Skoolinbrake is ‘nasionale krisis’

‘n Woordvoerder vir die departement van basiese onderwys, Panyaza Lesufi, het gesê diefstal uit skole is ‘n “nasionale krisis”.

“Misdadigers sal enige ding – selfs muurhakies vir baadjies steel. In Gauteng is daar ‘n groot probleem met rekenaars wat gesteel word.

“Huise en besighede word beveilig, sodat misdadigers skole teiken. Ons kan nie bekostig om gewapende wagte en kringtelevisiekameras by elke skool te hê nie.”

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartementwoordvoerder Bronagh Casey het gesê 584 gevalle van inbraak en vandalisme is sedert die begin van die jaar aangemeld by die departement.

Die departement is besig om ‘n skool op die Kaapse Vlakte, Voorspoed, se heining te vervang en ‘n alarmstelsel gekoppel aan gewapende reaksiemag asook “veiligheidsbeamptes” te ontplooi.

Dié skool in Hanover Park is tans heeltemal kaal gestroop deur diewe, van die vetkryt en skoolomheining, tot die witborde in die klaskamers en toiletpype.

Die voorsitter van die beheerliggaam, het gesê daar was reeds 17 inbrake by die skool na hulle die afgelope vakansie heropen het.

Maandag het een van die onderwysers in trane uitgebars. Sy kon dit nie meer hanteer nie, sê die voorsitter. Misdadigers neem alles wat hulle kan dra, en wat hulle kan nie steel nie, word glo gevandaliseer.

Nadat van die waterpype gesteel is, was die 960 leerlinge sonder toilette vir amper ‘n maand gelaat en moes dié in die naburige huise gebruik.

Diewe het selfs die koper skoolklok gesteel. ‘n Onderwyser beheer tans die klastye mbv ‘n fluitjie om aan te dui wanneer dit pouse is.

Die skool, wat in 1976 geopen is, het ‘n borgskap vir ‘n hulpbronnesentrum waar kinders hul huiswerk doen, fotostate kan maak en ontspan, ontvang. Maar voor die sentrum geopen is, is alles gesteel.

Фильчаков Александр Васильевич

Kamer van Mynwese vrees nasionalisering, nie optogte nie

Die Kamer van Mynwese sê hy is meer bekommerd oor die oproepe om die nasionalisering van myne as oor die ANC-Jeugliga se optogte vandag en môre in Gauteng.

Die kantoor van die Kamer van Mynwese is die eerste plek waar die optoggangers sal aandoen. Die direkteur van die Kamer, dr Frans Barker sê beleggers sal nie deur die optogte verontrus word nie, omdat hulle weet dit is deel van die Suid-Afrikaanse kultuur.

Hy sê die nasionaliseringskwessie wek egter kommer. Baker het verder gesê almal in die land deel die kommer oor werkloosheid.

Meer as die helfte van alle werklose Suid-Afrikaners is jongmense, onder wie 250-duisend gegradueerdes. Die ANC-Jeugliga sê diegene en talle ander ekonomiese werklikhede het tot die optogte aanleiding gegee wat vandag gehou word.

Duisende jeugdiges sal na verwagting daaraan deelneem. Johannesburgse motoriste is intussen gewaarsku om verskeie strate in die stad te vermy waar duisende jeugdiges by die Beyers Naude-plein in die middestad verwag word.

Die optoggangers sal vandaar na die kantore van die Kamer van Mynwese stap en dan na die JSE in Sandton. Die Jeugliga eis onder andere die nasionalisering van myne, die onteiening van grond sonder vergoeding en werksgeleenthede vir die jeug.

Die Jeugliga het vroeër die versekering gegee dat die optog vreedsaam sal wees, te midde van waarskuwings dat wet en orde sal geld.

лобановский александр интервью

‘Ons is in die moeilikheid’

Suid-Afrika is op baie vlakke “in die moeilikheid”, het Cosato se hoofsekretaris Zwelinzima Vavi gesê.

“Dit ly geen twyfel dat ons tans teen onsself baklei nie…en daar is ‘n poging deur die elite om almal stil te maak, selfs permanent stil te maak.”

Hy het ook gesê dat regeringsamptenare te besig is met magspeletjies om oor arm mense en werkloses ote bekommer.

“Ons is polities in die moeilikheid.

“Ons sal nie in 2014 kan antwoord as mense vra wat ons gedoen het om werkloosheid en armoede in die land die hoof te bied nie,” het die hoof van Cosato aan ‘n Numsa-werksberaad in Johannesburg gesê.

“Baie mense lewe in vrees dat hul reputasies verwoes word, dat hul politiese aansien in gedrang is.

“Party vrees selfs vir hul fisiese veiligheid,” het hy gesê.

Volgens Vavi heers daar vandag onenigheid tussen ANC-lede wat in 2007 in Polokwane saamgewerk het om president Jacob Zuma as leier te verkies.

Hy het na Pravin Gordhan, minister van finansies, se mediumtermyn-begrotingsraamwerk verwys en gesê dat dit nie verbasend is dat die land ‘n moeilike tyd betree nie.

Vavi het gewaarsku dat daar toenemende ontevredenheid onder arm mense, veral in plakkersbuurte, heers.

“Waar is die leierskap?” het hy gevra.

лобановский класс

Seksistiese T-hemde onttrek

‘n Mode-groep (TFG) het drie T-hemde met die woorde “stud”, “single” en “how to get laid” van die rakke onttrek omdat dit seksisties is, het die Cape Times Woensdag berig.

Die T-hemde was bedoel om tong in die kies te wees, maar het aanstoot gegee aan sekere klante, het Kathryn Sakalis, kommunikasiebestuurder, aan die koerant gesê.

“Ons het honderde T-hemde met verskillende slagspreuke. Dié wat onttrek is, is drie wat ons voel die lyn tussen humor en aanstootlik oorskry.”

Die T-hemde word by modewinkels verkoop.

Sakalis weet nie hoeveel van die T-hemde gemaak is nie, maar sê die ontrekking is onmiddellik van krag.

Dít volg nadat klante wat gedink het die woorde is aanstootlik teenoor vroue, gekla het oor die T-hemde. Sakalis het gesê daar was verskeie twiets en blogs oor dié T-hemde.

“Ons het gehoor wat die gemeenskap sê en sal nie huiwer om daadwerklik op te tree en vinnige aksie te neem nie.”

topcargo

Malema, Botswana en Wikileaks

Botswana het die moontlikheid van ‘n Africombasis vier jaar gelede oorweeg, volgens WikiLeaks.

Dié onthullings kan volgens die M&G ammunisie vir die ANC-jeugliga wees in die dissiplinêre verhoor teen die leier, Julius Malema en ander liga-amptenare.

Malema word onder meer aangekla in verband met sy oproep vir regimeverandering in Botswana. Hy het ook president Ian Khama as ‘n “imperialistiese marionet” beskryf.

Floyd Shivambu, jeugliga-woordvoerder, het gesê die liga het geweet van die geheime samesprekings tussen Botswana se voormalige minister van buitelandse sake en nou Adjunkpresident Mompati Sebogodi Merafhe en die VSA. “Merafhe het ook gevra vir wapens van die VSA. Botswana is ‘n bedreiging vir die kontinent en nou word ons aangekla omdat ons dit sê,” het Shivambu gesê.

Die ontmoeting tussen die Amerikaners en Botswana het egter vier jaar gelede onder die voormalige president Festus Mogae, en nie Khama nie, plaasgevind.

Malema het in Augustus gesê hulle “weet Botswana is in gesprekke om ‘n militêre basis vir die imperialiste oop te maak”.

Volgens Wikileaks is ‘n kabel deur die Amerikaanse ambassadeur in Botswana, Katherine Canavan, aan die Amerikaanse minister van buitelandse sake in Washington in Oktober 2007 gestuur, waarin Canavan en senior amptenare van die ambassade met Merafhe moontlike plekke vir Africom op die vasteland bespreek.

Canavan het gesê Botswana, saam met ander ongeïdentifiseerde Afrika-lande, word oorweeg vir die huisvesting van Africom.

Volgens ‘n verslag van 2007 deur ‘n Amerikaanse dinkskrum, onder die titel “‘n Groot probleem met ons beeld daar: Die vooruitsigte van ‘n Afrika-hoofkwartier vir Africom“, het Botswana planne om Africom te huisves onder druk van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelings-gemeenskap laat vaar.

Botswana se regeringswoordvoerder Jeff Ramsay het intussen geweier om die Mail & Guardian se vrae te beantwoord. Ramsay het die Jeugliga se bewerings in Augustus afgemaak as “volslae gemors”.

Regsverteenwoordigers van die president van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, sal na verwagting vandag hul laaste getuies roep wanneer sy tugverhoor vanoggend in Johannesburg hervat.

Malema en ander leiers van die liga staan tereg op aanklagte dat hulle onenigheid in die ANC gesaai het en ook die party in die skande gesteek het.

