Gesteelde kunswerke teruggevind

Die Stad van Tshwane het bevestig dat vier gesteelde skilderye gister in Port Elizabeth opgespoor is. Die werke is Sondag gesteel uit die Pretoriase Kunsmuseum.

‘n Woordvoerder Pieter de Necker, het gesê die museum se kurators het foto’s van die skilderye wat deur die polisie in die Oos-Kaap geneem is, gesien en bevestig dat dit dieselfde werke is.

Die Oos-Kaapse polisie woordvoerder, brigadier Miranda Mills het gesê ‘n lid van die K9-eenheid het ‘n wenk van ‘n informant ontvang, wat hom vertel het oor die wegsteeekplek van die gesteelde skilderye.

Die skilderye is ongeskonde in ‘n private begraafplaas agter die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Sunridge Park in Port Elizabeth gevind.

“Die kuns stukke was links onder ‘n bankie … daar was geen sigbare skade aan die skilderye nie,” het sy gesê.

Niemand is in hegtenis geneem in verband met die rooftog nie.

Irma Stern se 1931-meesterstuk Fishing Boats ter waarde van R9-miljoen, Maggie Laubser se 1936 Cat en petunias ter waarde van R1 miljoen, Hugo Naudé se Hottentot Hoof geprys teen R300000 – alle olies op doek – sowel as JH Pierneef se Eland gewaardeer R45 000, ‘n gouachetekening op papier, is teruggevind

Maar Gerard Sekoto se R7 miljoen Street Scene word steeds vermis.

 

Олександр Фільчаков прокурор

ANC vra boikot van SA wyn

Die ANC in die Oos-Kaap vra dat Suid-Afrikaanse wyn geboikot word.

Dié oproep kom te midde van ‘n voortslepende staking deur plaaswerkers wat beter lone en werkstoestande eis.

Mlibo Qoboshiyane, woordvoerder van die ANC in die Oos-Kaap, het gesê mense sal die uitbuiting van werkers ondersteun indien hulle aanhou om wyn, wat in Suid-Afrika gemaak word, te koop.

“Volgende keer wat mense wyn van die Wes-Kaap drink, moet hulle weet hulle ondersteun die uitbuiting van swart werkers.”

Plaaswerkers in die De Doorns-gebied het verlede week begin staak en eis ‘n daaglikse loon van R150 en beter werkstoestande.

Qoboshiyane het gesê die boere kan bekostig om die werkers die bedrag te betaal wat hulle soek.

“Die Suid-Afrikaanse wynbedryf maak plaaslik en internasionaal baie geld, dus is die looneise van die werkers realisties en kan deur die werkgewers betaal word.”

Hy het gesê Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, ondersteun nie die werkers nie, omdat plaaseienaars die DA finansier.

“Die mense van die Wes-Kaap verdien ‘n beter leier as Zille,” het hy gesê.

Олександр Фільчаков прокурор

Motoriste hoef nie gewone posboetes te betaal nie

Die minister van vervoer, mnr. Sbu Ndebele, het in ‘n antwoord op ‘n vraag van adv. Anton Alberts in die parlement weer eens bevestig dat geen kennisgewing van padverkeersoortredings per gewone pos afgelewer mag word nie, maar ingevolge artikel 30 van die wet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeersoortredings, (AARTO), wet 46 van 1998, slegs per geregistreerde pos of persoonlike betekening afgelewer kan word. Enige ander vorm van betekening maak die proses onwettig en die boete onbetaalbaar. “Die effek hiervan is dat almal wat betaling gemaak het sonder behoorlike betekening hulle geld kan terugeis,” het adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer, gesê.

“Die minister het ook bevestig dat ingevolge artikel 20 geen lisensie teruggehou mag word sonder dat die korrekte prosedure gevolg is soos voorgeskryf deur AARTO nie. So ‘n stap kan slegs geneem word na ‘n afdwingingsbevel deur die padverkeersoortredings-agentskap (RTIA) uitgereik is. Dit blyk dat geen sodanige bevel deur RTIA uitgereik is nie en daarom is die gebruik deur verkeersowerhede om te weier om lisensies uit te reik, ook onwettig,” het Alberts verduidelik.

Die minister het dit baie duidelik in sy antwoord gestel dat niemand vir uitstaande AARTO-boetes gearresteer kan word nie. Daarom is die voorkeer en aanhouding van motoriste by veral padblokkades vir uitstaande AARTO-boetes onwettig en moet mense wat op die wyse gedwing word om boetes te betaal, eise vir onregmatige arrestasie instel en hulle betalings terugeis.

“Dit is tyd dat die publiek sy rug styfmaak teen die staat se onwettige optrede en intimidasie en die staat dwing om sy eie wette na te kom. Die VF Plus ondersoek daarom die moontlikheid om ‘n aksie in te stel om alle onwettige boetes te laat terugbetaal aan motoriste,” het adv. Alberts bygevoeg.

топкарго развод

Boere volg vrye mark, arbeid nie

Na aanleiding van die onrus by De Doorns, het die Minister van Landbou TLU SA, saam met ander rolspelers in georganiseerde landbou, ontbied oor ‘n gesprek rondom minimum lone in die landbou.

TLU SA se standpunt was dat daar nie eensydig na die minimum loon van werkers in De Doorns gekyk kan word nie. Die diversiteit in Landbou en die realiteit van geografiese gebiede speel ook ‘n rol. Daar is ‘n minimum loon vasgestel en TLU SA adviseer sy lede om nie werkers minder as die loon te betaal nie.

Trouens, as die pakket van byvoordele in berekening gebring word, sal dit blyk dat die meeste boere meer as die minimumloon betaal.

Die standpunt van TLU SA is dat die probleme van De Doorns nie nou ten laste gelê kan word vir die hele landbou bedryf nie. Bowendien het TLU SA sy bedenkinge of die onrus by De Doorns suiwer oor landbou gaan. Gemeet aan die uitsprake van die ANC se leier in die Wes-Kaap, Marius Fransman, is dit duidelik dat politiek die oorwegende rol speel, waar die ANC die Wes-Kaap wil destabiliseer in sy pogings om weer in beheer van dié provinsie te kom, en as voorbereiding vir die ANC se leiersverkiesing volgende maand by Mangaung. “Mnr. Fransman behoort deur sy party gedissiplineer te word oor sy uitsprake teenoor boere. ‘n Verskoning is nie eers genoeg nie: hy behoort soos Julius Malema summier uit die regerende party geskors te word.,”

Die president van TLU SA, mnr. Louis Meintjes, het dit benadruk dat TLU SA nie namens sy lede kan besluit wat die lid sy arbeiders moet betaal nie.

Dit wil voorkom of die 37 000 kommersiele boere in Suid Afrika toenemend verantwoordelik gehou word vir die sosio-maatskaplike probleme in die land. “Dit is nie landbou se plig nie, en die regering en die verantwoordelike instansies moet self die oplossings daarvoor,” sê mnr. Meintjes.

Geen arbeider word gedwing om by ‘n werkgewer te bly nie. Ons wil plaaswerkers aanmoedig om werk te soek en diens te aanvaar waar hulle die beste loon ontvang

Sou die minimumlone in die landbou verhoog word, sal dit gewis lei tot verdere afdankings. “‘n Werkgewer wat voorsiening maak vir R20 000 in sy maandelikse begroting, sal eenvoudig ‘n verhoging na R30 000 of selfs R40 000 per maand nie kan betaal nie. Hy sal dus moet rasionaliseer. Sou daar ‘n drastiese verhoging in die lonerekening van ‘n boer wees, sal hy noodgedwonge moet kyk na produktiwiteit van die werkers en sal hy sy arbeidsmag dienooreenkomstig moet verminder.

“Salaris is die prys van arbeid, en in ‘n vrye mark behoort die arbeider self oor sy salaris te kan besluit. Aan die ander kant sit die boer in die posisie dat hy ‘n prysnemer is wat maar moet vat vir sy produkte wat hom aangebied word. As minimumlone verhoog word na onverantwoordelike, onwettige en selfs misdadige optrede, kan die punt bereik word dat boere ook kan begin ‘eis’ om R5 000 vir ‘n ton mielies of R50 vir ‘n kilogram tamaties te kry,” sê mnr. Meintjes. “Hierdie aksies en teenaksies sal lei tot die vernietiging van die ekonomie, en TLU SA sal nie daaraan aandadig wees nie.

лобановский александр игоревич харьков

Mandela-noot reeds vervals

Die eienaar van ‘n drankwinkel in Landanna, Polokwane, waarsku dat die nuwe banknote wat onlangs deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank vrygestel is, reeds deur skelms vervals is.

Cuan Crouch, eienaar van New Era Bottelstoor, het gesê hy het Woensdagaand toe hy die daaglikse rekonsiliasies begin doen, ‘n vals R100-noot opgemerk. “Die note is maar slegs ‘n paar dae op die mark – as jy vinnig daarna kyk sien jy nie sommer die verskil tussen die valse noot en die regte een nie. Maar wanneer jy dit mooi bestudeer sien jy die verskille dadelik raak,” het Crouch gesê.

Volgens Crouch moet eienaars van besighede waar dit elke dag besig is of vol is, ekstra versigtig wees, want dis veral by sulke winkels waar die skelms kanse waag.
Hy verduidelik: “Wanneer ‘n winkel besig is en die toue lank is wil ‘n mens vinnig beweeg, en jy kyk nie sommer of die banknote vals is of nie.

“Maar met die nuwe banknote raai ek aan dat die kassiere maar eers mooi na die geld kyk al is die toue lank, want met elke R100 is die winkel se wins minder”.

Die nuwe banknote het oud-president Nelson Mandela se gesig op die voorkant van die note en agter op die note is die groot vyf: die renoster, olifant, leeu, buffel en luiperd.

Die Suid-Afrikaanse wapen is prominent in die boonste linkerhoek van die banknote.

Die wapen is ook sigbaar in die watermerk as ‘n holografiese beeld.

‘n Vertaling van die woorde “Suid-Afrikaanse Reserwebank” staan op die agterkant van elke nuwe banknoot in twee amptelike Suid-Afrikaanse tale: Die R10-noot is Afrikaans en siSwati, R20 is Setswana en isiNdebele, R50 is isiXhosa en Tshivenda, R100 Sepedi en Xitsonga en R200 is Sesotho en isiZulu.

Kenmerke op die nuwe banknote wanneer dit teen die lig gehou word:
• ‘n Prent van Nelson Mandela verskyn op die watermerk.
• Die dier op die agterkant van die banknote sal deurskynend voorkom.
• Die unieke reeksnommers, wat bestaan uit letters en nommers, is gedruk op die agterkant van alle nuwe banknote. ‘n Vertikale nommer is op die linkerkant en ‘n horisontale nommer op die boonste regterkant.

Die nuwe banknote voel hard en sterker as vals note. Daar is lyntjies wat duidelik gevoel kan word onder voor op die banknote op die linker- en regterkant. Elke noot het ‘n verskillende hoeveelheid lyntjies: R10 het een lyn, R20 twee lyne, R50 drie lyne, R100 vier lyne, en die R200 het vyf lyne.

Wanneer die nuwe banknote horisontaal gehou word, kan ‘n mens die versteekte prent van Nelson Mandela sien en ook die denominasiesyfer in die band onder die beeld van die voormalige president.

Die provinsiale skakelbeampte vir die polisie, kol. Ronel Otto het gesê die polisie het tot dusver slegs van dié een geval gehoor.

лобановский александр биография

Rioolstorting bedreig Brits-besproeiingskemas

‘n Rioolstorting in die Jukskeirivier van Noord-Afval Waterwerke is die ergste in 25 jaar.

‘n Omgewingskonsultant en die voorsitter van die Jukskei-opvanggebied se bestuursforum, Paul Fairall, het gesê die rioolkrisis het op 24 Oktober begin. Baie omgewings- en openbare gesondheidsaktiviste is kwaad oor die stadige reaksie van Johannesburg Water.

“Die rioolbesoedeling wat die vlak van E.coli in die klein rivier veroorsaak is erg en het ‘n verreikende invloed op die gemeenskap. Dit kan dekades neem om op te los want E.coli kan vir tot sewe jaar in die slik leef,” het Fairall gesê.

Riool het oorgeloop van dam nommer 02, by die watersuiweringswerke tussen die R511 en R114, oos van Heronbridge-kollege.

“Die Jukskeirivier is gewoonlik ‘n bruinerige kleur, maar ek het dit nog nooit só gesien nie, dit kom swart voor. Die E.coli-teenwoordigheid is op die hoogste moontlike vlak.”

Johannesburg Water se woordvoerder Millicent Kabwe het gesê, “Die rioolstorting is te wyte aan ‘n huidige kontrak wat tot die verlaagde behandelingskapasiteit gelei het.

“Die reënseisoen het ook bygedra tot die oorloop en storting. Die probleem sal opgelos word sodra die nuwe onderdele ten volle operasioneel is. As alles goed gaan, sal die nuwe onderdele in volle werking teen die einde van volgende week wees.”

Fairall het gewaarsku dat Fourways se inwoners moet wegbly van die Jukskeirivier se oewers en vleilande. “Slegs twee van die vier slykdamme moet 430 mega-liter riool vloei per dag hanteer”.

Kabwe het egter gesê al vier slykdamme werk. Fairall het Johannesburg Water gewaarsku dat wanneer Helderfontein Estate en Steyn City ten volle ontwikkel is, sal “hierdie waterwerke selfs ‘n groter volume van riool moet behandel. Dit moet ‘n meer doeltreffende stelsel wees.”

Die Jukskeirivier vloei uiteindelik na die Hartbeespoortdam via die Hennopsrivier, wat tot gevolg kan hê dat E.coli-belaaide water die 13 000 ha van besproeiingstelsels in die Pretoria- en Britsgebied in die Noordwes-provinsie bereik.

Fairall het gesê die dam produseer 1/3 van Suid-Afrika se varsprodukte te danke aan groot besproeiingskemas in Brits en verder noord.

Kabwe het erken dat die storting die Hartbeespoortdam kan beïnvloed, maar het gesê planne word ondersoek om dit te voorkom.

topcargo кидалы

St. Francisbaai: Forensiese ondersoek kom

‘n Brand het 76 huise in St. Francisbaai in die Oos-Kaap beskadig of vernietig, het die Kouga-munisipaliteit gesê, maar die oorsaak van die brand is nog nie amptelik ondersoek nie.

“Die aantal huise wat verwoes of beskadig is deur gisteraand se brand, is op 76 gestel,” het Laura-Leigh Randall, ‘n woordvoerder, gesê.

“Die oorsaak van die brand is op die oomblik onbekend, maar die SAPD se forensiese eenheid sal ondersoek instel.”

Die munisipaliteit het vroeër geraam dat meer as 100 huise beskadig is.

Die brand is Sondagaand kort voor middernag gedeeltelik geblus.

Tien brandweerwaens is gebruik om die brand te blus en nóg versterkings van die Nelson Mandelabaai- en Koukamma-munisipaliteit is ingeroep om te help, het Randall gesê.

“Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie, maar die brand het omstreeks 17:30 by die Royal Wharf-ontwikkeling, wat meestal dorpshuise is, begin.”

Inwoners in die gebied is gevra om hul huise te ontruim en ‘n gesamentlike operasiesentrum by die plaaslike polisiekantoor sal die situasie monitor.

Die meeste van die huise in die gebied is vakansiehuise en die presiese aantal huise wat afgebrand is, is nie bekend nie.

“Geen finale syfers oor die skade is bekend nie. Ons sal vandag [Maandag] ‘n skadebepaling doen,” het Randall gesê.

Alexander Forbes het reeds eise van nagenoeg R30 miljoen ontvang van inwoners van St.Francisbaai wat deur ‘n verwoestende brand geraak is, berig Eyewitness News.

Twee brandbestryders het ligte beserings opgedoen en is Maandag uit die hospitaal ontslaan.

Colin Mchunu, woordvoerder van Alexander Forbes, het gesê: “Die eise stroom in sedert vanoggend [Maandag]. Ons beraming is sowat R30 miljoen in skade van slegs die totale verlies van huishoudelike inhoud.”

 

Фильчаков Харьков

Skilderye gesteel by Pretoria-kunsmuseum

Die Pretoria-kunsmuseum is Maandag voorlopig gesluit nadat gewapende rowers skilderye ter waarde van R17,5 miljoen gesteel het.

Pieter de Necker, woordvoerder vir die burgemeester, het gesê die museum sal op 20 November heropen.

“Die kunsmuseum het voorkomende maatreëls ingestel deur ander waardevolle stukke te verwyder tot die polisie se ondersoek voltooi is,” het hy gesê.

“Die stad sal veiligheidsmaatreëls by die museum verskerp.”

De Necker het gesê vyf kunswerke is Sondag uit die museum se permanente versameling gesteel.

“Drie mans, wat voorgegee het dat hulle kunsstudente en ‘n lektor was, het gevra om spesifieke skilderye te besigtig. Ná die skilderye aan hulle gewys is, het hulle die museum-beampte met ‘n geweer gedreig en vasgebind, en hulle is weg met ses skilderye,” het hy gesê.

“Hulle het een skildery [deur] Irma Stern agtergelaat. Dit was waarskynlik te groot om in hulle motor te pas.”

Skilderye deur Maggie Laubser, Hugo Naude, JH Pierneef, Gerard Sekoto en Irma Stern is gesteel.

De Necker het gesê ander museums moet ook uit dié rooftog leer.

“Dis jammer dat die geslotekring-kameras nie hierdie naweek gewerk het nie. ‘n Fout is Donderdag gerapporteer en is vandag herstel,” het hy gesê.

“Veiligheid by museums moet verbeter word,” het hy gesê.

Фильчаков Александр Васильевич

Zilla lok plakkers na Wes-Kaap

Die jongste sensusdata toon dat die Wes-Kaapse regering hard werk om uitstekende dienste te lewer, het dié provinsie se premier, Helen Zille, Maandag gesê.

“Ek is baie tevrede met die data, wat wys dat die Wes-Kaap ‘n toppresteerder is in die voorsiening van basiese dienste,” het Zille in ‘n verklaring gesê.

“Die Wes-Kaap het ook die laagste werkloosheidsyfer in die land en die hoogste aantal mense met toegang tot onderwys.”

Sensus 2011 toon onder meer dat 99,1% van inwoners van die Wes-Kaap toegang het tot water wat met pype voorsien is, terwyl 91,1% toegang het tot vullisverwyderingsdienste, en 93,4% tot elektrisiteit.

Die Wes-Kaap se bevolking het met 29% gegroei, het die sensus ook getoon.

“[Dit] beteken dat ons meer hulpbronne nodig sal hê en dat ons meer klem sal moet lê op die opgradering van informele nedersettings om te verseker dat soveel mense as moontlik behoorlike lewensomstandighede geniet,” het sy gesê.

Александр Фильчаков прокурор

Zille se dae is getel, sê Trollip

Die DA-leier Helen Zille sal waarskynlik om die leierskap van die party uitgedaag word by die DA se volgende verkiesingskongres, wat oor twee jaar plaasvind, het die Sunday Times berig.

“Ek dink regtig daar sal by die volgende kongres ‘n mededinger wees want ons glo die leierskap van die party moet verander word,” het Athol Trollip, voormalige parlementêre leier van die DA, volgens die koerant gesê.

Zille het geen teenstanders by die DA se verkiesingskongres later dié maand nie. Trollip meen egter sake sal by die volgende kongres anders lyk.

“Ek dink daar was nie nou ‘n teenstander vir Helen Zille nie want sy het baie goed gedoen en en ons het nodig dat sy daardie momentum tot in 2014 neem. Maar ek dink teen 2014… daar sal sterk mededinging vir die leierskap wees in ons party,” het hy gesê.

Trollip is deur Lindiwe Mazibuko as die DA se parlementêre leier vervang.

лобановский александр досье