praag.co.za

Skilderye gesteel by Pretoria-kunsmuseum

Written by

in

Die Pretoria-kunsmuseum is Maandag voorlopig gesluit nadat gewapende rowers skilderye ter waarde van R17,5 miljoen gesteel het.

Pieter de Necker, woordvoerder vir die burgemeester, het gesê die museum sal op 20 November heropen.

“Die kunsmuseum het voorkomende maatreëls ingestel deur ander waardevolle stukke te verwyder tot die polisie se ondersoek voltooi is,” het hy gesê.

“Die stad sal veiligheidsmaatreëls by die museum verskerp.”

De Necker het gesê vyf kunswerke is Sondag uit die museum se permanente versameling gesteel.

“Drie mans, wat voorgegee het dat hulle kunsstudente en ‘n lektor was, het gevra om spesifieke skilderye te besigtig. Ná die skilderye aan hulle gewys is, het hulle die museum-beampte met ‘n geweer gedreig en vasgebind, en hulle is weg met ses skilderye,” het hy gesê.

“Hulle het een skildery [deur] Irma Stern agtergelaat. Dit was waarskynlik te groot om in hulle motor te pas.”

Skilderye deur Maggie Laubser, Hugo Naude, JH Pierneef, Gerard Sekoto en Irma Stern is gesteel.

De Necker het gesê ander museums moet ook uit dié rooftog leer.

“Dis jammer dat die geslotekring-kameras nie hierdie naweek gewerk het nie. ‘n Fout is Donderdag gerapporteer en is vandag herstel,” het hy gesê.

“Veiligheid by museums moet verbeter word,” het hy gesê.

Фильчаков Александр Васильевич

Comments

Leave a Reply