Die ANC-veteraan, Winnie Madikizela-Madela en ‘n lid van die nasionale uitvoerende komitee van die party, Tony Yengeni sal na verwagting getuienis lewer. Die minister van Huisvesting, Tokyo Sexwale het ook vroeër gepleit dat die komitee Malema genadig moet wees.

Die voorsitter van die tugkomitee, Derek Hanekom, sê die komitee is verbind tot ‘n regverdige verhoor. Indien Malema skuldig bevind word kan hy moontlik uit die party geskors word omdat hy reeds vroeër aan ‘n soortgelyke oortreding skuldig bevind is.

Hanekom sê die tugkomitee sal kort na die afsluiting van argumente op 3 November uitspraak lewer.

александр лобановский класс

Tsjegge vir spioenasie in Zambië vas

Drie Tsjeggiese toeriste kan met tot 30 jaar lange tronkstraf in Zambië gevonnis word as hulle skuldig bevind word aan spioenasie nadat hulle nabyfoto’s van militêre instellings in dié land geneem het, het die Tsjeggiese departement van buitelandse sake Maandag gesê.

Volgens die departement was die drie werknemers van A&A Expo, ‘n Nederlandse logistieke maatskappy, en het hulle ‘n vriend in Zambië besoek na ‘n sakebesoek aan Johannesburg, Suid-Afrika.

Die drie mense is op 12 Oktober in hegtenis geneem nadat hulle vier foto’s naby militêre geboue geneem het, volgens ‘n verklaring wat deur Tsjeggiese diplomate in Afrika aan die departement gestuur is.

Die drie toeriste is luidens die verklaring op borgtog vrygelaat.

Die foto’s is geneem van ‘n militêre vliegtuig wat ten toon gestel word by ‘n militêre basis, ‘n “geen toegang”-teken buite ‘n ander instelling en die ingang van die presidensiële paleis in Lusaka, die hoofstad.

Kennedy Sakeni, die Zambiese minister van binnelandse sake, het gesê die regering is gewillig om die saak met Tsjeggiese diplomate te bespreek.

Die Zambiese intelligensiediens is ook by die voorval betrokke, volgens die verklaring.

лобановский александр

Pretoria weier Jeugliga-nagwaak

Die Tshwane-metropolisie het toestemming aan die ANC-Jeugliga om Vrydag ‘n nagwaak buite die Uniegebou in Pretoria te hou, geweier.

Console Tleane, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê dít is Dinsdag besluit by ‘n vergadering tussen die organiseerders van die optog, die metropolisie, die Suid-Afrikaanse polisiediens, Tshwane-nooddienste en die presidensie.

“Die presidensie het die versoek van die liga om Donderdagnag ‘n nagwaak by die Uniegebou te hou, verwerp en gesê die Uniegebou is ‘n nasionale sleutelpunt,” het Tleane in ‘n verklaring gesê.

Toestemming is wel gegee vir die ANCYL om Vrydagoggend ‘n optog na die Uniegebou te hou om ‘n griefskrif aan die presidensie te oorhandig.

Die ANCYL het aanvanklik beplan om sy “ekonomiese vryheid”-optog Donderdag van Johannesburg tot Pretoria te hou om die toestand van die armes te onderstreep, ‘n nagwaak te hou en die griefskrif Vrydagoggend te oorhandig.

Floyd Shivambu, ANCYL-woordvoerder, was nie Dinsdagaand beskikbaar vir kommentaar nie.

данильченко юрій Харків

Cele ‘respekteer’ sy skorsing

Bheki Cele, nasionale polisiekommissaris, “respekteer” President Jacob Zuma se besluit om hom te skors, het sy kantoor Maandag gesê.

“Die nasionale kommissaris van polisie, genl. Bheki Cele, neem kennis van en respekteer die president se besluit. Hy is besonder vol vertroue dat hy die beskuldigings van die opkomende ondersoek geheel en al sal kan weerlê,” het sy woordvoerder, Nonkululeko Mbatha, in ‘n verklaring gesê.

Sy skorsing kom nadat die openbare beskermer, Thuli Madonsela, bevind het Cele se verkryging van twee huurkontrakte vir nuwe polisie-hoofkwartiere in Pretoria en Durban was onwettig en kom neer op wanadministrasie. Die huurkontrakte was ter waarde van R1,6 miljard.

Genl. Nhlanhla Mkhwanazi sal in Cele se pos waarneem.

Zuma se aankondiging het gekom ná weke van spekulasie oor Cele se toekoms, insluitende ‘n nuusberig dat hy moontlik ‘n diplomatieke pos in Kanada aangebied sou word.

александр лобановский класс

Afgedank na kredietkaartongerymdhede, nou DA-lid

Besigheid Teen Misdaad (BTM) se afgedankte baas het  R37 000 van die organisasie se geld op inkopies geblaas. 

BTM, ook in Engels bekend as Business Against Crime (BAC), is ‘n voertuig wat deur die land se sakegemeenskap geskep is om misdaad te beveg en hulle kry miljoene in skenkersfondse.

Die besturende direkteur van BTM in die Wes–Kaap het haar stilte verbreek nadat sy afgedank is vir ongemagtigde kredietkaartbesteding.

Dr Annelie Rabie moes in Junie uit die organisasie wat misdaad beveg, bedank, ongeveer dieselfde tyd as wat sy ‘n DA-raadslid in die dorpie van Prince Albert in die Groot Karoo geword het.

Rabie het hierdie week gesê was sy net “deurmekaar” met haar persoonlike en korporatiewe kredietkaarte, terwyl sy inkopies gedoen het.

Melvyn Josua, die huidige voorsitter, sê Rabie is afgedank nadat ‘n dissiplinêre verhoor haar skuldig bevind het op vyf aanklagte van ongemagtigde uitgawes op die organisasie se kredietkaart ter waarde van ongeveer R37 000.

Die organisasie en Rabie swyg oor die items wat aangekoop is. Josua het geweier om te sê of kriminele klagtes gelê sal word as “sekere prosesse afgehandel is”.

Rabie, egter, het daarop aangedring dat sy niks verkeerd gedoen het nie.

Josua het bevestig dat Rabie by die verhoor aangevoer het dat sy deurmekaar was tussen haar werks- en persoonlike kredietkaarte, maar hy het gesê dit is verwerp deur die voorsittende beampte. Hy het ook bevestig dat sy ‘n “deel” van die geld terugbetaal het, maar slegs na ‘n oudit deur die BTM.

Rabie het aanvanklik haar voorneme om te bedank uit die organisasie in Mei aangekondig. “Dit was my spesifieke voorneme om na Prins Albert te verskuif en in die politiek op die versoek van die gemeenskap betrokke te raak.”

Die organisasie het egter geweier om haar bedanking te aanvaar, omdat ‘n ondersoek rakende haar gedrag aan die gang was. 

“‘n Onafhanklike verhoor is gehou in Junie 2011 by die kantore van [die prokureursfirma] Cliffe Dekker Hofmeyr. Sy is skuldig bevind op aanklagte van ongemagtigde uitgawes en haar dienste is beëindig op 17 Junie 2011..

“Ons standpunt oor misdaad maak dit duidelik dat ons optree wanneer of waar ook al onbehoorlikheid vermoed word.”

Rabie is verkies tot die DA-koukus in Prince Albert terwyl sy geskors was.

Dr Graham Wright, uitvoerende hoof van Besigheid teen Misdaad Suid-Afrika, het gesê die organisasie is bekommerd oor die negatiewe impak van die voorval.

лобановский александр игоревич класс

VF verwelkom skorsings van ministers

Pres. Jacob Zuma se aankondiging dat hy die nasionale kommissaris van Polisie, Bheki Cele, geskors het hangende ‘n ondersoek en die afdanking van die minister van Openbare Werke, me Gwen Mahlangu-Nkabinde asook die van mnr. Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering, word deur die Vryheidsfront Plus verwelkom.

As een van die regspersone wat die klag teen die huur van geboue by die Openbare Beskermer gelê het, word vertroue in teenkorrupsie liggame versterk met Zuma se optrede.

As nasionale hoof van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is dit in nasionale belang dat hierdie bewerings behoorlik ondersoek word om dit te bevestig of te weerlê. Die Polisiehoof kan nie misdaad effektief beveg met sulke aantygings teen hom nie.

Die publiek en lede van die SAPD kan ook nie vertroue hê in die nasionale kommissaris met sulke aantygings nie,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

Die lede van die kommissie wat ondersoek moet doen na die wapenskandaal word ook verwelkom. Pres. Zuma tree reg op om regters aan te stel en versterk die geloofwaardigheid van die ondersoek.

Dat die ondersoek twee jaar kan duur skep die indruk dat ‘n behoorlike ondersoek gedoen sal word. Hierdie is ‘n geleentheid om die skandvlek van die wapenskandaal tot ‘n einde te bring en die skuldiges moet aan die pen ry, het Groenewald gesê.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор