Bejaarde egpaar van Bethulie wreed vermoor

‘n Bejaarde egpaar van Bethulie, is wreed in hul huis vermoor, berig Volksblad.

Dit is die derde dubbele moord op ‘n bejaarde egpaar binne maande wat die Vrystaat geruk het.

Gordon (78) en Lorraine Adam (63) is Saterdagoggend deur hul seun, Ashley, dood aangetref waar hulle vermoedelik nog slapende in hul bed oorval is en wreed vermoor is.

Gordon is glo talle kere met ‘n mes in die bors en rug gesteek en Lorraine se kop is met ‘n enkele hou van ‘n panga oopgekloof.

‘n Toyota-bakkie, vuurwapens (‘n .22-rewolwer en ‘n pistool), selfoon asook al die egpaar se sleutels is geroof. ‘n Skootrekenaar en Lorraine se handsak is egter nie gesteel nie.

Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae