Chaos, geweld breek uit toe joernaliste by Malema-verhoor uitgeskop word

Joernaliste, fotograwe en TV-kameraspanne is uitgeskop uit die Polokwanestreekhof waar die voormalige ANC-jeugligapresident Julius Malema moet verskyn.

Vroeër, het sekere mediahuise aansoeke gebring om toegelaat te word in die hof, maar verslaggewers is verwyder nadat amptenare daarop aangedring het dat die aansoeke vir individue en nie spanne was nie.

Maar, volgens ‘n Sapa-verslaggewer op die toneel, gaan geen joernaliste in die hof wees nie.

Pandemonium en chaos het uitgebreek toe die joernaliste met geweld verwyder is. Een is deur twee veiligheidswagte uitgesleep.

eNews Channel-Afrika se verslaggewer Karyn Maughan het in duie gestort buite die hof.

Onluste polisie is binne-in die hof ontplooi orde te handhaaf. Strate is vroëer afgesper vir Malema se verskyning.

Олександр Фільчаков прокурор

Malema, ANC geen botsende belange by regspan nie

Julius Malema en die ANC se regsspan sal voortgaan om albei partye in die appèlsaak rakende die liedjie “Skiet die Boer” te verteenwoordig.

Dit kom nadat die hoër appèlhof hulle gevra het om dit te heroorweeg in die lig van botsende belange.

“Daar is geen uiteenlopende kwessies nie. Ons sal hulle inlig dat ons sal voortgaan,” het die prokureur Leslie Mkhabela Dinsdag gesê.

Die hoër appèlhof sal van die besluit ingelig word.

Kommentaar van die ANC was nie onmiddelik beskikbaar nie.

Die appèlhof het die gebruik van dieselfde regsspan om die ANC en Julius Malema te verteenwoordig in hul appèl teen die uitspraak oor die liedjie “Skiet die Boer”, bevraagteken, het RSG vroeër Dinsdag berig.

In ‘n brief deur die registrateur van die hof, BJ Mashinini, aan die regspan wat albei partye verteenwoordig, word moontlike botsende belange aangevoer.

‘n Dringende aansoek deur die organisasie Afriforum om Malema te keer om die liedjie te sing, het daartoe gelei dat die Suid-Gautengse Hooggeregshof hom aan haatspraak skuldig bevind het.

Malema het egter sy aansoek om verlof tot appèl na die konstitusionele hof verloor.

Die hof het hom toestemming gegee om by die appèlhof te appelleer en die saak sal in November aangehoor word.

Фільчаков прокурор

‘Skiet die groot een’

“Skiet die groot een, skiet die groot een.” Die “groot een” was Corrie Sanders, en oomblikke nadat die swart gewapende aanvaller daardie woorde geuiter het, was die voormalige wêreldswaargewigbokskampioen in die maag geskiet.

Maandag, het die Sanders-gesin probeer om te verstaan ​​waarom rowers die 46-jaar-oue vader in koele bloede geskiet het toe hy weerloos op die vloer lê, met sy arm om sy dogter.

Sanders se finale tree Saterdagaand, het sy familie gesê, was om sy kinders te beskerm, nie net van gewapende misdadigers nie, maar van die trauma om hulle vader te sien sterf.

Toe die rowers in die Thatch Haven Country Lodge naby Brits ingebars het, het hy sy 15-jaar-ou dogter Marinique aan die pols afgetrek tot op die vloer langs hom.

Sanders het daarna vir haar gesê om te maak of sy dood is toe drie van die rowers skote afgevuur het in die vloer langs die koppe van sommige van die klante en hulle met messe gedreig het.

Een van dié koeëls het Sanders in ‘n arm getref, voor dit sy sy binnegedring het en sy maag, het sy voormalige vrou Sunette gesê.

Sy gehoor het een van die rowers skree “Skiet die groot een”.

Later, toe paramedici hom na die Kalafong-hospitaal geneem het, was Sanders se finale woorde aan Sunette om nie die kinders na die hospitaal te bring nie want hy wou nie hulle ontstel nie.

“Hy was in baie pyn. Hy het gesê “bring hulle more na die hospitaal,” sê Sunette.

Sanders is om 04:00 Sondag oorlede.

“Hy het haar [sy dogter] beskerm en hulle het hom geskiet. Hoekom hulle hom geskiet het, weet niemand. Miskien was dit omdat hy was die naaste aan hulle was,” sê Sunette.

Maandag, het die provinsiale woordvoerder van die polisie Brigadier Thulani Ngubane gesê die polisie soek steeds na die vier gewapende swartes wat verantwoordelik was vir die aanval. Hy kon nie sê of die boewe verantwoordelik vir rooftogte was of nie.

“Dit sal ons net weet wanneer ons hulle gevang het,” het hy gesê.

Sanders se broer Mike het gesê die voormalige bokser het saam met sy dogter by die ingang na die boma gestaan toe die aanvallers toegeslaan het.

“Ek glo hulle het Corrie geskiet omdat hy op die grond gelê het,” sê Mike. Hy het bygevoeg dat drie van die aanvallers na die gaste geloop het, in die lug geskiet het en in die vloer. Sommige van die koeëls het net sentimeters van die koppe van sommige van die klante geslaan. Hulle het selfone, handsakke en beursies gesoek.

Een van die gaste het sy selfoon onder die tafel ingeskop, sê Mike.

“Toe hulle hom deursoek en het niks kry nie, het een van hulle gesê: “Skiet hom as hy nie iets het nie. Hy het hom nie geskiet nie, hulle het hom geskop,” sê Mike.

Hulle het ook gedreig om Sanders se ouers te skiet.

Nog ‘n gas het wonde aan een van sy bene opgedoen agv koeël-fragmente.

Mike het gesê dat hy glo dat ten minste 30 skote afgevuur is tydens die aanval.

Фильчаков Александр Васильевич

Wouter Basson-ondersoek hervat

Die Raad op Gesondheidsberoepe se ondersoek na die gedrag van die biologiese wapenkenner, Wouter Basson, sal na verwagting vandag in Pretoria hervat word.

Basson staan tereg op vier aanklagte insluitende sy beweerde deelname aan die vervaardiging van die dwelms, Mandrax en Ecstacy en dat hy die destydse apartheidspioene van sianiedkapsules voorsien het.

Basson het vroeër gesê die dwelms is vir navorsingdoeleindes vervaardig en nooit in onluste-beheer of ‘n oorlogsituasie gebruik nie.

александр лобановский харьков

Malema sal nie Dinsdag verskyn nie

Julius Malema, die geskorste leier van die ANC-jeugliga, sal nie Dinsdag in die hof verskyn nie, het sy prokureur Maandag gesê.

“Ons het nog nie bevestiging van aanklagtes ontvang nie… Ek kan bevestig dat mnr Malema nie môre [Dinsdag] in die hof sal verskyn nie,” het Nicqui Galaktiou aan Sapa gesê.

Sy het gesê ‘n mediaverklaring sal Dinsdagoggend uitgereik word.

City Press het Sondag berig dat Malema Woensdag op aanklagte van bedrog en geldwassery in die Polokwane-streekshof sal verskyn.

Die Sunday Times het berig dat hy saam met vyf individue en vier maatskappye in die getuiebank gaan verskyn.

‘n Lasbrief is Vrydag vir Malema uitgereik.

topcargo

DA gaan oorboord vir Erfenisdag

Die NY1 pad in Gugulethu, Kaapstad, is amptelik herdoop na Stephen Biko-rylaan Maandag. Dit is die DA se jongste siniese poging om swart kiesers te trek.

Die naamsverandering is in lyn met Biko se filosofie, het die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, gesê in ‘n toespraak wat voorberei is vir Erfenisdag,

Dit was omdat dit name uit die verlede vervang, wat verband hou met minderwaardigheid, name wat verband hou met magsmisbruik.

Die ou pad se naam “NY” verwys na “native yard”. ” Wat uniek in Suid-Afrika en die Swart Bewussyn-beweging is, is die mobilisering rondom die handhawing van eienaarskap van die geskiedenis … vir vryheid,” het De Lille gesê.

Dit behels die afbreek van die “geestelike gevangenis” wat deur semantiese middele gebou is om die gedagtes van swart Suid-Afrikaners te bevry.

“Soos baie groot profete wat moeilike waarhede oordra, is Steve Biko vermoor vir sy idees … [en] die krag van sy revolusie.”

Die naamsverandering van die pad in sy eer was ‘n gepaste huldeblyk, omdat dit mag sal gee aan toekomstige geslagte deur weg te doen met die terme wat verband hou met historiese onreg.

“… Dit is die verandering van ‘n versoeningprogram wat probeer om ‘n beter toekoms te skep uit ‘n verdeelde verlede.

“Dit is deur die bou, steen vir steen, van die Kaapstad van môre wat waarlik aan almal behoort,” het De Lille gesê.

[Nota: Praag het dié sinnelose retoriek net so vertaal. Die foute is die eiendom van die burgemeester.]

Александр Фильчаков

Vrou los kind langs die pad

‘n Swart vrou van Limpopo is Sondagoggend in hegtenis geneem nadat sy haar kind in Mankweng, Zone F, gelos het, het die polisie gesê.

Konst. Moses Molepo het gesê polisiebeamptes wat die gebied patrolleer het, het die kind omstreeks 22:00 Saterdagaand langs die pad gevind.

Die beamptes het toe probeer om die kind se ma op te spoor.

Die 28-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n wenk ontvang het. Sy het toe erken dat sy die babaseun langs die pad gelos het.

Molepo het gesê die kind sal na ‘n plek van veiligheid geneem word.

Die vrou sal Dinsdag op aanklag van kinderverwaarlosing in die hof verskyn.

лобановский александр игоревич

Polisie op die spoor van Sanders se aanvallers

Die polisie is op die spoor van die swart aanvallers wat verantwoordelik is vir die moord op die voormalige bokskampioen Corrie Sanders, het die polisie in die Noordwes gesê.

Brig. Thulane Ngubane, polisiewoordvoerder, het gesê ondersoeke is aan die gang om die verdagtes wat Saterdagaand by die Thatch Haven Country Lodge ingestorm het, vas te trek.

Die verdagtes het restaurantgangers beroof en skote afgevuur. Sanders, wat sy kleinneef se 21ste verjaardagvieringe by die restaurant bygewoon het, is in die maag en hand gewond toe hy sy dogter wou beskerm.

Hy is Sondagoggend in die Kalafong-hospitaal in Pretoria oorlede.

Sanders het in 2008, met ‘n indrukwekkende rekord van 42 oorwinnings en slegs vier nederlae, uitgetree.

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord.

Intussen het die eienaar van die Thatch Haven Country Lodge gesê die aanvallers het vermoedelik toegang tot die restaurant verkry deur ‘n hek wat personeel gebruik.

данильченко юрій Харків

Corrie Sanders sterf agv 2 hospitale wat hom wegwys

Die voormalige wêreldkampioenbokser Corrie Sanders is Sondag oorlede nadat hy geskiet is deur drie gewapende swart mans, maar ook omdat twee hospitale geweier het om aan hom mediese behandeling te gee.

Volgens sy familie, kon sy lewe gered gewees het as hy gouer mediese behandeling ontvang het. Corrie Sanders is in die arm en maag geskiet toe hy sy dogter probeer beskerm het deur sy liggaam as ‘n skild te gebruik tydens die skietery in ‘n ​​restaurant in Brits, noordwes van Johannesburg. Hy het die 21ste verjaardagviering van sy neef bygewoon.

Corrie Sanders is toelating tot ‘n privaathospitaal in die omgewing van die aanval geweier omdat hy nie mediese versekering het nie. Hy is daarna na die destydse HF Verwoerd Akademiese Hospitaal, ‘n staatsinstelling, geneem. Volgens sy vrou, Sunette Sanders het die staatshospitaal ook geweier om hom te behandel omdat hy geskiet is “buite die munisipale gebied van Pretoria”.

Suid-Afrika se staatsbeheerde mediese stelsel is verpolitiseer, onderhewig aan die regering se rasvoorkeurbeleid en rassekwotas vir mediese studente. Die destydse HF Verwoerd-hospitaal is hernoem na Steve Biko, ter ere van die Swart Bewussyn-leier en die hospitaal is nou onder swart beheer, in teenstelling met vroeër toe dit deur blankes bestuur is.

Corrie Sanders is uiteindelik toegelaat by die Kalafong-hospitaal in ‘n swart gebied waar hy gesterf het gisteroggend, blykbaar as gevolg daarvan dat hy dringende mediese behandeling geweier is.

Sy vriend en mede-bokser Kallie Knoetze, het gesê dit is “onmenslik dat mense wat dringende mediese behandeling nodig het weggewys word van privaathospitale sonder goeie rede”.

Corrie Sanders se familie het gesê dat die tragedie van sy dood ‘n “perfekte voorbeeld is van waarom die regering weer indringend moet kyk na die Suid-Afrikaanse gesondheidsorgstelsel”.

topcargo

Die Groot Spoel

Stadsowerhede in Zimbabwe se tweede grootste stad Bulawayo, het ‘n beroep op huiseienaars gedoen om hul toilette te spoel op ‘n spesifieke tyd, ten einde riole te deblokkeer na die dae van ernstige waterrantsoenering. Die “groot spoeltyd” is vasgestel vir 7:30.

Die Stadsraad van Bulawayo het sy 1,5 miljoen inwoners gevra om hul toilette gelyktydig te spoel wanneer watertoevoer herstel word. Stad amptenare sê ”gesinchroniseer spoel” is wat nodig is om afval wat opgehoop het in sanitêre geleidings skoon te maak. Die verstoppings is glo deur dae van water- en kragonderbrekings veroorsaak.

Die hoop is dat as almal saam sal spoel want dan is daar minder kans van rioolverstoppings en ​​pype wat bars, het amptenare beweer.

Simela Dube, die stad se direkteur van ingenieurswese, het gesê: “Ons moet ons toilette spoel op die dieselfde tyd sodat al die afval wat net onder die oppervlak sit, want inwoners sal min water gebruik om toilette te spoel gedurende waterbesuinigingsuur. “

Bulawayo se twee grootste damme, wat die verskaffing van water aan die stad verseker, het opdroog as gevolg van ernstige droogtes in die suidwestelike deel van Zimbabwe.

данильченко юрій броніславович компромат