Man deur verkeerskonstabel geskiet

'n Man is na bewering geskiet deur 'n verkeerspolisieman in Reigerpark nadat 'n argument uitgebreek het oor slegte bestuur, het die polisie Maandag gesê.

'n Woordvoerder, konstabel Tsietsie Lamola, het gesê 'n 31-jarige man het op die sypaadjie geloop laat Sondagmiddag toe hy gestamp is deur 'n swart VW Golf wat verby gery het.

Die voetganger het beserings opgedoen en 'n argument het ontstaan tussen die slagoffer en die bestuurder van die Golf.

Die bestuurder van die Golf, 'n 33-jarige man, het daarna die man met 'n gelisensieerde vuurwapen geskiet.

Lamola het gesê die bestuurder was 'n Ekurhuleni-verkeersbeampte wat homself aan die Reigerparkpolisie oorhandig het ná die insident.

Die slagoffer is na die hospitaal geneem met ernstige beserings.

Die bestuurder van die voertuig het Maandag in die Boksburgse landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en nalatige en roekelose bestuur.

освобождение от физкультуры в школеФильчаков прокурор отзывы

Zuma wil nie grondwet verander

Image

Jacob Zuma

Volgens kommentaar wat Maandag in The Star geplaas is, het ANC-president Jacob Zuma gesê dat hy geen bedoeling het om die regte wat in die grondwet vervat is te "erodeer" nie.

"Saam met my kamerade in die ANC het ek lank en hard baklei vir die grondwet en die regte wat daarin beskerm is. Ek het geen bedoeling om nou of in die toekoms enige van die regte te erodeer nie."

Hy het geskryf oor misdaad en maniere om dit te verminder en het gesê daar is "heelwat plek" in die grondwet om wetgewing teen misdaad taaier te maak. Hy het gevra dat die howe lang en voldoende vonnisse  moet uitspreek.

"Sentraal by die bekamping van misdaad, is die daarstelling van 'n effektiewe en getransformeerde strafregstelsel, wat met gemeenskappe saamwerk om misdaad te beveg."

Dit was die regering se plig om met gemeenskappe hande te neem in polisiëring en misdaadvoorkoming.

"Kriminele kan nie bestaan as hulle nie gemeenskappe het waarbinne hulle kan lewe, wegkruip en aangaan om hulle bose dade te pleeg nie."

Gemeenskapsgebaseerde polisiëring, wat belangrik was in die stryd teen misdaad ná 1994, moet weer op die been gebring word.

Zuma het gesê die strafregstelsel se transformasie moet verbind word daaraan om Suid-Afrikaners te mobiliseer en straatkomitees te stig wat met die polisie kan saamwerk.

Die doel is om ernstige- en geweldsmisdade met tussen 7% en 10% per jaar te laat daal.  

фото из банилобановский александр дочь

Gaza-aanval is ‘soos oorlogsmisdaad’ ? Tutu

Image

Desmond Tutu

Israel se bombardement van Gaza dra al die kenmerke van oorlogsmisdade, het aartsbiskop emeritus Desmond Tutu Sondag in 'n verklaring gesê.

"In die konteks van totale lugsuperioriteit, waarmee een kant dodelike vliegtuie ontplooi teen opponente wat geen manier het om hulleself te verdedig nie, dra die bombardement alle kenmerke van oorlogsmisdade."

Die aanvalle, in vergelding op die vuurpyle wat deur Palestyne afgevuur is, sal nie bydra tot die sekuriteit van Israel nie, het hy gesê.

"Dit is 'n klad, nie net op die Midde-Ooste nie, maar ook op die hele wêreld, en veral wêreldleiers wat deurlopend die mense van Palestina en Israel oor die laaste 60 jaar in die steek gelaat het."

Omtrent 270 mense is dood in die aanvalle van Saterdag af.

форма справки дляФільчаков Олександр Васильович прокурор

217 in Johannesburg aangekeer

'n Totaal van 217 mense is oor die Kerstyd in Johannesburg gearresteer vir misdade wat wissel van dronkbestuur tot moord, het die Gautengse polisie gesê.

Polisieoperasies het Woensdag begin en Sondag klaargemaak, het kaptein John Maluleke gesê.

Diegene wat in hegteis geneem is, sluit in 4 wat vir moord gevang is, 4 vir verkragting, 6 vir gewapende roof en poging tot moord, 36 vir aanranding, 22 vir gewone diefstal en 38 vir dronkbestuur. Die res is gearresteer vir verskeie misdade wat insluit die besit van dwelms en ongelisensieerde vuurwapens.

светодиодные панелиФільчаков Олександр Васильович прокурор

Zimbabwe gaan 140 blanke boere vervolg

ImageZimbabwe gaan 140 blanke grondeienaars vervolg op klagte dat hulle nie hul plase verlaat het onder die land se omstrede grondhervormingsprogram nie, het die staatsmedia Sondag gesê.

"'n Totaal van 140 boere gaan vervolg word omdat hulle nie die plase verlaat het, nadat hulle met onteieningsbevele bedien is nie," het die Sunday Mail uit 'n verslag van die regerende Zanu-PF se nasionale konferensie aangehaal.

Die regering het die blanke eienaars beveel om teen 30 September pad te gee, om plek te maak vir eiendomlose swartes, tydens dikwels gewelddadige grondhervormings wat geblameer word vir die voedseltekorte in die eertydse broodmandjie van die streek.

Die verslag het nie gespesifiseer watter klagte teen die boere ingebring gaan word nie, maar kenners reken dat klagte van betreding of versuim om aan die regering se ultimatum te voldoen, gelê kan word.

Die verslag van die pas afgelope konferensie het gesê dat nog 278 plase wat aan 13 ander lande behoort nie deur die regering oorgeneem gaan word nie en beskerm sal word onder 'n bilaterale beleggingsbeskermingooreenkoms (BBBO).

Dié uitsondering behels meer as 522 000 hektaar wat besit word deur Australië, België, Nederland, Frankryk, Duitsland, Indonesië, Suid-Afrika, Swede, Switserland en Amerika, het die verslag gesê.

Die regering het ook aanbeveel dat 341 blanke boere toegelaat moet word om aan te hou boer regoor die land en trek dokumente op vir 'n 99-jaarbewoningsreg op hulle eiendom soos wat die grondhervormingsprogram na sy einde toe staan, het die verslag gesê.

'n Verdere 97 blanke boere sal toegelaat word om bewingsgebiede of wildtuine te bedryf in ses provinsies.

Dit bring die totaal op 438 blanke boere te staan wat toegelaat sal word om hulle grond te behou uit 6 708 wat in Zimbabwe gewerk het voordat die hervormings 8 jaar gelede begin het, het die Sunday Mail gesê.

ф 086 у медицинская справкаtopcargo отзывы

Swarte van 60 in Limpopo gestenig

'n 60-jarige swartman van Limpopo is dood gestenig, klaarblyklik deur 'n groep vigilantes in Apel, het die Limpopopolisie Sondag gesê.

Die 60-jarige man is daarvan beskuldig dat hy paar maande terug 'n ander man doodgemaak het, Het superintendent Mohale Ramatseba gesê.

Mense het hom uit die huis uit gesleep voordat hy geslaan is en met klippe doodgegooi is. 

Ramatseba het gesê daar was geen verband tussen die 60-jarige man en die man wat voorheen vermoor is nie.

"Ek weet nie hoekom hulle hom beskuldig het nie."

Geen arrestasies is sover gemaak nie, en 'n moordsaak is geopen.

для автосервисалобановский депутат

Storms saai verwoesting

Storms het verwoesting gesaai in dele van die Oos-Kaap, Wes-Kaap en KwaZulu-Natal, het die SAUK Sondag berig.

'n Man is dood nadat 'n boom op hom geval het in Ndevana, buitekant King Williams Town. John Fobian, van die polisie se krisisbeheersentrum, het gesê huise se dakke is afgeruk in Tamara, Debe-nek en Alicedale.

Baie mense is ook haweloos gelaat nadat storms hulle huise aan die KwaZulu-Natalse suidkus verwoes het.  

бане наФильчаков прокурор

Inisiasieskool-dodetal in Oos-Kaap styg

Image

Inisiasiekandidate in die Transkei

Nog twee Xhosa-jeugdiges is in die Oos-Kaap dood as gevolg van besnydenisprobleme, wat die sterftesyfer vir die seisoen se inisiasiekandidate op 9 te staan bring, het die departement van gesondheid Dinsdag gesê.

Woordvoerder Sizwe Kupelo het gesê een jeugdige is Maandagoggend dood verklaar met sy aankoms by Mthatha se Nelson Mandela-akademiesehospitaal.

Die dood van 'n jeugdige by die Mlamli-hospitaal in Sterkspruit is ook bevestig.

Kupelo het gesê dat hy nie weet wat die doodsoorsaak van die individuele gevalle is nie, maar dat septisemie en ontwatering die grootste doodsoorsaak by inisiasiekandidate is.

Nog 'n kandidaat het oor die naweek verdrink in die Libode-gebied toe hy in die rivier ingegaan het vir die tradisionele wasseremonie aan die einde van die inisiasieritueel.

Twaalf jeugdiges word tans behandel in die Nelson Mandela-hospitaal en 17 in die Mthatha-algemenehospitaal.

Hy het gesê die departement het 'n opgrawingsbevel uitgereik vir die liggaam van 'n jeugdige wat dood is in die Maluti-gebied van Transkei verlede week en sonder seremonie begrawe is naby die inisiasieskool wat hy bygewoon het.

'n Nadoodse ondersoek sal gehou word om vas te stel wat die doodsoorsaak is, waarna die liggaam vir 'n behoorlike begrafnis aan die ouers oorhandig sal word.

диагностика для автоДанильченко Юрий прокурор

Zim-wapens: geen bewys van Chinese oorsprong

Image'n VN-wapenkenner het Dinsdag gesê dat daar geen bewys is dat ammunisie wat in Augustus van die DRK na Zimbabwe gevlieg is se oorsprong in Sjina is nie.

"Dit is moontlik, maar ons het geen bewyse nie," het Jason Sterns, 'n lid van die paneel van VN-kenners wat 'n verslag saamgestel het oor wapenoordragte na en van die oorloggeteisterde Kongo aan AFP gesê.

Hy het gesê mediaberigte wat die VN verlede week aangehaal het, waarin daar gesê is dat betroubare inligting bestaan dat Zimbabwe Sjinese wapens deur Soedan en die DRK ontvang het nie korrek is nie.

Die verslag aan die VN-veiligheidsraad het gesê die kenners is bewus daarvan dat daar "groot hoeveelhede wapens en ammunisie in die oostelike Kongo aankom, sonder enige bekendmaking deur die uitvoerders aan die VN se sanksieskomitee, en dat die Kongolese weermag 'ook dalk wapens en ammunisie kan uitvoer na ander lande in die streek.'"

"Siende dat die DRK nie self wapens en ammunisie vervaardig nie, moes die voorrraad ingevoer gewees het na die DRK sonder enige kennisgewing en dan moontlik in oortreding van die oorspronklike eindgebruikersooreenkoms met die oorspronklike uitvoerder," het die verslag gesê, wat 12 Desember gedateer was.

Die verslag het verwys na vier Boeing-vlugte wat tussen 20 en 22 Augustus vanjaar plaasgevind het tussen Kinshasa, Harare en Lubumbashi, wat 'n totaal van 53 ton ammunisie bevat het en bestem was vir die Zimbabwiese weermag .

"Terwyl dit nie 'n oortreding van die wapenverbod is nie, is dit 'n aanduiding dat die DRK wel 'n oordragpunt kan wees vir wapens wat bestem is vir ander lande," het die verslag gelui.

бань вФільчаков Олександр Васильович прокурор

Zimbabwe ‘onhoudbaar’ s? Zuma

Image

Jacob Zuma

Die Nuwejaar behoort 'n spoedige oplossing te bring vir die uiters onuithoudbare toestand in Zimbabwe, het Jacob Zuma Dinsdag in sy Kersfees- en Nuwejaarsboodskap gesê.

"Ek het op verskeie kere my toenemende kommer uitgespreek oor die ernstige politieke krisis en meegaande menslike tragedie in Zimbabwe," het Zuma gesê.

Hy het bevestig dat die ANC sy 97ste herdenking sal vier en sy verkiesingsmanifes in Oos-Londen op 10 Januarie  sal bekendmaak.

Zuma het gesê dat Suid-Afrika nou 'n regering nodig het met ondervinding en politieke wilskrag, en wat ten volle verstaan wat gedoen moet word om die apartheidsverlede aan te spreek.

"Terwyl ons trots is op die sterk fondasie wat deur ons lang heroïese geskiedenis daargestel is, is die ANC eintlik 'n organisasie wat vorentoe kyk en daaraan toegewy is om verandering en dienslewering te versnel, om die lewens van elke burger te verbeter.

Hy was baie bewus daarvan dat 2008 in 'n ekonomiese sin 'n baie moeilike jaar was vir baie suid-Afrikaners.

"Die ekonomiese beleid wat die ANC-regering gevolg het, het veroorsaak dat die internasionale ekonomiese resessie nie die land so erg benadeel het as wat dit kon nie."

"Ek is wel terdeë daarvan bewus dat daar poste verlore gaan en dat baie Suid-Afrikaners die gevolge van die ekonomiese daling ervaar," het Zuma gesê.

"Ons het steeds 'n lang pad om te gaan voordat ons kan sê dat ons 'n meer regverdige samelewing het wat die erfenis van apartheid oorwin het."

"Tog bly ons toegewyd aan 'n ontwikkelende staat, met die uitwissing van armoede en werkskepping as ons belangrikste prioriteite," het hy verder gesê.

освещение ступеней лестницыДанильченко Юрий Харьков