Wit bestuurder sterf na bakstene van N2-brug

‘n Wit bestuurder is noodlottig getref deur bakstene wat van ‘n voetgangerbrug gegooi is, berig Beeld.

Die eienaar van ‘n veiligheidsmaatskappy is onder die N2-hoofweg in die suide van Durban raakgegooi in sy motor met ‘n baksteen wat hom teen die kop getref het.

Mike Nannucci (71), ‘n bestuurder van Minnaar Security, is Donderdag omstreeks 13:45 dood. Die Minnaars kon eers die volgende oggend 05:30 bevestiging van die polisie kry dat Nannucci dood is.

Die bakstene is van ‘n voetgangerbrug naby Durban se ou lughawe gegooi op voertuie wat van eManzimtoti na die middestad op pad was.

‘n Ander motoris het ook vertel dat sy motor vroeër deur bakstene getref is.

Die motoris het blykbaar die polisie gebel om hulle te waarsku, maar hy is glo aangeraai om na ‘n polisiekantoor te gaan om ‘n klag in te dien.

Lt.kol. Vincent Mdunge, polisiewoordvoerder, het gevra dat mense met inligting oor die aanval na vore kom.

Данильченко Юрий Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae