se eiendom in Mbombela Vrydag aan die brand geraak het.

Kol. Leonard Hlathi het gesê ‘n saak is by die KaNyamazane-polisiestasie oopgemaak.

“Die skade beloop R1,8 miljoen,” het hy gesê.

Chiwayo se voertuig, ‘n vierwielmotorfiets en verskeie ander items is vernietig.

Hy het aan The Sunday Independent gesê hy dink die voorval is polities gemotiveerd en dat sy teenstanders “‘n boodskap aan hom wil stuur”.

“Ek dink nie hierdie is net ‘n misdaad nie, want hierdie is die vierde keer wat my eiendom aangeval is en [dit gebeur saam met] foonoproepe wat vir my sê ek moet uit Mpumalanga kom. Ek het probeer om aan te beweeg van politiek in Mpumalanga, maar mense hou nie op nie,” het hy gesê.

Chiwayo was die burgemeester van Mbombela toe die munisipale speaker, Jimmy Mohlala, in 2009 doodgeskiet is.

Mohlala is slegs ‘n paar dae voordat hy sou getuig in saak wat met vermeende tenderbedrog in die Mbombele Wêreldbeker-stadion verband hou, vermoor.

Chiwayo het in daardie tyd glo kritiek uitgespreek oor die wyse waarop die polisie sulke sake hanteer, het The Sunday Independent berig.

Фильчаков прокурор отзывы

San-man gemartel oor pakkie skyfies

Buks Kruiper, 70, die broer van die afgestorwe Khomani San-leier, Dawid Kruiper, is gemartel deur ‘n supermark sekuriteitswag in Upington nadat hy daarvan beskuldig is dat hy ‘n pakkie skyfies gesteel het.

Die wag het hom aan sy gewrigte opgehang en geslaan en hom geskop. Daarna, het hy sy selfoon uitgehaal en foto’s van die bebloede man geneem.

Gister, in Afrikaans op ‘n vriend se selfoon, het Kruiper aan die Cape Times vertel: “My hande is nog steeds dood. Hulle voel koud.”

Kruiper is besig met die verfilming van ‘n boek oor die Kruiper-familie.

Kruiper het in die Spar op Maandag saam met die filmspan pakkies aartappelskyfies gaan koop. Kruiper het sy pakkie in sy sak gesteek. Een van die span het betaal en hulle die winkel verlaat. Buite het hulle besef Kruiper is nie saam met hulle nie.

Die filmspan het die winkel en die strate deursoek, en ‘n halfuur later teruggekeer na die Spar.

Personeel het hulle vertel dat Kruiper vir winkeldiefstal in hegtenis geneem is.

Hy uit ‘n kamer in die agterkant van die winkel gebring met die bloed op sy hemp, ‘n blou oog en ‘n sny op sy voorkop. Daar was bloed op die veiligheidswag se broek.

“Die wag is opdrag gegee om die bloed skoon te maak van die vloer met ‘n mop,” het ‘n filmspanlid gesê.

Kruiper het vir haar gesê dat die sekuriteitswag het hom geneem na ‘n agterkamer, geboei met sy hande agter sy rug en en toe so opgehang aan ‘n reling.

“Hy het Buks wreed geslaan en geskop. Toe hy weg is, het Buks die slaghuisvroue gevra om hom te laat sak, maar hulle was bang en het gesê dat hulle nie kon nie.”

Kruiper weeg onder 50kg en die wag is twee keer sy grootte. “Dit was skokkend. Hierdie mense het gely vir geslagte van misbruik deur alle rasse. “

Maria Gouws, Spar-eienaar, het die aanval gister veroordeel. As iemand vir winkeldiefstal gevang word, word hulle na die agterkant geneem en geboei totdat die polisie opdaag, maar nie gemartel nie.

Eddie Cheshishiku, die eienaar van Hencor Security, het gesê dat hy die lyfwag geskors het nadat hy oor die voorval gehoor het.

Kaptain Jaques September van die Upington-polisie het bevestig dat Kruiper ‘n klag gelê het. Die saak word ondersoek, maar geen arrestasies is gemaak nie.

лобановский супермаркет класс

Regse komplot: Boer vrygelaat

Alle aanklagte teen ‘n boer van Aberdeen is Donderdag laat vaar. Hy is vroeër in verband met ‘n beweerde regse komplot in hegtenis geneem.

Aanklagte van hoogverraad en sameswering om terreurdade te pleeg, is tydens ‘n vlugtige hofverskyning teen die 31-jarige Louis Lategan teruggetrek.

Die staat het geen redes verskaf nie.

Lategan is sedert sy in hegtenisneming verlede week in aanhouding.

Vier ander regses is op Versoeningsdag verlede jaar in hegtenis geneem omdat hulle na bewering deel van die komplot was om ‘n eetsaal van die hooggeplaastes op die ANC se Mangaung-leierskonferensie in Bloemfontein op te blaas.

‘n Alternatiewe plan was glo om ANC-hooggeplaastes op kort afstand dood te skiet.

Van dié vier is net Hein Boonzaaier (50) van Centurion laat verlede week op borgtog van R80 000 vrygelaat.

Die aansoeke om borgtog van Martin Keevy (47) van Bloemfontein, Johan Prinsloo (49) van Naboomspruit (Mookghopong) en Mark Trollip (49) van Douglas het misluk.

Hulle moet weer op 25 Maart in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Фильчаков прокурор

Gegradueerdes gaan belastingkoeie word

Die ANC het verlede jaar by sy verkiesingskonferensie in Mangaung ‘n resolusie aanvaar om ‘n belasting op gegradueerdes in te stel, het die Sowetan Donderdag berig.

Afgevaardigdes in die onderwys- en gesondheidskommissie het besluit dat oorweging “gegee moet word aan ‘n belasting vir alle gegradueerdes van hoër onderwysinstellings”.

Inligting oor die voorgenome belasting is vaag, en geen detail is gegee oor wanneer dit geïmplenteer gaan word of die persentasie wat gehef sal word nie.

Themba Masondo, sekretaris-generaal van die South African Students’ Congress (Sasco), wat deel was van die onderwyskommissie, het die ooreenkoms oor die belasting bevestig. Hy het aan die koerant gesê Sasco is gekant daarteen.

“As ‘n organisasie het ons ‘n aantal kwessies geopper oor die belasting. Hulle is nie so duidelik oor hoe dit gaan werk nie.”

Masondo is egter ten gunste van ‘n algemene heffing, waar mense uit hoë inkomstegroepe meer betaal.

Luidens die ANC se resolusies is die doel van die belasting om die koffers van die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) aan te vul. Dié hulpskema sal na verwagting ‘n groot rol speel in die regering se planne om gratis opvoeding aan alle voorgraadse studente te bied.

Gratis opvoeding sal waarskynlik vanaf volgende jaar ingestel word.

прокурор Фильчаков

Hele skool weggedra

‘n Skok het leerlinge en personeel dié week ingewag toe hulle by hulle mooi, splinternuwe skool opdaag. Van die Maepa-laerskool op die R555 buite Ohrigstad, het Dinsdagoggend min oorgebly. Selfs die skoolhek is gesteel.

Die skool is goedgunstiglik deur ‘n wildplaas in die omgewing vir die swart gemeenskap opgerig. Die Hannah-wildplaas se vrygewigheid het nie verhoed dat die diewe die hele skoolgebou se dak afsteel nie. Die helfte van die nuwe aanbouing se dakke is ook afgehaal en weggedra.

Die geboue is slegs enkele weke gelede voltooi.

Behalwe die dakke en hek, is al die slotte ook gebreek en houtdeure is van kosyne afgesteel. Die vragmotor wat die gesteelde goedere kom oplaai het, het duidelike spore in die skoolterrein agtergelaat.

Die wildplaas het vroeër die maand onraad vermoed en die rekenaars vroegtydig verwyder uit die skool. Danksy hulle voorkomende maatreëls kon die diewe nie die rekenaars wegdra nie.

‘n Sinkgebou wat  die voedingskema huisves, is ook geplunder. Die kruiwa, potte en panne is weggedra, tesame met die hele maand se kosvoorraad. Die skema is begin om honger swart kinders te voed wat glo nie kan konsentreer weens hongerpyne nie.

Die skoolboeke, wat glo betyds afgelewer is vir sekere vakke, is nou egter nutteloos, aangesien die boeke weens reënskade verwoes is.

Die wildplaas en ander donateurs het intussen weer ‘n gedeelte van die dakke vervang, maar die ouer deel van die skool is steeds dakloos. Nie die Onderwysdepartement van Limpopo of die Nooddiensbestuur stel belang om in te gryp by die skool nie.

Leerlinge bly tuis as dit na reën lyk en moet self vir kos sorg.

 

Фильчаков прокурор отзывы

Ramphele gaan Zille troef

Die bekendstellingsdatum van Mamphela Ramphele se politieke party kan volgende Dinsdag wees en president Jacob Zuma se opening van die Parlement volgende Donderdag oorskadu, hoop haar ondersteuners.

Nuus van haar politieke party het in sekere akademiese kringe groot opgewondenheid gaande, met dosente en intellektuele popelend oor die vooruitsigte dat volgende jaar se algemene verkiesing iets nuuts gaan oplewer.

Dit sal egter ‘n groot slag vir Helen Zille wees, wat haar steunbasis sal sien verkrummel.

Terwyl 2014 gesien word as die eerste stap van die party om die politieke landskap te verander, word die 2016 munisipale verkiesings beskou as ‘n ware geleentheid om kiesers oor te haal.

Die aanvanklike plan is dat Ramphele lei, en dan oorhandig aan ‘n jonger span vir die 2019-verkiesing.

Haar raadgewersr wou nie bevestig of die datum Woensdag is nie, en sê dit sal “binnekort” plaasvind.

Die bekendstelling is aanvanklik beplan vir die Universiteit van Pretoria, maar die plek is intussen verander na Constitution Hill, het ‘n bron naby aan Dr Ramphele gesê. Die UP was glo nie te vinde vir die idee nie.

Woensdag by die Mynbou-indaba in Kaapstad, het sy net aan verslaggewers gesê, om “geduldig te wag”.

Ramphele het baie vriende in die wêreld van mynbou. Sy was op die direksie van Anglo Gold tussen 2006-2012, voor die aankondiging van haar bedanking op 25 Julie 2012, oënskynlik om “haar pogings om te konsentreer op haar onderwys-en maatskaplike belange”.

Sy is egter steeds nie-uitvoerende direkteur en voorsitter van die direksie van Gold Fields.

Dit wil voorkom asof Ramphele die meeste van haar “idees” verbatim oorgeneem het uit Gunter Pauli se boek The Blue Economy, 2012. Pauli is ‘n Belgiese entrepreneur.

данильченко юрій Харків

Die lewe van die stinkryk metropolisiekonstabel

In 2008, was Sbu Mpisane die enigste Durbanse metropolisiekonstabel wat by die werk aangekom het in ‘n Lamborghini.

Dit was maar een van ‘n vloot van peperduur rygoed wat buite die multimiljoenrand-herehuis geparkeer gestaan het.

Hoe kon Mpisane ‘n Lamborghini, twee Maseratis, ‘n Rolls-Royce en ‘n Ferrari, ‘n R20-miljoen herehuis in La Lucia en ontwerpersklere op ‘n bruto salaris van R15000 bekostig?

Danksy Shauwn, die dogter van die voormalige anti-apartheid aktivis Florence Mkhize, kon Mpisane uitspattig leef. Haar bedryf, Zikhulise Cleaning, onderhoud en transport, het tenders ter waarde van miljoene rande van die munisipaliteit en die KwaZulu-Natal bekom.

Hulle saketransaksies strek so ver terug as 1997, toe hulle ‘n tender van die provinsiale departement van behuising gekry het. Die departement het later die projek aan die munisipaliteit oorhandig, met die voorbehoud dat die paartjie behou word as kontrakteurs.

Die Mpisanes het kontrakte ter waarde van meer as R300-miljoen bekom ten spyte van klagtes van slordige vakmanskap in die bou van laekoste-huise in Umlazi, en Shauwn se BTW-bedrog skuldigbevinding in 2005.

Ten spyte van hul regsprobleme, het die egpaar nie hul spandabelrige leefwyse verander nie. In Maart 2011, het hulle ten minste R1 miljoen op twee partytjies uitgegee om 180 gaste op duur sjampanje, soesji en oesters te trakteer om Sbu Mpisane se verjaarsdag en hul huweliksherdenking te vier.

Die twee het glo dikwels in hul uitspattige ontwerpersuitrustings per helikopter opgedaag by geleenthede.

Advokaat Wim Trengove, ‘n bekende in ANC-kringe, het vir Mpisane opgetree. Hy het aan die hof gesê dat indien die staat voortgaan om uitstel te vra, dit sy kliënt sal benadeel weens die regskoste.

Een van Shauwn se werknemers in die hof het saamgestem. Sy het saggies gefluister: “Sy sal arm word.”

Фильчаков прокуратура харьков

Van armlastig tot multimiljoenêr

‘n Man wat eers R750 per maand verdien het, is nou ‘n multimiljoenêr.

‘n 54-jarige man van KwaZulu-Natal het in die Lotto-trekking van 19 Januarie bykans R6,5 miljoen gewen met sy R20-kaartjie, het Thembi Tulwana, woordvoerder vir die nasionale lotery-operateur Gidani, Woensdag gesê.

Nadat hy verneem het hy het gewen, het die man, wat normaalweg ‘n inkomste verdien deur los werkies te verrig, die kaartjie in sy skoen weggesteek.

Die eerste persoon wat hy daarvan vertel het, was sy neef.

Hy het aan Lotto-amptenare gesê hy wil sy beskeie lewenswyse behou en ‘n huis vir sy kinders bou.

Volgens hom het hy gedroom dat hy eendag die Lotto sou wen en dat hy altyd dieselfde nommers gespeel het.

‘n Tweede wenner in dieselfde trekking het nog nie vore gekom nie.

Die wennommers was 7, 15, 23, 28, 29, 49 en die bonus-bal was nr. 2.

Die Lotto-plus se wennommers was 13, 18, 23, 27, 32, 46 en die bonus-bal was nr. 22.

Александр Фильчаков