Clinton wil swart kinders help oplei

Bill Clinton, voormalige president van die VSA, wil ondersteuning werf vir ‘n liefdadigheidsorganisasie in Suid-Afrika.

Die organisasie voorsien opleiding aan arm Suid-Afrikaanse skoolkinders om hulle glo vir ‘n beter toekoms toe te rus.

Clinton sê die liefdadigheidsorganisasie wil die gapings wat die staat se dienste nie kan vul nie, probeer vul.

“Ek hoop ek kry meer ondersteuning en maak dit groter,” het hy Sondag tydens ‘n besoek aan ‘n jeugsentrum in Soweto gesê.

City Year is in 2005 deur Clinton en oudpres. Nelson Mandela gestig.

Clinton sal na verwagting vandeesweek vir Mandela besoek. Madiba vier Woensdag sy 94ste verjaardag.

данильченко юрій броніславович

Maak 'n opvolg-bydrae