Swart seuns neem verkragting met selfoon af

Drie swart seuns is in hegtenis geneem dat hulle ‘n 13-jarige meisie glo verkrag het en die daad met ‘n selfoon afgeneem het, het die polisie in Katlehong gesê.

Volgens kapt. Mefa Ndobe, polisiewoordvoerder, het die meisie in ‘n oopveld in Katlehong geloop toe die drie seuns (almal 14 jaar oud) haar glo oorval en herhaaldelik verkrag het.

“Die hartseerste van die hele ding is dat hulle die daad met hulle selfoon afgeneem het,” het Ndobe gesê.

Die polisie is nou in besit van die selfoon waarop die video glo geneem is. Die seuns is Woensdag in hegtenis geneem nadat die meisie haar ouers oor die voorval ingelig het.

“Die saak word steeds ondersoek,” het Ndobe gesê.

 

best game everФільчаков прокурор

Minister blaas halfmiljoen vir middag se plesier

Uit ’n geskrewe parlementêre antwoord deur S’bu Ndebele op ’n vraag van Jacob van der Linde, DA-LP, blyk dit dat departement van vervoer bykans R500 000 bestee het op ‘n middag se plesier. Van der Linde wou weet of ’n formele middagete wel gehou is en hoeveel dit die belastingbetaler gekos het.

Die middagete is vir nuwe minister, S’bu Ndebele, vir sy begrotingsrede gehou.

Ndebele het gesê R461 227,81 is in Julie vanjaar aan dié plesiertjie bestee. Die ete self het meer as R61 900 vir 200 gaste gekos.

Dit het die departement ook R248 613 aan dekor en klanktoerusting gekos en ’n verdere R12 200 is aan vervoer bestee.

Nog R138 486 is uitgegee aan die tentoonstelling by die parlement vir sy begrotingsrede.

 

велосипеды детские купитьЛобановский

Malema ruk op na Bloemfontein

Julius Malema en ‘n groep ontstoke ANC-jeugligalede het Donderdag in Bloemfontein aangekom om prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, oor die Reitz-kwessie te spreek.

Die besoek kom te midde van UV-belangegroepe wat Jansen probeer red. Kovsie Alumni het Woensdag in ’n verklaring die “gemeenskap” versoek om Jansen te steun “in sy pogings om van die UV ’n wêreldklas universiteit te maak”.

Kovsie-Alumni het namens die UV-alumni hulle “skok en verbasing” oor die heftige kritiek teen Jansen uitgespreek, maar verwelkom die rektor se besluit oor hernude raadpleging.

Aartsbiskop Thabo Makgoba, hoof van die Anglikaanse Kerk in Suid-Afrika, en dr. Allan Boesak, Cope-leier in die Wes-Kaapse provinsiale parlement, het ook hul steun aan Jansen bevestig.

Malema sal Jansen 10uur ontmoet. ’n Massaprotesoptog van die ANC-jeugliga en ander groepe op die kampus teen “onvoldoende transformasie” sal daarna plaasvind.

Die besoek van Malema is deel van raadpleging met belangegroepe. Adv. Mothusi Lepheane van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, wat die werkers in die Reitz-video verteenwoordig, het Woensdag met Jansen vergader.

Thebe Meeko, Vrystaatse ANC-jeugliga-leier, wat gesê het Jansen moet “geskiet en doodgemaak moet word omdat hy ’n rassis is”, is ’n lid van die Malema-afvaardiging.

Die Vrystaatse DA het ’n strafregtelike klag van crimen injuria teen Meeko ingedien. ’n Klag van haatspraak teen hom is ook deur die DA by die gelykheidshof ingedien.

 

образец мед справкилобановский александр жена

Leier in KwaZoeloe-Natal vermoor

‘n Indoena van Maphumulo in KwaZoeloe-Natal is in sy bed doodgeskiet terwyl hy langs sy vrou lê en slaap het.

Sicelo Memela, ‘n tradisionele leier, was aan die slaap in sy kamer toe hy 2uur die oggend in die kop geskiet is.

Sy vrou het niks oorgekom nie en daar was geen teken dat iemand in die huis ingebreek het nie.

Die polisie is gebel en hulle het sy lyk in ‘n poel bloed in sy bed gekry.

Hulle vermoed dat ‘n haelgeweer gevbruik is.

Die rede vir die moord is onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

 

светильникиАлександр Фильчаков прокурор

Polisie brand los op bruin plakkers

Die Johannesburgse metropolisie het rubberkoeëls op inwoners van Eldoradopark gevuur nadat hulle oproerig geraak het oor die sloping van hul plakkershutte.

Insp. Edna Mamonyane het gesê die inwoners het die metropolisie met klippe bestook toe hulle die plakkershutte begin sloop.

Die inwoners het ook die paaie met brandende bande versper uit protes teen dié sloping.

Minstens 200 plakkershutte is Dinsdag en Woensdag gesloop.

“Ons moes in die gebied gaan en met mense wat dié grond onwettig besit, afreken. Hulle het strukture op oop grond gebou,” het Mamonyane gesê.

Tien mense is Woensdagaand in hegtenis geneem tydens die betoging in Eldoradopark, het die polisie gesê.

“Hulle is in hegtenis geneem vir openbare geweld,” het kapt. Phillemon Khorombi, polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Enver Naidoo, ‘n inwoner, is die bruin betogers omgekrap omdat swartes bo bruines behuising kry.

“As die swartes nies, dan kry die regering verkoue,” het Naidoo gesê.

Teen Donderdagoggend was daar steeds sowat 40 mense wat betoog het

 

 

оптика для светодиодных светильниковДанильченко Юрий Брониславович

Nie ‘n enkele leerder teenwoordig toe premier skool besoek

Die Oos-Kaapse premier, Noxolo Kiviet, het tydens ‘n besoek aan ‘n skool geen matriekleerders by die hoërskool Imidushane gevind nie.

“‘n Uur het verbygegaan en daar was geen leerders by die skool nie. Die onderwysers moes die leerders in die dorp gaan soek,” het Tobile Gowa, ‘n woordvoerder van die provinsiale regering, gesê.

Nie een matriekleerder by die hoërskool Imidushane het verlede jaar geslaag nie.

Ouers het die departement van onderwys die skuld gegee vir die probleme by die skool, en onderwysers het die ouers blameer vir dié situasie.

Kiviet het die probleme by die skool toegeskryf aan ‘n gebrek aan leierskap.

“As jy leerders het wat gedurende skoolure oor die heining spring en onderwysers wat elke dag 09:00 of 10:00 by die skool aankom, wat dink jy gaan uit die skool kom?”

Sy het gesê die skool, wat oor goeie hulpbronne soos rekenaars en elektrisiteit beskik, het dringend leierskap nodig.

Sy het die departement van onderwys gevra om ‘n ondersoek na dié probleem in te stel en ‘n verslag teen 4 November gereed te hê.

Kiviet het gesê die 22 matriekleerders voel hulle is gereed om hul finale eksamen af te lê en “ek voel hulle sal goed presteer”.

 

осушитель воздуха купить киевданильченко юрій Харків

Grapjas in die pad gesteek

Die werknemer verantwoordelik vir die speel van ‘n grapliedjie by Falcon Securities se potjiekos-aand, waarin Mandela glo beledig is, is in die pad gesteek.

Klaarblyklik het ene Francois Robberts sy eie persoonlike CD langs die CD speler gesit om gespeel te word.

Dit was sonder opset vir omtrent 15 sekondes gespeel voordat iemand dit afgesit het.

Dié voorval het gevolg tot die inhegtenisneming van Ben Burger, die hoofuitvoerende beampte van Falcon Securities, op aanklagtes van crimen injuria in hegtenis geneem is.

Die werknemer het egter intussen ‘n beëdigde verklaring geteken waarin hy skuld erken.

 

clue board gameАлександр Фильчаков прокурор

Vrou aan die brand gesteek

‘n Vyftigjarige vrou van Pietermaritzburg het derde en- tweedegraadse brandwonde opgedoen nadat sy met behulp van brandstof aan die brand gesteek is.

Ooggetuies beweer die slagoffer is weens huishoudelike konflik aan die brand gesteek.

Die nooddienste het haar egter alleen in haar huis in Howickstraat aangetref, het Derrick Banks, ‘n woordvoerder vir ER24 gesê.

Sy het brandwonde aan haar gesig, arms en bolyf opgedoen.

Sy is op die toneel behandel en onder verdowing geplaas voordat sy na die Edenvalehospitaal geneem is.

 

Дозирующие станции WDTлобановский александр

Aan ‘natuurlike oorsake’ oorlede…

Die doodsertifikaat van ’n motorelektrisiën wat sowat drie weke gelede voor sy gesin deur gewapende rowers in die hart doodgeskiet is, lui dat hy aan natuurlike oorsake dood is.

Henry Locke is op 5 Oktober op die Elands-wildplaas naby Cullinan, noordoos van Pretoria, voor sy vrou, dogter, Monique (13), en seun, Dawie (23), wat ’n kwadrupleeg is, deur rowers in die hart geskiet.

Lees die hele berig hier

 

для сходОлександр Васильович Фільчаков

Man vas oor hy Mandela beledig

‘n Man het in die hof verskyn na hy skynbaar vir Nelson Mandela tydens ‘n potjiekoskompetisie by Sun City beledig het.

Benjamin Burger, 46, aandeelhouer van die sekuriteitsmaatskappy wat gasheer gespeel het, het na bewering ‘n vermengde weergawe van Nkosi Sikelel’ iAfrika gespeel.

In die liedjie word Mandela ‘n “kaffir” genoem.

Die polisie is in kennis gestel en Burger is in hegtenis geneem.

Hy is op borgtog van R1 500 weer vrygelaat.

‘n Saak van crimen injuria teen Burger sal weer die 11de Desember hervat word.

 

шорты для девочкиЛобановский