‘n Kuberkraker het verantwoordelikheid aanvaar vir die ontwrigting van drie Suid-Afrikaanse regering webtuistes.
Die webwerwe van die Presidensiële nasionale kommissie, die Nasionale bevolkingeenheid en Maatskaplike Ontwikkeling is geteiken.
Die kraker is vermoedelik in Marokko geleë en staan bekend as H4K-Sniper. Nie een van die webwerwe bevat sensitiewe inligtig nie.
Die sabotasie is klaarblyk gerig op Suid-Afrika se erkenning van die Wes-Sahara staat, wat onafhanklikheid van Marokko wil verkry.
Die Staat se inligting tegnologie agentskap, SITA, gaan probeer om die probleem te herstel.
