Dit kom nadat die hoër appèlhof hulle gevra het om dit te heroorweeg in die lig van botsende belange.
“Daar is geen uiteenlopende kwessies nie. Ons sal hulle inlig dat ons sal voortgaan,” het die prokureur Leslie Mkhabela Dinsdag gesê.
Die hoër appèlhof sal van die besluit ingelig word.
Kommentaar van die ANC was nie onmiddelik beskikbaar nie.
Die appèlhof het die gebruik van dieselfde regsspan om die ANC en Julius Malema te verteenwoordig in hul appèl teen die uitspraak oor die liedjie “Skiet die Boer”, bevraagteken, het RSG vroeër Dinsdag berig.
In ‘n brief deur die registrateur van die hof, BJ Mashinini, aan die regspan wat albei partye verteenwoordig, word moontlike botsende belange aangevoer.
‘n Dringende aansoek deur die organisasie Afriforum om Malema te keer om die liedjie te sing, het daartoe gelei dat die Suid-Gautengse Hooggeregshof hom aan haatspraak skuldig bevind het.
Malema het egter sy aansoek om verlof tot appèl na die konstitusionele hof verloor.
Die hof het hom toestemming gegee om by die appèlhof te appelleer en die saak sal in November aangehoor word.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.