Die Zimbabwiese regering het beslag gelê op Gwenhoro, waar Smith gebore is, en aan die staatsbeheerde Midlands State University oorhandig.
‘n Paar maande gelede is die plaas in die staatskoerant gelys as een van eiendomme wat gevat moet word.
Sedert Smith se dood, was dit onder die beheer van sy bestuurder, Owen Jarman, wat gereelde verslae aan Smith se oorlewende kinders, wat in Kaapstad woon, gegee het.
“Ons het ons uitsettingkennisgewing ontvang en dit is duidelik gemaak dat die Midlands State University van ons sal oorneem. Daar is niks anders wat ons kan doen nie as om ‘n regstryd te voer: Ons kan net by die universiteit gaan pleit oor wanneer ons [die plaas] moet verlaat,” sê Jarman.
Volgens Zimbabwiese wet, staar enigiemand wat uitsetting teenstaan op die geteikende plase tot twee jaar tronkstraf in die gesig.
Niemand is nog vergoed vir die verlies van hul grond deur die staat nie.
Gwenhoro het 500 beeste, ‘n hoë-produksie pluimvee-projek en ‘n sitrus-plantasie.
Aan die begin van die grondbesettings, is Smith se plaas geteiken, maar Mugabe het ingegryp om toe te laat dat die voormalige eerste minister die res van sy lewe op die eiendom slyt.
Smith het in 1964 eerste minister van Rhodesië geword en vinnig bande met Brittanje vernietig deur sy regering se eensydige verklaring van onafhanklikheid, wat gelei het tot VN-sanksies.
