Banke waarsku ANC

Banke het die ANC tot versigtigheid gemaan oor die moontlike gevolge van besluite betreffende beleid wat by die party se komende verkiesingskongres in Mangaung geneem word, het berigte Dinsdag gelui.

Cas Coovadia, uitvoerende hoof van die Bankvereniging van Suid-Afrika, het gesê besluite wat by die kongres geneem word kan ‘n negatiewe uitwerking op banke hê, het Business Day berig.

“Die punt is, as [ANC-afgevaardigdes] verkeerde besluite neem oor die mynwese, grondsake en landbou, het dit ‘n impak op ons,” het Coovadia gesê.

Enoch Godongwana, hoof van ekonomiese beleid vir die ANC, het gesê hy stem met Coovadia saam.

“Net soos die banke, is ons lief vir hierdie land, en ons sal besluite neem wat ons sal help om ons sosio-ekonomiese kwessies te verbeter.

“Wat ons weier om te aanvaar, is dat mense aan ons voorskryf watter besluite ons moet neem.”

Александр Фильчаков Васильевич

Zim vat Ian Smith se plaas

‘n Plaas wat aan die laaste Rhodesiese eerste minister, Ian Smith, behoort het, is deur die staat gevat.

Die Zimbabwiese regering het beslag gelê op Gwenhoro, waar Smith gebore is,  en aan die staatsbeheerde Midlands State University oorhandig.

‘n Paar maande gelede is die plaas in die staatskoerant gelys as een van eiendomme wat gevat moet word.

Sedert Smith se dood, was dit onder die beheer van sy bestuurder, Owen Jarman, wat gereelde verslae aan Smith se oorlewende kinders, wat in Kaapstad woon, gegee het.

“Ons het ons uitsettingkennisgewing ontvang en dit is duidelik gemaak dat die Midlands State University van ons sal oorneem. Daar is niks anders wat ons kan doen nie as om ‘n regstryd te voer: Ons kan net by die universiteit gaan pleit oor wanneer ons [die plaas] moet verlaat,” sê Jarman.

Volgens Zimbabwiese wet, staar enigiemand wat uitsetting teenstaan ​​op die geteikende plase tot twee jaar tronkstraf in die gesig.

Niemand is nog vergoed vir die verlies van hul grond deur die staat nie.

Gwenhoro het 500 beeste, ‘n hoë-produksie pluimvee-projek en ‘n sitrus-plantasie.

Aan die begin van die grondbesettings, is Smith se plaas geteiken, maar Mugabe het ingegryp om toe te laat dat die voormalige eerste minister die res van sy lewe op die eiendom slyt.

Smith het in 1964 eerste minister van Rhodesië geword en vinnig bande met Brittanje vernietig deur sy regering se eensydige verklaring van onafhanklikheid, wat gelei het tot VN-sanksies.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Min oor Mandela se welstand bekend

Min inligting oor die toestand van oudpres. Nelson Mandela is bekend, maar adjunkpres. Kgalema Motlanthe het Suid-Afrikaners nogtans gevra om vir hom te bid. Volgens berigte het Mandela opgehou praat en lyk hy nie goed nie.

Cosatu het ook goeie wense aan Madiba gestuur, wat Saterdag in 1 Militêre Hospitaal in Pretoria opgeneem is. “Ons hoop dis waar – soos die president se woordvoerder berig het – dat daar geen rede tot kommer is nie,” het Patrick Craven, die vakbond se woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Die presidensie het Saterdag aangekondig dat die 94-jarige oud-leier in ‘n hospitaal in Pretoria opgeneem is vir mediese toetse, maar het nie verdere besonderhede bekend gemaak nie, behalwe om dit as ‘n “roetine-ondersoek” te beskyf.

Thabo Masebe, Motlanthe se woordvoerder, het gesê Suid-Afrikaners moet bid dat Madiba gesond bly.

Intussen het Beeld berig dat kerkdienste van verskeie denominasies se gemeentes Sondag spontaan gebid het vir die oudpresident.

‘n Emosioneel byeenkoms is glo in die Regina Mundi-kerk in Johannesburg gehou. Die kerk was ‘n bymekaarkompunt vir anti-apartheidsaktiviste voor die NP se oorgawe aan die ANC.

Talle organisasies en vakbonde het ook hul wense vir ‘n spoedige herstel aan Mandela gestuur.

Die Sunday Times het Sondag berig dat Mandela nie goed lyk nie, en opgehou praat het.

Die vliegtuig wat verlede week in die Drakensberge verongeluk het, het Mandela se mediese benodighede vervoer.

Фильчаков прокурор харьков

Vrou kom haar vermeende verkragters by optog teen geweld teë

‘n Vrou wat deur ‘n groep mans verkrag is, het haar vermeende aanvallers by ‘n optog oor vrouemishandeling in Port Elizabeth gesien, het die Weekend Post berig.

Die 50-jarige Andy Kawa van Johannesburg het die mans nadat by die Kings Beach-parkeerterrein, waar sy in Desember 2010 verkrag is, gesien. Sy was in Port Elizabeth om Donderdag ‘n optog te lei om geregtigheid te eis vir vroue wat verkrag en mishandel is. Die groep het ook ‘n griefskrif aan die polisie oorhandig en gekla oor ‘n gebrek aan empatie van polisiebeamptes.

Betogers het op die twee mans toegesak en hulle is in hegtenis geneem.

Kawa het hulle geïdentifiseer as ‘n pa en seun (47 en 20 jaar oud), wat op die strand woon en deel was van ‘n groep van twee mans wat haar aangeval het.

“Die polisie het my klere by die een man (die pa) gevind. Hulle het hom [verlede maand] laat gaan, maar my klere is nog by die polisiekantoor. Ek het aan die mense gesê ‘hier is hulle’ en wou hulle hou tot die polisie kom,” het ‘n duidelik ontstelde Kawa gesê terwyl die mans gedwing is om op die gras te sit.

Kapt. Stanley Jarvis het aan die koerant gesê die 47-jarige man is kort ná die verkragting in hegtenis geneem en was twee jaar lank in die St. Alban’s-tronk totdat die saak in November voorwaardelik teruggetrek is, omdat Kawa nie gekontak was om in die hof te verskyn nie.

Die polisie het destyds gesê die saak sal weer op die hofrol geplaas word sodra hulle die hoofgetuie, ‘n bosslaper, opspoor.

Jarvis het gesê die mans sal tot Maandag in aanhouding bly en sal op aanklag van verkragting in die hof verskyn.

“Ek hoop hierdie keer is daar toewyding, optrede en ‘n uitslag,” het Kawa later aan die koerant gesê.

Die betogers het hul griefskrif aan lt. kol. Mark Houwland by die Humewood-polisiekantoor oorhandig. Hy het gesê Kawa se saak sal ondersoek word.

александр лобановский супермаркет класс

Polisiehoof wat van moord aangekla is, werk steeds

Hlula Msimang, hoof van die Ekurhuleni-metropolisie, sal na verwagting Vrydag op aanklag van moord in die hof verskyn, berig The Star.

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het bevestig dat Msimang teregstaan op aanklag van moord, maar wou nie verdere besonderhede bekendmaak nie.

“Ons ondersoek is afgehandel, nou is dit op die hofrol,” het Moses Dlamini, woordvoerder van die Opod, aan die koerant gesê.

Volgens die berig hou die saak verband met ‘n skietvoorval in Johannesburg ‘n paar maande gelede.

Zweli Dlamini, woordvoerder van die burgemeester, het gesê Msimang is nie geskors nie.

“Hy is by die werk. Hy is van niks aangekla nie.”

данильченко юрій броніславович компромат

Pretoria bly Pretoria

Onverwagse steun om Pretoria se naam te behou en politieke oorlewing by Mangaung het die Tshwane-metro se planne om dié naam binnekort te verander, vir eers in die wiele gery.

Beeld berig die ANC gaan nie, soos beplan, die stad se naam voor sy kongres in Mangaung die “doodskoot” kan gee nie.

Inwoners in dié metro het ná ‘n openbare deelnameproses tot 16 November kans gehad om aan te dui of hulle vír of teen die voorgestelde naamsverandering van Pretoria na Tshwane is.

Die dagblad berig Tshwane se speakerskantoor het onlangs met ‘n skok besef daar is veel meer steun vir Pretoria as vir Tshwane.

Daar word boonop verneem die ANC-Tshwane-streek het die naamstryd die laaste ruk op die agtergrond geskuif met politieke oorlewing by Mangaung wat nou boaan die voorkeurlys is.

“Pretoria se naam het ‘n tydelike reddingsboei gekry en sal 2013 sien,” het ‘n ingeligte van die regerende party gesê.

Tshwane beskou glo die steun vir Pretoria as onnatuurlik en wil probeer vasstel of daar nie “spookstemme” uitgebring is nie.

Nomasonto Ndlovu, Tshwane se woordvoerder, en Morakane Mosupye, die speaker, het geweier om kommentaar te lewer.

Praag het onlangs voorgestel dat die naam verander word na Pretoria-Ndlela ipv Tshwane.

топкарго развод

Aansoek om ANC-Jeugliga te likwideer

‘n Aansoek om die ANC-jeugliga te laat likwideer, is Woensdag by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien, berig Beeld. Die jeugliga skuld glo sowat R12,8 miljoen aan die beslote korporasie Z2 Presentations wat deur Willem Adendorff bedryf word.

Dit sluit R7,6 miljoen in om die Bloemfonteinse kongres in 2008 te reël, waar Julius Malema as leier verkies is. Die res van die skuld is rente wat opgeloop het.

Marius van Rensburg, Z2 Presentations se regsverteenwoordiger, sê: “Dit is nog nie op die jeugliga beteken nie, maar die balju is gevra om dit dringend te doen.”

Die jeugliga se waarnemende leier, Ronald Lamola, was nie beskikbaar vir kommentaar nie. Keith Khoza, ANC-woordvoerder, het gesê die party is nie bewus van enige likwidasie-aansoek nie.

Khoza sê dis hoogs onwaarskynlik dat die jeugliga gelikwideer sal kan word. “Hulle het geen bates nie en die ANC leen die kantoor wat hulle gebruik aan hulle.”

Die jeugliga is reeds op 1 Julie 2008 in die Bloemfonteinse hooggeregshof gedagvaar en ‘n verstekvonnis is teen die organisasie verkry.

Александр Фильчаков

AWB-lede aangekeer onderweg na De Doorns

Beeld berig dat sewe lede van die AWB gister onderweg na De Doorns in hegtenis geneem is. Hulle het ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie in hul besit gehad.

Die sewe mans, onder wie Johann Spies, die AWB se Wes-Kaapse kommandoleier, is na verneem word na verskeie polisiekantore gebring, vergesel deur die Valke, het ‘n bron aan die koerant gesê. Die bron is waarskynlik deel van die “ondersoek” na die AWB.

Die AWB-lede is volgens die “bron” omstreeks 09:00 by ‘n padversperring op die N1 aangekeer. Daar was ‘n .308-geweer in die voertuig.

Volgens lt.kol. André Traut, polisiewoordvoerder, is 60 patrone vir die geweer in die voertuig gevind. Die mans, tussen 33 en 66 jaar oud, sal glo binnekort aangekla word en in ‘n plaaslike hof verskyn.

Op die AWB se Facebook-blad skryf Spies dat die AWB die boere 100% met hul private kommando’s en veiligheidsmaatskappye ondersteun.

“Ons sal nie toelaat dat die stakers voortgaan om ons dorpe en plase te plunder nie. As die polisie en weermag nie die werk kan doen nie, sal ons dit vir hulle doen.”

Лобановский Харьков

Mynopstande ‘apartheid se skuld’

Die geweld wat vanjaar die myne getref het is ‘n gevolg van apartheid, het die uitgaande uitvoerende hoof van Anglo American, Cynthia Carroll, Dinsdag gesê.

“Die geweld wat ons vanjaar in die mynsektor gesien het, het sy wortel in die nalatenskap van apartheid en die onderliggende sosiale probleme wat steeds met ons bly,” het sy by die Gordon-sakeinstituut in Johannesburg gesê.

“Die vloek van werkloosheid beteken dat mynwerkers baie keer baie ander mense het wat ekonomies afhanklik is van hulle.”

Carroll het gesê die geskiedenis van die trekarbeidstelsel het familiebande vernietig en gemeenskappe ontwrig.

“Die vernietiging van menslike verhuoudings wat plaasgevind het onder apartheid… al hierdie faktore kan gesien word in die konflik en tragedie wat ons hierdie jaar ervaar het.”

Carroll het ook gesê daar is geen toekoms vir die land as wet en orde nie gehandhaaf word nie.

“Openbare order is die fondasie waarsonder ‘n samelewing ineenstort. Ons het vanjaar geweld en onrus in die mynwese en verskeie ander sektore gesien.”

Bronne in die binnekringe van die maatskappy sê Carroll is afgedank vanweë die onrus by die myne onder haar bestuur en het nie uit vrye wil bedank nie.

Фильчаков Александр Васильевич

De Doorns kalm

Die situasie op De Doorns in die Hexriviervallei in die Boland is kalm. Duisende seisoenale werkers in die vallei het vanoggend weer begin staak nadat onderhandelinge rondom werkers se eis vir ‘n minimumloon van R150 nog niks opgelewer het nie.

Vragmotors wat gestuur is om werkers in die informele nedersetting op te laai het leeg na die plase teruggekeer.

Die werkers sê hulle het vakbonde en die regering gevra om onderhandelinge tot vandag ‘n kans te gee. Die polisie is in en om De Doorns ontplooi.

Plaaswerkers en vakbonde in die Wes-Kaap het ooreengekom om Dinsdag met hul beplande staking voort te gaan, indien daar nie Maandag aan hulle eise voldoen word nie.

Die SABC berig dat Cosatu wil hê plaaswerkers moet landswyd aan die staking deelneem.

Die meeste seisoenale plaaswerkers verdien tussen R69 en R75 per dag. Die hoogste aanbod wat boere sedertdien gemaak het, is R80.

Volgens berigte is die werkers ontevrede, omdat die minister van arbeid, Mildred Oliphant,  gesê het dat hoër lone eers volgende jaar hersien sal word.

Фільчаков прокурор