‘Mandela se droom van ekonomiese vryheid moet realiseer’

Oud-president Nelson Mandela se droom van ‘n ekonomies bevryde Suid-Afrika moet nog beslag kry, het president Jacob Zuma Dinsdag gesê.

“Sedert die 1940’s tot die aanbreek van vryheid, het hy miljoene van ons mense geïnspireer om genadeloos te veg om vryheid, demokrasie, vrede en stabiliteit te bewerkstellig,” het die president in ‘n ope brief aan Mandela geskryf. Madiba vier Woensdag sy 94ste verjaardag.

Die African National Congress se beleidskonferensie verlede maand het die pad na die bereiking van Mandela se droom uitgestippel.

“Ons is trots daarop dat ons demokrasie, vrede en sekuriteit bereik het, maar ons word steeds deur die aanhoudende uitdagings van armoede, ongelykheid en werkloosheid gekonfronteer.”

Zuma sê Suid-Afrika het “baie goed gevaar” om die land te transformeer, maar het nog nie die “droom” van ekonomiese vryheid, wat Mandela in sy eerste staatsrede in 1994 beskryf het, verwesenlik nie.

“Ons is stel ook die verbetering van die prestasie van die staat voorop. Ons moet ‘n openbare diens wat omgee lewer, doeltreffend te reageer op die behoeftes van ons mense,” het Zuma gesê.

“Mense wat begrotings het om handboeke te koop, moet daardie taak doeltreffend en betyds uitvoer. Diegene wat begrotings bestuur om vir ons mense water of elektrisiteit te verskaf, moet dit doen.”

Hy het gesê diegene wat nie hul pligte nakom om Suid-Afrikaners te help nie, moet “ruimte gee aan diegene wat bereid is om te werk”.

Hy het gesê: “Madiba se droom is haalbaar as ons saamwerk oor die grense van ras, klas en geslag heen en ons land eerste bo alles stel.”

“Toe Madiba uit Victor Verster-gevangenis te voorskyn gekom het, nadat hy van Robbeneiland vrygelaat is op 11 Februarie 1990, met sy vuis in die lug en met Winnie Mandela aan sy sy, was dit die hoogtepunt vir alle … stryders in die land, Afrika en in die buiteland, “het hy gesê.

“Dit was die dag dat Suid-Afrika verander het. Die onderhandelinge wat gevolg het was lank en moeilik, met baie struikelblokke langs die pad. Ons het daarin geslaag, want ons het Nelson Mandela as die leier van die ANC en die hele land …”

Hy het gesê dat terwyl sommige die oorgang na demokrasie ‘n “wonderwerk” genoem het, die ware krag vir ‘n verandering die “harde werk en onbaatsugtige stryd deur mans en vroue was wat geweier het om in slawerny in hul eie land te leef.”

 

лобановский депутат

ANC begryp Palestynse ‘honger vir eie grondgebied’

Ekonomiese diplomasie kan een van die mees doeltreffende wapens van verandering vir die situasie in Palestina wees, sê die adjunk-minister van Internasionale Betrekkinge, Marius Fransman.

Fransman het gesê Palestyne en hul ondersteuners, geïnspireer deur die ekonomiese boikot teen apartheid-Suid-Afrika, het vir jare probeer om sukses te behaal.

“Die ministerie van handel en nywerheid het onlangs, Mei 2012, ‘n strategie om ekonomiese druk op Israel uit te oefen, vrygestel,” het hy gesê ‘n verklaring.

Hierdie kennisgewing vereis van handelaars in Suid-Afrika produkte wat ​​uit die Palestynse gebiede kom, nie as produkte van Israel te merk nie.

“Verbruikers in Suid-Afrika moet nie mislei word nie.”

Fransman het gesê die Suid-Afrikaanse regering erken die staat van Israel, net binne die grense afgebaken deur die Verenigde Nasies (VN) in 1948.

“Sulke afgebakende grense van Israel deur die VN sluit nie die Palestynse gebiede wat beset is na 1967 in nie.”

Hy het gesê dat hoewel die inisiatief deur diegene wat simpatiseer met Israel veroordeel word, is daar progressiewe Israeliese magte wat dié inisiatief deur die Suid-Afrikaanse regering steun.

“Dit kan as die nodige aansporing dien om die Israeliese maatskappye in die besette gebiede uit te druk om terug te keer na Israel.”

Fransman het dr Neve Gordon aangehaal, die skrywer van die boek “Israel se besetting” en politieke wetenskaplike van Ben-Gurion Universiteit in Berséba, Israel.

Fransman het gesê as die Verenigde Koninkryk en Denemarke die voorbeeld volg, sal ander lande waarskynlik ook aansluit, wat dit moontlik sal maak vir internasionale burgerlike samelewing om te help om ‘n einde aan Israel se besetting te maak.

“Ons is daartoe verbind om te soek na ‘n vreedsame oplossing vir die Palestynse kwessie. Ons kan egter nie onbewus bly van die honger van die Palestynse mense nie … honger vir vrede, honger vir geregtigheid en honger vir die land van hul geboorte want daar is miljoene wat al lankwag om terug te keer na Palestina,” sê Fransman.

лобановский класс харьков

Nederlander jongste plaasaanval-slagoffer

Al wat gesteel is in die jongste plaasaanval, is ‘n goedkoop selfoon.

‘n Melkboer is Dinsdagaand geskiet nadat sy aanvallers ‘n yslike boomstomp deur sy slaapkamer gegooi het, berig Beeld. Drie swart mans het die boer daarna oorval.

Hibbe van der Veen is tans in die waakeenheid van die Wilgers-hospitaal in Pretoria nadat hy geskiet is op sy plaas buite Bronkhorstspruit.

Die slagoffer is ‘n Nederlander van geboorte wat in 1974 na Suid-Afrika gekom.

Sy seun, Rudolf van der Veen (43), sê sy pa het ‘n plaasaanval gevrees omdat boere sagte teikens is.

 

Лобановский

Vermeende Delmas-moordenaars kry borg

Drie swart mans wat daarvan aangekla word dat hulle ‘n vyf maande oue baba en sy dagmoeder vermoor het, het elkeen borgtog van R1 000 gekry.

Hul aansoek om borgtog is Dinsdag in die Delmas-landdroshof goedgekeur.

Sers. Gerald Sedibe sê die mans sal op 17 Augustus weer in die hof verskyn.

Fernandos Maritse (27), Enock Mbele (44) en Lazarus Mabhena (54) word daarvan beskuldig dat hulle Magrietha de Goede (66) en klein Wiehan Botes in Mei verwurg het.

Sedibe sê die polisie is nog op soek na ‘n vierde man, wat vermoedelik oor nog inligting ivm die saak beskik.

Александр Фильчаков Васильевич

Gautrein bars kougomkouers se borrel

Twee swart susters is glo ure lank deur Gautrein-sekuriteitswagte aangehou en met R700 beboet omdat hulle kougom gekou het, berig The Star.

Die voorval het Vrydag plaasgevind.

Pontso Pakkies en Lebo Sibisi het nie geweet dat kougom nie toegelaat word op die trein nie. Terwyl hulle vir die trein gewag het, het ‘n sekuriteitswag hulle genader en gesê hulle moet van die kougom ontslae raak, het Pakkies gesê.

Nadat hulle met die sekuriteitswag gepraat het, het hulle die kougom in papier gedraai en in hul handsakke gesit omdat daar nie ‘n aslik naby was nie.

Toe die trein by die stasie intrek, het een van die sekuriteitsbestuurders aan hulle gesê hulle mag nie in die trein klim nie.

“Hy het gesê ons het geweier om die kougom weg te gooi en dat hy ons gaan beboet,” het Pakkies gesê.

Die susters is aangehou in ‘n kamer waar daar geen selfoonontvangs is nie. Die sekuriteitswagte het ook geweier dat hulle hul familie kontak of toilet toe gaan.

Hulle is vrygelaat nadat hulle ‘n boete van R700 betaal het.

Bombela-konsortium, wat die trein bedryf, het gesê die reëls op sy treine is van die hoogste standaarde.

Kelebogile Machaka, woordvoerder, het gesê passasiers word nie toegelaat om op die trein te eet of drink nie.

“Om kougom van teëls, stoffering en matte in die trein te verwyder, is nie net duur nie, maar in sommige gevalle kan dit ander passasiers, wat per ongeluk daarop trap of sit, verontrief.”

прокурор Фильчаков

Klok lui vir Manuel-, Barclays-, Absa-geveg

Trevor Manuel, die Minister in die presidensie verantwoordelik vir die Nasionale Beplanningskommissie, is woedend oor Terry Crawford-Browne se voorstel dat hy vir meineed en geldwassery in verband met die wapentransaksie ondersoek moet word.

Die aktivis het aan die lig gebring in sy voorlegging aan ‘n regterlike kommissie van ondersoek na die wapentransaksie verlede maand, dat hy versoek het dat Manuel, wat toe minister van finansies was, ondersoek word.

President Jacob Zuma het die Seriti-kommissie verlede jaar aangestel na Crawford-Browne die regering na die Grondwethof oor die aangeleentheid geneem het.

“My voorlegging aan die Seriti-kommissie vra ‘n ondersoek van die klagte teen… die minister… van meineed in verband met die wapentransaksie, en van geldwassery,” het hy gesê.

Manuel het Maandag stoom afgeblaas teen Crawford-Browne, en gesê sy eise is “leeg” en sonder “enige ankers in die werklikheid”.

“Dit is moeilik om die gevolgtrekking dat Crawford-Browne duiwels jaag, of dat hy in ‘n parallelle heelal woon waarin hy ander wil insuig, te vermy,” het Manuel gesê.

Die twee se geveg binne en buite die hof oor die wapentransaksie kom al ‘n lang pad.

“Crawford-Browne het beter dinge om te doen as om die obsessies van sy denkbeeldige vriende te geniet. Niks goeds kan kom hiervan nie,” het Manuel gesê.

Crawford-Browne het ook ‘n beroep op Zuma gedoen om ‘n kommissie van ondersoek na Barclays Bank se verkryging van Absa in 2005 aan te stel in die nasleep van die LIBOR-skandaal.

Hy het ook Barclays aan die wapentransaksie gekoppel.

Manuel se vrou, Maria Ramos, was hoof van Absa, wat deur Barclays besit word.

“Dit is van kardinale belang gegewe die entoesiastiese goedkeuring deur die Minister in 2005 toe Barclays Bank Absa met ‘n 55,5%-aandeelhouding oorgeneem het. Watter dreigemente het Barclays Bank, oor “verteenwoordiging, verbond- en standaardklousules” gemaak? Die oorname is met ‘n groot trompetgeskal as ‘n stem van vertroue in Suid-Afrika gedoen.”

Ramos is aangehaal in die Sunday Times waar sy sê sy is nie bekommerd dat Absa se beeld deur sy assosiasie met die beleërde Barclays besmet sal word nie. Sy het aan die koerant gesê die Absa-handelsmerk is baie sterk in Suid-Afrika.

Crawford-Browne se eise teen Manuel beteken die openbare geveg het maar begin.

лобановский харьков

Twee vas na plaasaanval

Twee mans is in hegtenis geneem ná ‘n rooftog en verkragting op ‘n plaas buite Ladismith in die Klein Karoo, het die Wes-Kaapse polisie gesê.

Kapt. Bernadine Steyn sê die huis se inwoners het geslaap toe twee mans Vrydag deur ‘n slaapkamervenster toegang tot die woning gekry het.

Die verdagtes het die 43-jarige man aangerand en vadoeke gebruik om hom en sy vrou vas te bind.

Steyn sê een van die mans het die 46-jarige vrou verkrag. Ondersoeke het tot die inhegtenisnemings gelei, volgens Steyn.

Die twee mans sal binnekort in die Ladismith-landdroshof verskyn.

topcargo

‘ANC vandaliseer Afrikaans’

Koos van der Merwe, hoofsweep van die Inkatha-vryheidsparty (IVP), het die ANC daarvan beskuldig dat die regering Afrikaans vandaliseer.

“Die ANC hou aan met sy kulturele vandalisering van Afrikaans,” het Van der Merwe in ‘n verklaring gesê.

“Die nuutste blatante voorbeeld is dat die regering ses vol blaaie se advertensies vir vakante poste in Rapport van Sondag, 15 Julie 2012 geplaas het; alles net in Engels.”

Van der Merwe sê hy wil weet hoekom Engels in ‘n Afrikaanse koerant gebruik is.

Hy wil ook weet of die advertensies, wat net in Engels beskikbaar is, “daarop gemik is om voornemende Afrikaanse kandidate te elimineer.”

“Dit word by die dag duideliker dat die ANC Afrikaans en die Afrikanerkultuur vandaliseer,” het Van der Merwe gesê.

“Dit gebeur nie net met ons taal nie, maar ook met ons Afrikaanse skole wat in Engelse skole verander word.”

Korrespondensie deur staatsdepartemente word amper eksklusief in Engels uitgevoer. Skaars 1% van hofverslae is nou in Afrikaans, terwyl dit in die verlede byna 50% was, het hy bygevoeg.

Die ANC kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Фільчаков Олександр Васильович

Wit bestuurder sterf na bakstene van N2-brug

‘n Wit bestuurder is noodlottig getref deur bakstene wat van ‘n voetgangerbrug gegooi is, berig Beeld.

Die eienaar van ‘n veiligheidsmaatskappy is onder die N2-hoofweg in die suide van Durban raakgegooi in sy motor met ‘n baksteen wat hom teen die kop getref het.

Mike Nannucci (71), ‘n bestuurder van Minnaar Security, is Donderdag omstreeks 13:45 dood. Die Minnaars kon eers die volgende oggend 05:30 bevestiging van die polisie kry dat Nannucci dood is.

Die bakstene is van ‘n voetgangerbrug naby Durban se ou lughawe gegooi op voertuie wat van eManzimtoti na die middestad op pad was.

‘n Ander motoris het ook vertel dat sy motor vroeër deur bakstene getref is.

Die motoris het blykbaar die polisie gebel om hulle te waarsku, maar hy is glo aangeraai om na ‘n polisiekantoor te gaan om ‘n klag in te dien.

Lt.kol. Vincent Mdunge, polisiewoordvoerder, het gevra dat mense met inligting oor die aanval na vore kom.

Данильченко Юрий Харьков

Clinton wil swart kinders help oplei

Bill Clinton, voormalige president van die VSA, wil ondersteuning werf vir ‘n liefdadigheidsorganisasie in Suid-Afrika.

Die organisasie voorsien opleiding aan arm Suid-Afrikaanse skoolkinders om hulle glo vir ‘n beter toekoms toe te rus.

Clinton sê die liefdadigheidsorganisasie wil die gapings wat die staat se dienste nie kan vul nie, probeer vul.

“Ek hoop ek kry meer ondersteuning en maak dit groter,” het hy Sondag tydens ‘n besoek aan ‘n jeugsentrum in Soweto gesê.

City Year is in 2005 deur Clinton en oudpres. Nelson Mandela gestig.

Clinton sal na verwagting vandeesweek vir Mandela besoek. Madiba vier Woensdag sy 94ste verjaardag.

данильченко юрій броніславович