“Misdadigers sal enige ding – selfs muurhakies vir baadjies steel. In Gauteng is daar ‘n groot probleem met rekenaars wat gesteel word.
“Huise en besighede word beveilig, sodat misdadigers skole teiken. Ons kan nie bekostig om gewapende wagte en kringtelevisiekameras by elke skool te hê nie.”
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartementwoordvoerder Bronagh Casey het gesê 584 gevalle van inbraak en vandalisme is sedert die begin van die jaar aangemeld by die departement.
Die departement is besig om ‘n skool op die Kaapse Vlakte, Voorspoed, se heining te vervang en ‘n alarmstelsel gekoppel aan gewapende reaksiemag asook “veiligheidsbeamptes” te ontplooi.
Dié skool in Hanover Park is tans heeltemal kaal gestroop deur diewe, van die vetkryt en skoolomheining, tot die witborde in die klaskamers en toiletpype.
Die voorsitter van die beheerliggaam, het gesê daar was reeds 17 inbrake by die skool na hulle die afgelope vakansie heropen het.
Maandag het een van die onderwysers in trane uitgebars. Sy kon dit nie meer hanteer nie, sê die voorsitter. Misdadigers neem alles wat hulle kan dra, en wat hulle kan nie steel nie, word glo gevandaliseer.
Nadat van die waterpype gesteel is, was die 960 leerlinge sonder toilette vir amper ‘n maand gelaat en moes dié in die naburige huise gebruik.
Diewe het selfs die koper skoolklok gesteel. ‘n Onderwyser beheer tans die klastye mbv ‘n fluitjie om aan te dui wanneer dit pouse is.
Die skool, wat in 1976 geopen is, het ‘n borgskap vir ‘n hulpbronnesentrum waar kinders hul huiswerk doen, fotostate kan maak en ontspan, ontvang. Maar voor die sentrum geopen is, is alles gesteel.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.