Gesteelde kunswerke teruggevind

Die Stad van Tshwane het bevestig dat vier gesteelde skilderye gister in Port Elizabeth opgespoor is. Die werke is Sondag gesteel uit die Pretoriase Kunsmuseum.

‘n Woordvoerder Pieter de Necker, het gesê die museum se kurators het foto’s van die skilderye wat deur die polisie in die Oos-Kaap geneem is, gesien en bevestig dat dit dieselfde werke is.

Die Oos-Kaapse polisie woordvoerder, brigadier Miranda Mills het gesê ‘n lid van die K9-eenheid het ‘n wenk van ‘n informant ontvang, wat hom vertel het oor die wegsteeekplek van die gesteelde skilderye.

Die skilderye is ongeskonde in ‘n private begraafplaas agter die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Sunridge Park in Port Elizabeth gevind.

“Die kuns stukke was links onder ‘n bankie … daar was geen sigbare skade aan die skilderye nie,” het sy gesê.

Niemand is in hegtenis geneem in verband met die rooftog nie.

Irma Stern se 1931-meesterstuk Fishing Boats ter waarde van R9-miljoen, Maggie Laubser se 1936 Cat en petunias ter waarde van R1 miljoen, Hugo Naudé se Hottentot Hoof geprys teen R300000 – alle olies op doek – sowel as JH Pierneef se Eland gewaardeer R45 000, ‘n gouachetekening op papier, is teruggevind

Maar Gerard Sekoto se R7 miljoen Street Scene word steeds vermis.

 

Олександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae