Zim-wapens: geen bewys van Chinese oorsprong

Image'n VN-wapenkenner het Dinsdag gesê dat daar geen bewys is dat ammunisie wat in Augustus van die DRK na Zimbabwe gevlieg is se oorsprong in Sjina is nie.

"Dit is moontlik, maar ons het geen bewyse nie," het Jason Sterns, 'n lid van die paneel van VN-kenners wat 'n verslag saamgestel het oor wapenoordragte na en van die oorloggeteisterde Kongo aan AFP gesê.

Hy het gesê mediaberigte wat die VN verlede week aangehaal het, waarin daar gesê is dat betroubare inligting bestaan dat Zimbabwe Sjinese wapens deur Soedan en die DRK ontvang het nie korrek is nie.

Die verslag aan die VN-veiligheidsraad het gesê die kenners is bewus daarvan dat daar "groot hoeveelhede wapens en ammunisie in die oostelike Kongo aankom, sonder enige bekendmaking deur die uitvoerders aan die VN se sanksieskomitee, en dat die Kongolese weermag 'ook dalk wapens en ammunisie kan uitvoer na ander lande in die streek.'"

"Siende dat die DRK nie self wapens en ammunisie vervaardig nie, moes die voorrraad ingevoer gewees het na die DRK sonder enige kennisgewing en dan moontlik in oortreding van die oorspronklike eindgebruikersooreenkoms met die oorspronklike uitvoerder," het die verslag gesê, wat 12 Desember gedateer was.

Die verslag het verwys na vier Boeing-vlugte wat tussen 20 en 22 Augustus vanjaar plaasgevind het tussen Kinshasa, Harare en Lubumbashi, wat 'n totaal van 53 ton ammunisie bevat het en bestem was vir die Zimbabwiese weermag .

"Terwyl dit nie 'n oortreding van die wapenverbod is nie, is dit 'n aanduiding dat die DRK wel 'n oordragpunt kan wees vir wapens wat bestem is vir ander lande," het die verslag gelui.

бань вФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae