Min oor Mandela se welstand bekend

Min inligting oor die toestand van oudpres. Nelson Mandela is bekend, maar adjunkpres. Kgalema Motlanthe het Suid-Afrikaners nogtans gevra om vir hom te bid. Volgens berigte het Mandela opgehou praat en lyk hy nie goed nie.

Cosatu het ook goeie wense aan Madiba gestuur, wat Saterdag in 1 Militêre Hospitaal in Pretoria opgeneem is. “Ons hoop dis waar – soos die president se woordvoerder berig het – dat daar geen rede tot kommer is nie,” het Patrick Craven, die vakbond se woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Die presidensie het Saterdag aangekondig dat die 94-jarige oud-leier in ‘n hospitaal in Pretoria opgeneem is vir mediese toetse, maar het nie verdere besonderhede bekend gemaak nie, behalwe om dit as ‘n “roetine-ondersoek” te beskyf.

Thabo Masebe, Motlanthe se woordvoerder, het gesê Suid-Afrikaners moet bid dat Madiba gesond bly.

Intussen het Beeld berig dat kerkdienste van verskeie denominasies se gemeentes Sondag spontaan gebid het vir die oudpresident.

‘n Emosioneel byeenkoms is glo in die Regina Mundi-kerk in Johannesburg gehou. Die kerk was ‘n bymekaarkompunt vir anti-apartheidsaktiviste voor die NP se oorgawe aan die ANC.

Talle organisasies en vakbonde het ook hul wense vir ‘n spoedige herstel aan Mandela gestuur.

Die Sunday Times het Sondag berig dat Mandela nie goed lyk nie, en opgehou praat het.

Die vliegtuig wat verlede week in die Drakensberge verongeluk het, het Mandela se mediese benodighede vervoer.

Фильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae