Afrikaanse skole is ‘rassistiese kastele’

Image

Fikile Mbalula

Volgens die ANC-jeugliga verteenwoordig Afrikaanse skole “rassistiese kastele… waarin ouers daarna streef om ‘n rassismeduiwel te bestendig”. Die organisasie meen dat ouers van Afrikaner-kinders “wat vaskleef aan die rampspoedige apartheidsvisie” nie toegelaat moet word om hul “biologiese kinders op skool te vergiftig nie”. Die organisasie doen dus op ‘n manier aan die hand dat die staat soos in die voormalige Sowjetunie beheer sal neem oor Afrikanerkinders om hulle in staatswaardes te “skool” of te indoktrineer.

Die ANC-jeugliga beskou “die lawaai oor eksklusiewe Afrikaner-skole as bloot die top van die ysberg wat rassisme betref. Nie in ons leeftyd nie, en ook nie in ‘n miljard jaar sal ons rassisme toelaat nie!” het die leier van die beweging, Fikile Mbalula, gesê.

Die beweging se standpunt volg op die veldtog wat die ANC-onderwysminister teen Ermelo, die laaste oorblywende Afrikaanse hoërskool in die Oos-Transvaal, voer. Die hoofregter van die Transvaalse Hooggeregshof, Bernard Ngoepe, het verlede week in ‘n verrassende ommekeer uitspraak gegee teen die skool se reg om in Afrikaans voort te gaan.

Volgens die ANC-jeugliga wil Afrikaners hul “eie mense vanaf ‘n jong ouderdom die beketenis van eksklusiewe Afrikanerskap leer. Met ander woorde, hulle fantaseer nog daaroor om die beginsels van apartheid in ons demokratiese bedeling te beoefen”. Uiteindelik is hierdie begeerte verwant aan Afrikaners se strewe om nie ondertrou met diegene wat hulle as ‘n “minderwaardige ras” beskou nie.

Nietemin meen Mbalula dat nie alle Afrikaners die “Volkstaat”-droom of Afrikaanse skole wil hê nie. “Vele van hulle is demokrate wat besef dat hulle die werklikheid van ons reënboognasie moet aanvaar.”

циркуляционные насосы дляпрокурор Фильчаков

Buurman skiet aanvaller dood

’n 63-jarige man is gewond in ‘n skietery met gewapende aanvallers op sy plaas in Renosterspruit naby Pretoria op Vrydag 16 Februarie, het Netcare 911 gesê.

“Die man is in ’n hinderlaag gelei en in sy regterbeen geskiet…,” het segsman Tervor Putterill verklaar.

Een van die rowers is deur ’n buurman doodgeskiet.

“Die man is in ’n stabiele toestand na die Olivedale-kliniek geneem.”

как заполнять медицинскую справкуОлександр Васильович Фільчаков

Angela Merkel se beroep op Suider-Afrika

Image

Angela Merkel

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, het ‘n beroep op Zimbabwe se buurlande gedoen om die “lyding” wat deur Robert Mugabe se beleid veroorsaak word, te beëindig.

Duitsland beklee tans die Europese Unie se voorsitterstoel. Die kanselier se beroep is vroeër vandag in Cannes by die Afrika-Frankrykberaad gemaak. Volgens Merkel is daar “groot kommer” oor die verslegtende ekonomiese en politieke situasie in Zimbabwe. “Die intimidasie van politieke opponente, die swaarkry, die dreigemente teenoor boere, die vernietiging van woonbuurte waar die armes lewe; daar is geen regverdiging hiervoor nie,” het sy gesê. “Dit is waarom ek ‘n beroep doen op Zimbabwe se buurstate om by ons aan te sluit en hulle invloed te gebruik om mans en vroue te help wat ly.”

Frankryk het nie vanjaar vir Mugabe genooi om die beraad by te woon nie. Net gister het Mosiuoa Lekota, die Suid-Afrikaanse minister van verdediging, in ‘n verklaring gesê dat Suid-Afrika nie in Zimbabwe se sake wil inmeng nie. Volgens hom is die situasie in Zimbabwe een wat die hele Suider-Afrika raak en sal dit verkeerd wees as Suid-Afrika alleen optree. Suid-Afrika wil voorts nie aan Zimbabwe “dikteer” wat om te doen nie. Volgens Lekota voer Suid-Afrika en Zimbabwe steeds gesprek op ‘n gereelde basis, maar is die inhoud daarvan konfidensieel.

