Die polisie in Zambië het ‘n 74-jarige boer aangekla omdat hy na bewering ‘n busongeluk waarin 53 mense dood is, veroorsaak het.
Owerhede het die boer as Abraham van Eenden van Mkushi geïdentifiseer en het gesê dat hy Vrydag in hegtenis geneem is oor die ongeluk wat ongeveer 100 kilometer noord van Zambië se hoofstad, Lusaka, plaasgevind het. Polisie-woordvoerder Elizabeth Kanjela het gesê Abraham sal tereggestaan op aanklagte van strafbare manslag omdat hy roekeloos was.
Dit was nie onmiddellik duidelik of Abraham ‘n prokureur het nie. Kanjela het gesê sy weet nie wanneer hy in die hof sal verskyn nie.
Kanjela sê Abraham het ‘n viertrekvoertuig bestuur en probeer om die Zambiese Posdiensbus verby te steekl ten spyte van ‘n aankomende vragmotor in die ander baan.
Die ongeluk Donderdag was een van die ergste noodlottige motorongelukke in Zambië se onlangse geskiedenis.
