DA se verkiesingsveldtog skop af

Helen Zille, DA-leier, en Lindiwe Mazibuko, parlementêre leier van die party,  se verkiesingsveldtog het afgeskop met die pantomime Jack and the Beanstalk in die Joburg-teater.

Dr. Dion George, DA-LP, het gesê Zille en Mazibuko se verhoogdebuut was deel van ‘n DA-geldinsameling vir die party se 2014-verkiesingsveldtog.

Volgens George het hulle R214 000 betaal om al die kaartjies vir Saterdagoggend se 11:00-vertoning te koop. Hulle het meer as ‘n duisend kaar­tjies herverkoop teen ‘n wins.

Die kaartjies is op die DA-webtuiste geadverteer as ‘n geldinsamelingspoging met Helen Zille, maar die gehoor is verras met haar verskyning in ‘n blonde pruik en narrekostuum.

Die twee politici het die “DA-dans” in die middel van die vertoning uitgevoer.

Zille het aan Beeld gesê hull het dit baie geniet. “Ons het baie pret gehad.” In hul blou DA-hemde en stywe swart broeke, sê George, het die gehoor “mal geraak” toe die twee onverwags verskyn.

Die DA het Janice Honeyman, wat dit op die planke gebring het, genader om dit te kombineer met ‘n geldinsameling waarvan Zille en Mazibuko deel sou wees en sy het ingestem.

Volgens George het hulle die dans juis in Gauteng bekend gestel omdat hulle hoop om die meerderheidstem in die provinsie in die volgende verkiesing te wen.

“Dit wys ook die DA is lewendig en sit nie soos ander partye vas in die verlede nie.” George het egter nie kommentaar gelewer op die DA-leier se voortdurende verwysings na haar eie struggle-verlede nie, die “verlede”-basis waarop haar hele politieke persona geskoei is.

 

Фільчаков прокурор

Persklub verwerp Staatsinligtingswet

Die Nasionale Persklub het ‘n beroep op die Nasionale Vergadering gedoen om die omstrede Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting te verwerp.

Die klub se voorsitter, Antoinette Slabbert sê hulle verwelkom die aanpassings wat gemaak is, maar die aangepaste weergawe bevat steeds ‘n dreigement van tronkstraf van soveel as 25 jaar.

Sy sê die staat moet nié gewone mense kriminaliseer omdat hulle bloot hul reg op toegang van inligting uitoefen nie. Die ANC se parlementêre woordvoerder sê die wetsontwerp gaan nie daaroor om korrupsie weg te steek nie, maar om sensitiewe staatsinligting ter wille van staatsveiligheid te beskerm.

Die ANC-meerderheid in die Nasionale Raad van Provinsies het die wetsontwerp verlede week goedgekeur.

Dit sal volgende jaar voor die Nasionale Vergadering dien. Opposissiepartye sê indien die wetgewing goedgekeur word, sal hulle die Konstitusionele hof nader om dit ongedaan te maak.

Александр Фильчаков

‘Vegkop’ inspireer glo nie

Die KwaZulu-Natalse LUR vir onderwys gaan die name van skole in die provinsie verander. Name soos “Vegkop”, “Maagdedye” en “Op die boude” sal glo hersien word.

Die LUR glo die name is onvanpas vir Zoeloe en Afrikaanse skoolname en moet verander word.

“Dit klink nie opvoedkundig nie en sal aangespreek moet word. Sulke name inspireer nie,” het LUR Senzo Mchunu gister in Durban by die bekendstelling van ‘n program om die skoolstelsel in die provinsie te transformeer, gesê.

Mchunu het gesê sy departement het ‘n aantal skole in KwaZulu-Natal ontdek waarvan die name “onvanpas en oninspirerend” is en was “geskok” om dit te sien.

“Hoewel ons erken dat skole na plaaslike inwoners, plaaslike prestasies en vooraanstaande persoonlikhede vernoem is, is die name in baie gevalle, nie bespreek met gemeenskappe nie.

“Die departement is bekommerd oor ‘n paar van die name en dit is om hierdie rede dat ons konsultasie sal begin met alle belanghebbendes hieroor,” het hy gesê.

Name van skole in die provinsie sluit die volgende in: Mgwazeni (Steek hom), Tilongo (Gevangenis), Ukufakwakhe (Sy dood), Hlaba (Slag), Esinqeni (Op die boude), Nkawu (Aap); Mkhuthuzeni (Sakkeroller), Mbambankunzi (Besteel hom) en Bhekumkhonto (Kyk vir spies).

Mchunu het gesê skole met Afrikaanse name sal ook verander word, maar hy het nie die skole by name genoem nie. Een so ‘n skool kan egter Vegkoplaerskool wees. ‘n Inwoner, Johan Venter, het egter gesê hulle kan maar die naam gerus verander, maar dit sal nie verander wat gebeur het by Vegkop nie.

Vegkop-stadion in Windhoek se naam is voorverlede jaar na die FNB Windhoek High School (WHS) Stadium verander. Dié stadion huisves ‘n skolerugbytoernooi.

“Ons wil nie name van die Amakhosi (tradisionele leiers) waarna sommige skole vernoem is, verander nie. Maar, as ‘n departement, het ons sterk gevoel daar is ‘n behoefte vir ‘n verandering. Gedurende die uitgebreide konsultasieproses, sal ons toelaat dat ‘n skool drie name opgee en ‘n naam sal daaruit gekies word.”

 

topcargo отзыв

M23 traag om Goma te verlaat

Kongolese rebelle van M23 het nog geen daadwerklike poging aangewend om uit die stad Goma te onttrek nie, het die Verenigde Nasies gesê.

Die VN se Veiligheidsraad het Woensdag gesê hy sal verdere sanksies teen die M23-rebelle, en diegene wat hulle ondersteun, oorweeg. Spesifieke lande is egter nie uitgesonder nie.

Die besluit is ook deur die VSA ondersteun.

Hillary Clinton, die VSA se minister van buitelandse sake, het Woensdag gevra dat alle partye wat by die konflik betrokke is, hulle steun aan die M23-rebelle in die Demokratiese Republiek van die Kongo moet staak.

Die rebelle het vroeër beweer dat hulle reeds uit die gebied begin onttrek het. Eduardo del Buey, die VN se adjunkwoordvoerder, het egter Woensdag gesê lede van die VN in die Kongo berig dat die M23-groep nog geen poging aangewend het om Goma te verlaat nie.

VOA berig dat die rebelle wel uitbeweeg maar dat die VSA “bekommerd is oor die vakuum” wat gelaat sal word as die rebelle onttrek.

лобановский харьков класс

Cosatu wil tolpadstellasies afbreek

Volgens berigte dreig die vakverbond Cosatu om die beplande tolpadstellasies op die hoofweë af te breek uit teenkanting teen die stelsel. Die vakbond gaan ook teen die omstrede e-tolstelsel betoog.

Uitsprake van Cosatu dui daarop dat daar beplan word om Johannesburg en Pretoria tot stilstand te dwing voordat hulle volgende week met nóg betogings voortgaan.

Volgens Eyewitness News het Dumisani Dakile, Cosatu se Gautengse sekretaris, dié berigte egter ontken en gesê Cosatu se voorneme is om te eis dat die stellasies afgebreek word.

“Ons sal die departement van behuising en die plaaslike regering vra om die tolpadstellasies af te breek soos wat hulle huise in Lenasia afgebreek het.”

Phutas Tseki, Gautengse voorsitter van die vakbond, het vroeër ‘n beroep op die publiek gedoen om Vrydag, 30 November aan die optog deel te neem.

Александр Фильчаков прокурор

De Doorns: Nog ‘n staking kom

Wes-Kaapse plaaswerkers gaan volgende week hul staking oor lone en lewensomstandighede voortsit, het hul koalisie gesê.

“Mense sal op 4 Desember nie gaan werk nie. Ons moedig mense aan om plaasdorpe vir die dag tot stilstand te dwing,” het Mario Wanza, ‘n aktivis, namens die stakingskoalisie gesê.

Hy sê hulle beplan om in die gees van “vrede en vriendskap” met boere byeen te kom, om die pad vorentoe te bespreek.

Die koalisie verteenwoordig organisasies soos Women on Farms, Sikhula Sonke, the Black Association of the Wine and Spirit Industry, Cosatu en plaaswerkers wat nie aan vakbonde behoort nie.

Werkers het aan die begin van die maand in De Doorns begin staak om ‘n dagloon van R150 te ëis. Die meeste plaaswerkers verdien tussen R69 en R75 per dag.

Daarna het die betogings na 15 ander dorpe versprei, waar geweld uitgebreek het en twee sterftes aangemeld is.

Werkers het daarna ooreengekom om die staking tot 4 Desember op te skort sodat ‘n kommissie ondersoek kon instel.

Mildred Oliphant, minister van arbeid, het egter vandeesweek gesê dit is onmoontlik om dié spertyd te haal.

Sy het aangekondig dat die minimumlone eers in April volgende jaar hersien kan word.

лобановский александр игоревич класс

Marcus sê staatsbeheerde bank is ‘n vermorsing

‘n Staatsbeheerde sentrale bank sal ‘n vermorsing van miljarde rande wees, het Reserwebankvoorsitter, Gill Marcus, gister gesê.

“Wat wil jy bereik as ‘n staatsbeheerde bank wat anders is?” het sy gevra.

Die kwessie is geopper tydens ‘n National Union of Metalworkers van SA-konferensie waar Marcus as ‘n spreker genooi is.

Vroeër hierdie jaar, het Numsa sy standpunt dat die Bank genasionaliseer moet word herhaal.

Marcus het gesê aan die unie se afgevaardigdes dat die goewerneur van die Bank deur die president aangestel word en aandeelhouers het geen sê in die opstel van sy beleid nie.

Marcus het gesê sy is nie ten gunste van die nasionalisering van die Bank nie.

“Hulle het nie vir jou gesê dat die doelwit van nasionalisering is om hulself te verryk nie.

“Julle benadering sal die Bank in gevaar stel,” het sy gesê.

Фільчаков Олександр Васильович

Mandela-stigting sal Gerwel se wysheid, leiding onthou

Die Nelson Mandela-gedenksentrum het namens Mandela, die raad van trustees en die personeel hul medelye betuig met die familie van hul voorsitter, prof. Jakes Gerwel.

Gerwel het Woensdagoggend in die ouderdom van 66 in die Netcare Kuilsrivier-hospitaal gesterf.

“Ons sal diep verlang na ‘prof’, soos ons liefdevol na hom verwys het,” het die sentrum gesê.

“Ons stigter (oudpres. Mandela) het jare lank saam met prof. gewerk, deur sy presidentskap en lank ná sy aftrede.

“Toe Madiba in 1999 ná een termyn as president van Suid-Afrika uitgetree het, het professor Gerwel, sy direkteur-generaal, die kantoor van die president verlaat om by Madiba aan te sluit vir sy presidensiële werk ná sy presidentskap.

“Prof. het die Nelson Mandela-stigting se raad van trustees en personeel gelei deur ons onlangse oorgang na die Nelson Mandela-gedenksentrum.

“As uitvoerende hoof van die gedenksentrum, het mnr. Achmat Dangor gesê: ‘Ons sal sy wysheid en kalm leiding mis’.”

Die 66-jarige Gerwel was Dinsdag in ‘n kritieke toestand nadat hy vroeër vandeesmaand ‘n drievoudige hartomleidingsoperasie ondergaan het.

Gerwel is op 18 Januarie 1946 in die Oos-Kaapse dorp Somerset-Oos gebore en het aan die Hoërskool Paterson in Port Elizabeth gematrikuleer.

топкарго кидалы

Meeste internetgebruikers swart en sukkel met Engels

Die meerderheid van Suid-Afrika se internet-gebruikers is jonk, swart en verkry toegang tot die internet via hul selfone, het die SA Network Society Project bevind.

‘n Verslag wat Dinsdag uitgereik is toon dat een derde van volwassenes die internet gebruik en twee derdes van sulke gebruikers ‘n Afrika-taal by die huis praat.

Indra de Lanerolle, die hoofnavorser, het in ‘n verklaring gesê die studie wys dat ‘n nuwe golf internet-gebruikers die afgelope paar jaar na vore getree het.

“Hulle teenwoordigheid is iets waarvan ondernemings, die regering, politieke partye en die burgerlike samelewing sal moet kennis neem.”

In 2008 het net 15% van Suid-Afrikaners die internet gebruik, terwyl 34% van Suid-Afrikaners nou toegang tot die internet het. Teen dié tempo sal meer as die helfte van die land teen 2014 internettoegang hê.

Altesaam 52% van gebruikers wat die eerste keer toegang tot die internet verkry, doen dit deur middel van ‘n selfoon, terwyl vier uit 10 internetgebruikers ‘n inkomste van minder as R1 500 per maand het.

Een van die grootste struikelblokke om die internet te gebruik is ‘n lae vlak van Engelse taalvaardigheid.

Sowat een vyfde van Suid-Afrikaanse volwassenes kan volgens die studie nie Engels lees of skryf nie.

Фильчаков прокуратура харьков

Polisie wat ammunisie aan misdadigers smous, vas

Polisiebeamptes wat wapens en duisende rondtes ammunisie aan misdadigers verkoop het, is gister in hegtenis geneem in ‘n hoërisiko-operasie in Pretoria.

Die operasie het ‘n besige Pretoria winkelsentrum asook ‘n klein polisiestasie noord van die stad ingesluit.

Een van die drie mense wat in hegtenis geneem is, is die kommissaris van die Rust de Winter-polisiekantoor, kapt. Petrus Badenhorst.

Ondersoekers van die Valke se misdade teen die staat-eenheid, plofstofdeskundiges en gespesialiseerde forensiese ondersoekers, het dele van die Rust de Winter-polisiekantoor afgesper en by  Badenhorst se huis kluise en registers gekonfiskeer.

Na ‘n klopjag in Bela Bela, noord van Pretoria, verlede nag, sal meer mense na verwagting in hegtenis geneem word.

Die sindikaat, wat die afgelope jaar bedrywig is, het glo polisie- en militêre ammunisie en wapens van die stasie se arsenaal gesteel en na bewering verkoop aan misdadigers wat betrokke is in transitorooftogte en ander misdade.

Die operasie wat buite die McDonald’s restaurant by die Kolonade winkelsentrum plaasgevind het, is van stapel gestuur nadat polisiebeamptes die bende geïnfiltreer het. ‘n Polisie-informant het die Valke oor die sindikaat ingelig.

Vroeër hierdie maand is die eerste fase van die operasie uitgevoer, en meer as 10.000 rondtes van semi-outomatiese en handwapenammunisie is verkoop.

Dae later, is ‘n ander verkoop gereël en speurders het tien duisende rondes ammunisie gekoop.

Die twee verkope het gelei tot gister se operasie.

“Hulle het misdadigers gehelp om ‘n dodelike oorlog te voer,” sê die beamptes wat die ondersoek lei.

Die polisieman het gesê Badenhorst het na bewering verseker dat hy in ‘n posisie is om ‘n sorgvuldig beplande wapen-smokkel “besigheid” te bedryf.

“Hy het seker gemaak dat hy was die enigste een wat toegang gehad het tot die wapenkluis, en het al die sleutels by hom gehou,” het die beampte gesê.

“Hy was ook die enigste een met toegang tot die vuurwapen- en ammunisieregisters,” het hy gesê.

Die ammunisie wat gevind is, word geraam op byna R1 miljoen.

Nog arrestasies word binnekort verwag.

данильченко юрій броніславович компромат