 

деревянные потолочныеФильчаков прокурор отзывы

Gee jou hart vir die DRK

Mosiuoa Lekota, minister van verdediging, het vanoggend ‘n beroep op Suid-Afrikaanse besigheidslui gedoen om die ekonomie van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) te help opbou.

Deur in die DRK te belê, kan Suid-Afrikaanse maatskappye werk skep en Kongolese bannelinge na die land teruglok. Infrastruktuur en paaie bied vele geleenthede aan die Suid-Afrikaanse sakesektor. Lekota het onderneem dat die Suid-Afrikaanse troepe in die DRK sal bly tot vrede en stabiliteit bereik is. Daar is dus nie sprake van ‘n onttrekking nie.

Hy het egter ontken dat Suid-Afrika beplan om militêr in Somalië betrokke te raak. Volgens hom sal dit te veel druk op die Suid-Afrikaanse weermag plaas. Suid-Afrika sal wel bereid wees om Somaliese weermagpersoneel op te lei.

 

расширительный бак отопления ценаДанильченко Юрий отзывы

Geweld teister Kenia

Nairobi loop deesdae onder ’n ongekende vlaag geweld deur. In die laaste tyd is ’n bejaarde Amerikaanse sendeling en haar dogter met outomatiese masjiengewere afgemaai. In nog ’n insident het onbekendes onverwags op motoriste begin vuur en ’n vigs-wetenskaplike, asook nog twee persone (waarvan een op krukke), is dood.

Die stad staan al lankal as Nairobbery bekend, as gevolg van die groot aantal diefstalle en kapings wat daar plaasvind, maar gewelddadige gebeure helder oordag, soos onlangs beleef, was tot dusver skaars.

’n Sekuriteitsfirma bemark nou ten volle gepantserde viertrekvoertuie wat masjiengeweervuur en landmyne kan weerstaan. Hulle leuse is “Time to fight back.” Hierdie voertuie word vir 275 000 dollar elk verkoop.

Volgens die hoof van die regering se menseregtekommissie, het dinge verander. “Kapers het vroeër die motor geneem en jou gelos; nou neem hulle egter die motor én skiet jou.” Hy het verder opgemerk dat die staat gefaal het. “Die regering kan nie veiligheid verseker nie.”

Plaaslike koerante beskuldig onbekwame polisiemanne en regeringsleiers wat nie omgee nie.

Ná die moord op die bejaarde sendeling en haar dogter, het die VSA hulle burgers teen die gevare in Kenia gewaarsku: “Gewelddadige misdaad kan enige tyd op enige plek plaasvind en word meer algemeen, arrogant, brutaal van aard en dikwels fataal…Keniaanse owerhede beskik oor beperkte mag om sulke dade te beëindig en te ondersoek.”

Aan die einde van die jaar vind ’n verkiesing in die land plaas en president Mwai Kibaki se regering mag dalk die onderspit delf weens hulle onvermoë om die misdaad en geweld te bekamp. Die regering blameer die onlangse gewelddadige misdaad op die wapens wat die land vanaf Soedan en Somalië binnekom. Waar misdadigers vroeër van pistole gebruik gemaak het, is meer gesofistikeerde wapens nou geredelik beskikbaar.

Sowat 60% van Nairobi se bevolking leef in armoede. Bendes regeer hierdie plakkerskampe. Polisiekorrupsie, onbekwaamheid, asook ’n swak regstelsel, dra tot die huidige misdaadprobleem by. Polisie leen glo ook hulle wapens aan misdadigers. “Die meeste van ons is te bang om met die polisie saam te werk,” aldus die voorsitter van die menseregtekommissie.

 

дизайн интерьерФільчаков Олександр Васильович прокурор

Eerste plaas onteien

Die heel eerste plaas in Suid-Afrika is amptelik op 26 Januarie vanjaar onteien. Die nuus is gister bekendgemaak. Die plaas is in die Noord-Kaap en het aan die Evangeliese Lutherse Kerk behoort. Die kerk het R35.5 miljoen vir die eiendom ontvang, nadat hulle die markwaarde daarvan dubbel so hoog geskat het. Die regering wou egter nie die R70 miljoen betaal nie. Die plaas is nou aan die Pniel-gemeenskap oorgedra.

Volgens beplanning moet 30% van grond in Suid-Afrika teen 2015 aan swartmense oorhandig word. Tot dusver kon die regering egter nog net 4% van hierdie teiken bereik. Die meeste grondeise is in die Limpopo-provinsie, waar ongeveer 70% van plase tans aan eise onderworpe is.

Volgens Tozi Gwanya, wat aan die hoof van die grondeisekommissie staan, stem meer boere deesdae in om hul plase te verkoop nadat die regering besluit het dat onteiening sal plaasvind indien die onderhandelingsproses tussen boer en regering meer as ses maande duur.

 

поршневой компрессор безмасляныйДанильченко Юрий Харьков

Guinee in ‘n gemors

Lansana Conté, president van Guinee, het Maandagaand ’n noodtoestand in sy land afgekondig. Meer as ’n honderd mense is al sedert die begin van Januarie dood in gevegte tussen betogers en soldate.

Conté is tans 72 jaar oud en vir die afgelope 23 jaar reeds aan bewind ná ’n militêre staatsgreep in 1984. Hy het die weermag beveel om “alle nodige stappe te doen” om ’n burgeroorlog te verhoed.  Die opposisie (bestaande uit veertien politieke partye) het verlede week ’n staking uitgeroep om teen die aanstelling van Eugene Camara as die nuwe eerste minister te protesteer (hy is een van Conté se vertrouelinge). Die geweld in die strate het egter hand uitgeruk en jeugdiges met kapmesse het begin om winkels te plunder en ampswonings van politici aan te val. “Ons is honger, ons is honger, ons soek verandering,  hy (Conté) moet waai!” het hulle geskreeu.

Hierdie arm Wes-Afrikaland het 9.4 miljoen inwoners. Op 12 Februarie is agtien mense in onluste dood. Op dieselfde dag het die eerste onmin in die weermag, op wie Conté soveel staatmaak, kop uitgesteek. Van die jonger soldate is ontevrede oor die onlangse aankoms van gewapende soldate uit Liberië en die feit dat hulle nie onlangs bevorder is soos verwag nie. Air France en ander lugrederye het intussen hulle vlugte na Conakry opgeskort. Soldate van die presidensiële wag het gister die kantore van ’n privaat radiostasie, wat krities teen die regering staan, verwoes. Ander radiostasies het anonieme dreigemente ontvang.

Tot dusver is Guinee die geweld gespaar wat sy buurlande (Ivoorkus, Liberië en Sierra-Leone) getref het. Die land beskik oor twee derdes van die wêreld se bouksiet, maar net ’n klein groepie, na aan die president, trek hieruit voordeel. In 2006 het inflasie die prys van die land se stapelvoedsel, ’n sak rys, laat styg tot twee maal die gemiddelde salaris van ‘n Guinese amptenaar.

thunderstruck full movie online freeлобановский обыск

Mugabe se partytjie

Image

Kaviaar asseblief!

Die sogenaamde Beweging van 21 Februarie het met ’n fondsinsamelingsveldtog vir die jaarlikse viering van president Robert Mugabe se verjaarsdag begin. Die geleentheid sal op 24 Februarie in Gweru plaasvind.

Sowat 300 miljoen dollar word benodig om die partytjie te reël. Amper 87 miljoen dollar is reeds tydens die bekendstellingsfunksie van die fondsinsameling ingesamel.

Volgens Emmanuel Fundira, voorsitter van die komitee, sal al tien provinsies geteiken word. Die tema van hierdie jaar se partytjie is “Bemagtiging, voorspoed en vrede.” 

Verlede week het Gideon Gono, goewerneur van die Zimbabwiese reserwebank, inflasie onwettig verklaar. In Januarie vanjaar is inflasie in die land op 1 281% geraam. Daar word gereken dat agt uit elke tien Zimbabwiese burgers nou in armoede leef.

 

beyond polus купитьФильчаков прокурор харьков

Tshwane-metrohoof in die sop

Simon Bhebe, hoof van die Tshwane-metropolisie, is van poging tot moord aangekla nadat hy betrokke was in ’n geveg met ’n ander man.

Die insident het vroeg Sondagoggend in die Mazukwana-kroeg in Atteridgeville plaasgevind. Bhebe en ’n vriend het skynbaar met ’n groep mans begin argumenteer. Skote is deur albei partye afgevuur. Bhebe en nog ’n persoon is gewond en hospitaal toe geneem. ’n Derde persoon is op die toneel gearresteer en van poging tot moord aangekla. Die SAPS het op drie vuurwapens en twee motors beslag gelê.

Bhebe is deur die polisie ingelig dat hy gearresteer sal word sodra hy uit die hospitaal ontslaan word.

стенд дляФильчаков

Transformasie van woonbuurte kom

Image

Wagtend op ‘n Toskaanse fasade

Sowel die ANC-president Thabo Mbeki as ’n konsultant vir die departement van behuising het bevestig dat gedwonge integrasie van woonbuurte wat tans op grond van ras en klas "geskei" is, binnekort sal plaasvind.

In ’n onderhoud gisteraand met die SAUK-TV in antwoord op ’n vraag of Suid-Afrika al “een nasie” gevorm het, gesê nee, maar dat optrede binnekort sal volg om swart en wit deurmekaar te laat woon en meer swartes op bestuursvlak in die ekonomie aan te stel.

In ’n voorlegging aan die Vereniging van Eiendomseienaars (Veesa), het mnr. Dan Smit, ’n konsultant vir die departement van behuising, einde verlede maand die regeringsbeleid uitgespel waarvolgens laekostebehuising voortaan deel sal vorm van elke nuwe eiendomsontwikkeling. Ontwikkelaars gaan gedwing word om ten minste 30 persent van elke ontwikkeling aan laekostebehuising van tot so min as R50 000 per wooneenheid af te staan.

Volgens Smit is “die doel van die nuwe beleid nie net om ontwikkelaars te dwing om meer laekoste-huise te bou nie, maar ook om die rasse- en klasseverskille in Suid-Afrika verder af te breek.” Hierdie nuwe sosialistiese gees was ook teenwoordig in Mbeki se jongste staatsrede waarin groot klem gelê is op die uitbreiding van die welvaartstaat deur die instelling van omvattende maatskaplike versekering. Groter klem gaan voortaan op die gelykstelling van rasse en klasse gelê word.

Kleiner, goedkoop huise sal voortaan tussen duurder wooneenhede gebou moet word. Die ANC het reeds verlede jaar in Pretoria aangekondig dat hy beplan om huidige middelklasvoorstede wat grotendeels deur blankes bewoon word, demografies te “transformeer” deur sekere buurte te onteien en laekostebehuising tussen bestaande huise te bou.

Volgens mnr. Dan Smit sal ontwikkelaars van nuwe buurte ook nie toegelaat word om die armer huise te groepeer nie, maar moet sulke eenhede tussen duurder wonings geplaas word.

Nog ’n vereiste is dat die afwerking van sulke sub-ekonomiese wooneenhede nie by dié van die ander huise in ’n gegewe ontwikkeling mag afsteek nie. Gelykheid moet die norm wees. Ontwikkelaars is dit eens dat die maatreëls vernietigend op die eiendomsbedryf sal inwerk.

Een inwoner van Pretoria het die nuwe beleid as "suiwer kommunisme" beskryf. Terwyl die ANC tot dusver sy transformasieprogram oor die boeg van ras gegooi het, is dit duidelik dat klassieke sosialistiese gelykheidsbeginsels huidige beleid, ten minste wat behuising en ruimtelike ordening betref, gaan bepaal. 

play ultimate texastopcargo отзыв