Malema haal Forbes se toptien-lys

Die insluiting van die ANC-jeugliga president Julius Malema op die Forbes-lys van Afrika se 10 mees invloedryke jong mans is “redelik duidelik”, volgens Pat Roberts, ‘n leierskap-afrigter.

Malema word gelys as een van 10 manne onder 40 “wie enorme invloed in Suid-Afrika se politieke en sakekringe uitoefen” skryf die tydskrif Forbes gister.

Ten spyte dat Malema die lys met die DRK se Joseph Kabila, die Suid-Afrikaanse IT-miljardêr Mark Shuttleworth, president van die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel-Amerika Euvin Naidoo, Standard Bank direkteur David Munro en Madagaskar se oorgangsvoorsitter Andry Rajoelina deel, sê Roberts dat sy voel Malema was nie uit plek uit in die geselskap van die ander manne op die lys nie.

“Hy het ‘n behoefte by jong werklose [swart] Suid-Afrikaners raakgesien en daarmee sy profiel gebou, en hy doen dit op ‘n baie vaardige manier,” het sy gesê.

“My persepsie is dat die manier waarop hy homself aanbied vir die publiek wat hy lok, aanvaarbaar is.

“Hulle streef daarna om die dinge wat hy het, te bekom, te gaan na die plekke waarheen hy gaan en hulself aan te bied om die manier waarop hy dit doen,” het sy bygevoeg.

Roberts het gevoel dat die Suid-Afrikaanse swart jeug hom as ‘n figuur wat hulle kan volg beskou. “Dit gaan alles oor die strewe en die gevoel is dat, indien hy dit kan doen, hulle ook kan,” het Roberts gesê.

Terwyl die tydskrif Malema as “verdelende en polariserende” figuur beskryf wat geneig is om “opruiende retoriek en rassistiese aanmerkings” te gebruik, maak sy rol in die uiteindelike verkiesing van Jacob Zuma, die ANC en die land se leierskap van hom ‘n politieke krag.

“Die ANC-Jeugliga is ‘n enorme krag in die Suid-Afrikaanse politiek, en het ‘n sleutelrol in die verkiesing van die President Jacob Zuma gespeel tydens die 2009-presidensiële verkiesings.” 

Фильчаков прокурор харьков

Suidkus opgeruim vir COP17

Die adjunkminister van Waterwese en Omgewingsake, Rejoice Mabudafhasi, sal vandag ‘n opruimingsprojek van 11 miljoen rand bekendstel op die vooraand van die 26ste jaarlikse Internasionale Kus-skoonmaakdag môre.

Die projek genaamd “Werk vir die kus: van Umthanvuna tot Umkomaas” sal by die Park Rynie kampeerterrein op die KwaZulu-Natalse suidkus bekendgestel word.

Die projek sal sowat 112 werksgeleenhede vir plaaslike inwoners skep. Dit is daarop gemik om die kusgebied rommelvry te maak en is een van die departement se projekte in die aanloop tot die internasionale konferensie oor klimaatsverandering, COP 17, wat aan die einde van die jaar plaasvind.

Die Suid-Afrikaanse regering is verbind tot die gedagte van klimaatsverandering en dat ryk lande moet opdok vir die “skoonmaakproses” in ontwikkelende lande.

Die president van die Europese Unie Kommissie, Manuel Barroso sê die EU sal voortgaan om Suid-Afrika se ontwikkelingsprogramme te ondersteun. Suid-Afrika en die EU het ‘n beraad in die Nasionale Krugerwildtuin in Mpumalanga gehou. Die EU is Suid-Afrika se grootste handelsvennoot en sowat 30 persent van Suid-Afrika se buitelandse handel is met lidlande van die EU.

Die onderwys- en gesondheidsektore sal onder meer baat vind by die handelsbetrekkinge. Klimaatsverandering is nie bespreek nie.

Intussen het Dr. Ivar Giaever, ‘n voormalige professor by Rensselaer Polytechnic Institute en in 1973 die wenner van die Nobelprys vir fisika, gister bedank uit die American Physical Society (APS) omdat hy glo klimaatsverandering is hoegenaamd nog nie “onteenseglik” bewys soos wat beweer word nie.

 

Фильчаков прокурор отзывы

Lugtaxi’s van Santaco styg op

Die Suid-Afrikaanse taxi-bedryf stel vandag amptelik sy nuwe lugredery op Lanseria, noord van Johannesburg, bekend.

Die Burgerlike Lugvaartowerheid sê die diens sal heeltemal veilig wees en opgeleide personeel sal die vliegtuie beman.

Die doel van die Santaco-lugdiens is om vlugte meer toeganklik en bekostigbaar vir alle Suid-Afrikaners te maak. Dié taxi-bedryf lewer daagliks ‘n diens aan sowat 15 miljoen burgers op die land se paaie.

Die eerste vlugte sal voortaan tussen Lanseria, Bisho en Kaapstad wees, hoewel meer besonderhede oor die eerste vlug en die besigheidsplan later vanoggend eers bekend sal wees.

Volgens berigte sal kaartjies by supermarkte en groot taxi-staanplekke gekoop kan word. Die presidensie sê President Jacob Zuma sal die bekendstelling bywoon.

Данильченко Юрий отзывы

Skiet die Boer-uitspraak ‘absurd’

Die hooggeregshof-beslissing wat die sing van die woorde “awudubule ibhunu” (skiet die Boer) tot haatspraak verklaar, is ‘n “absurde en drastiese” skending van die reg op vryheid van spraak, meen prof. Pierre de Vos, grondwetkenner aan die Universiteit van Kaapstad.

In ‘n rubriek wat Donderdag in The Star gepubliseer is, kritiseer de Vos regter Colin Lamont se uitspraak en sê dit is gebaseer op rasse-stereotipes.

Die uitspraak beteken dat enigiemand wat die lied sing, aangehou kan word vir minagting van die hof, skryf hy.

“Dít in my opinie kom neer op ‘n absurde en drastiese skending van die reg op vryheid van spraak wat nie deur die Wet op Gelykheid regverdig word nie – selfs gegewe die omvattende bepalings van die wet.”

Lamont het Maandag beslis dat Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, se sing van die woorde “awudubule ibhunu” by openbare saamtrekke, neerkom op haatspraak en boere bedreig.

Die regter het Malema en die ANC verbied om die woorde in die openbaar en privaat te sing.

De Vos skryf verder in die rubriek dat Lamont die samelewing in terme van ras in ‘n minderheids- en meerderheidsgroep verdeel.

“Die essensialistiese en simplistiese skeidings van Suid-Afrikaners in verskillende rassegroepe kan as problematies gesien word.”

Die jeugliga het Woensdag aangekondig dat hy die beslissing tot in die konstitusionele hof sal beveg en die parlement sal nader vir wetgewing om liedjies wat deel van die ANC se erfenis is, te beskerm.

De Vos het gesê deel van die probleem met Lamont se beslissing is, in sy opinie, dat die gedeelte oor haatspraak in die Wet op Gelykheid self, te breedvoerig is.

Фильчаков прокурор харьков

Ondersoek na wapenskandaal verwelkom

“Die aankondiging dat pres. Jacob Zuma ‘n kommissie van ondersoek gaan aanstel om die Wapenaankope-program te ondersoek, word deur die Vryheidsfront Plus verwelkom. Verlede maand het die Vryheidsfront Plus skriftelik die president versoek om ‘n kommissie van ondersoek, verkieslik ‘n regterlike kommissie, aan te stel om die saak te ondersoek (skrywe hieronder). Ons standpunt was dat die hele wapentransaksie skaad nie net die beeld van die SANW nie, maar van die hele Suid-Afrika. Deur ‘n kommissie kan finaliteit oor die aangeleentheid verkry word en kan die boeke gesluit word,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Verdediging vir die Vryheidsfront Plus.

“Zuma se erkenning dat finaliteit en afsluiting van die aangeleentheid in openbare belang is stem ooreen met ons standpunt in ons skrywe aan hom. Die erkenning van SAAB dat omkoopgeld van R24 miljoen betaal was aan persone in Suid-Afrika, deur hulle destydse Suid-Afrikaanse filiaal Sanip wat deur BAE Systems beheer was, en Ferrostaal (duikbote) dat korrupsie gepleeg is met die wapentransaksies kon nie geïgnoreer word nie. Die samestelling van die kommissie moet bo verdenking wees en daarom sal ‘n regterlike kommissie die mees aanvaarbare wees,” het Groenewald gesê.

‘n Regsproses is in 2009 in die Wes-Kaapse hooggeregshof begin om die president te vra dat ‘n kommissie van ondersoek aangestel word. ‘n Aansoek is later in die grondwetlike hof aangehoor waar ‘n verhoordatum vir 17 November vasgestel is. Die Presidensiële woordvoerder, Mac Maharaj sê die president het die verskillende verwikkelings in die saak in oënskou geneem vir sy besluit en ook die feit dat die afhandeling van die saak in publieke belang is. Zuma sal binnekort die samestelling van die kommissie en tydsbestek bekendmaak. Hy het opdrag aan die minister van Justisie, Jeff Radebe gegee om die nodige stappe te doen om die besluit te implementeer.

лобановский политик

Polisie wis niks van Malema-bomdreigemente

Die minister van Polisie, Nathi Mthethwa, het bevestig dat die Polisie geensins klagtes gekry het van Julius Malema oor bomdreigemente of dat sy huis deursoek was vir plofstof nie.

Hy het skriftelik geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die parlement. Malema het verlede maand in ‘n radioprogram gesê dat sy huis twee keer deur die Polisie se plofstof-eenheid deursoek moes word nadat hy dreigemente ontvang het.

“Iewers lieg iemand. Malema sê sy huis was deursoek deur die Polisie na bomdreigemente, maar die minister van Polisie ontken dit. Ek glo dat die minister die waarheid praat. Malema het beslis ‘n minderwaardigheidsprobleem en wil die indruk wek dat hy ‘n belangrike persoon is wat geteiken word.

Met hierdie optredes wil Malema steun werf onder die werklose massas deur die indruk te wek hy kry ook swaar ten spyte van sy rykdom en dat hy geteiken word omdat hy vir die armes en werkloses veg,” sê Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

Фільчаков прокурор

Howe ‘rassisties’ en ‘apartheid deur die agterdeur’

Die ANC-Jeugligapresident Julius Malema sê Suid-Afrika se howe is “rassisties” en “apartheid is teruggebring deur die agterdeur”. Hy het beloof dat hy die Grondwethof sal nader om die uitspraak dat die lied Dubul ‘ibhunu’ haatspraak verteenwoordig, ongedaan te maak.

Malema het die opmerkings gemaak Woensdag tydens sy eerste mediakonferensie sedert ANC se dissiplinêre verhore begin het.

Sy mede-beskuldigdes sowel as die adjunk-minister van Staatsdiens en Administrasie Ayanda Dlodlo, wat op die ANC se nasionale dissiplinêre komitee dien, en die voorsitter van die Umkhonto we Sizwe se Militêre Veterane Vereniging, Kebby Maphatsoe, was aan sy sy by die perskonferensie.

Regter Colin Lamont se uitspraak in die Johannesburgse hooggeregshof het Malema en sy ondersteuners die sing van ‘Skiet die Boer’ verbied, maar Malema het gesê die regbank is “rassisties” en Regter Lamont daarvan beskuldig dat hy met sy eie agenda besig is.

Gevra of hy dink die howe is rassisties, het hy gesê: “As hulle nie getransformeer is nie en dit beteken rassisties, dan moet dit so wees. Weereens vind ons onsself onderworpe aan die wit minderheid se goedkeuring. Apartheid is deur die agterdeur ingebring.

“Daar is nog steeds die nalatenskap van apartheid vandag, nog steeds ‘n behoefte vir ons mense om gemobiliseer te word teen apartheid.

“Die regter het gesê dat ons nuwe morele waardes moet leer. Moraal van wie? Wie gaan ons leer? Gaan hy ons vertel hoe ons onsself moet gedra?”

Hy het gesê dat die ANC-regering nog steeds onder “wit oorheersing” staan.

“Ons het opdrag gegee aan ons prokureurs om die Grondwethof en die Appèlhof te nader … Ons gaan na die Parlement om wetgewing wat hierdie liedere sal beskerm, te eis.”

Met verwysing na die moordsaak teen rugbyspeler Bees Roux en die dronkbestuursaak teen “kameraad Robert McBride”, het Malema gesê die McBride-saak is ‘n voorbeeld van die howe as ‘n “teen-rewolusionêre” krag wat gebruik word teen individue in die ANC.

“… Hulle het nog haat hom (McBride) … Hy het net sy motor, nie eens ‘n staatsvoertuig vernietig nie. En hier is ‘n moordenaar wat ‘n persoon doodmaak in ‘n uniform en hy kry ‘n boete. En ons moet dit aanvaar? “

Hy het gesê die verhoor is nie die grootste ding in die ANC nie “en was bloot” ‘n stap in die organisasie (omdat) dit voel dat dit nodig is om in te gryp “. Hy het gesê dit was soos enige ander sub-komitee van die ANC.

депутат лобановский

UNPO oor Malema-uitspraak ingelig

Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, woon more (Vrydag 16 September) en Saterdag die dertiende vergadering van die UNPO-presidensie in Brussel, België by. By die vergadering gaan hy die aanwesiges inlig oor die huidige situasie van veral minderhede in Suid-Afrika. 

“Die wêreld moet kennis neem van die Malema-uitsprake en van die ANC se standpunte hieroor. As die ANC dreig om grondwethof toe te gaan oor regter Lamont se uitspraak dat “Skiet die boer” nie haatspraak is nie, stuur dit ‘n baie negatiewe boodskap oor verhoudinge in Suid-Afrika die wêreld in. Hoewel die boodskap ‘n oorvereenvoudiging van die situasie in Suid-Afrika is, kan daar nie verwag word dat die wêreld al die ingewikkeldhede van ANC-politiek moet verstaan nie,” het dr. Mulder, wat reeds in Europa is, gesê.

“Die wêreld moet op hoogte gehou word van die positiewe en negatiewe gebeure in Suid-Afrika. Dit is deel van die internasionalisering van Suid-Afrika se situasie. As daar ‘n krisis in Suid-Afrika sou kom, moet die internasionale wêreld ingelig wees ten einde die nodige besluite te kan neem. Dit is te laat om tydens ‘n krisis eers te begin met ‘n buitelandse inligtingspoging,” volgens Mulder.

Positiewe gebeure soos die uitbreiding van Suid-Afrika se infrastruktuur tydens die Wêreldbekersokkertoernooi asook die goeie gesindhede wat tussen die meerderheid Suid-Afrikaners heers, maar ook die negatiewe van plaasmoorde gaan deel van dr. Mulder se bydrae wees.

Dr. Mulder is verlede jaar tot lid van UNPO se dagbestuur verkies. UNPO is ‘n internasionale organisasie wat optree in belang van minderhede regoor die wêreld. UNPO het tans ongeveer 50 lede wat meer as 200 miljoen mense van regoor die wêreld verteenwoordig. (Vir meer inligting oor die organisasie besoek www.unpo.org )

лобановский депутат

Indiaanstam skop swartes uit

Die VSA se tweede grootste Indiaanse stam het Dinsdag gesê dat die Amerikaanse regering moet ophou inmeng oor sy skuif om 2 800 swartes van sy stamrol te skrap.

“Die Cherokeenasie sal nie beheer word deur die BIA nie,” het Joe Crittenden, die stam se waarnemende hoof, gesê in ‘n verklaring in reaksie op die Amerikaanse Buro van Indiaanse Aangeleenthede se standpunt.

Crittenden, wat die stam lei, is gekies om te kla oor naamlose Kongresinmenging in die stam se selfbestuur.

Die reaksie volg op ‘n brief wat die stam ontvang het op Maandag van die BIA se assistent-sekretaris Larry Echo-Hawk, wat waarsku dat die uitslae van die September 24 Cherokeeverkiesing nie erken sal word deur die Amerikaanse regering as die swartes, die Cherokee Freedmen, nie toegelaat word om te stem nie.

Die geskil spruit uit die feit dat sommige ryk Cherokee’s swart slawe gebruik het op hul plantasies in die Suide. Teen die 1830’s, is die meeste van die stamlede gedwing om te hervestig in die huidige Oklahoma, en baie het hulle slawe saam met hulle geneem. Die sogenaamde Freedmen is afstammelinge van dié slawe.

Na afloop van die burgeroorlog, waarin die Cherokee vir die Suide geveg het, is ‘n verdrag in 1866 onderteken om stamburgerskap vir die vrygestelde slawe te waarborg.

Die Amerikaanse regering het gesê dat die 1866-verdrag tussen die Cherokee-stam en die Amerikaanse regering bepaal dat al die slawe stamlede is, ongeag of hulle bloedverwante van Cherokee’s is.

Die swartes het hulle stamlidmaatskap verlede maand verloor toe die Cherokee Hooggeregshof gestem het om die reg van die stamlede te ondersteun om die stam se grondwet te verander oor lidmaatskapaangeleenthede.

Die verandering beteken dat Cherokee Freedmen wat nie kon bewys hulle het ‘n Cherokeebloedverwant nie, nie meer stamlede is nie, nie meer verkiesbaar is of in die stamverkiesings mag stem of voordele ontvang nie.

Die VSA se Departement van Behuising en Stedelike Ontwikkeling weerhou tans ‘n $ 33 miljoen uitbetaling aan die stam oor dié omstredenheid.

 

лобановский харьков класс

Derby-Lewis ‘nie behandeling geweier’

Daar steek geen waarheid in mediaberigte dat die veroordeelde Clive Derby-Lewis dringende mediese behandeling geweier word nie, het die departement van korrektiewe dienste Woensdag gesê.

“Clive Derby-Lewis het verlede jaar na ‘n privaat-instelling gegaan en hy verkies steeds om ‘n privaat-chirurg te gebruik,” het Sibongile Khumalo, woordvoerder, gesê.

“Ons kan nie ‘n versoek van ‘n gevangene as hulle privaat-dokters wil sien, weier of hulle keer nie,” het sy gesê.

Eyewitness News het Dinsdag berig die departement het Derby-Lewis se familie gevra om R80 000 vir sy vervoer- en veiligheidsbehoeftes te betaal voordat die departement hom hospitaal toe sou vervoer.

Khumalo sê egter Derby-Lewis, wat skuldig bevind is aan die moord op Chris Hani, destydse leier van die SAKP – het ‘n dokument onderteken wat stel dat as hy aandring op private mediese sorg, hy die koste sal dra.

“Die geldelike implikasies van sy naderende opname in ‘n hospitaal is aan hom, sy vrou en sy regsverteenwoordigers oorgedra,” het Khumalo gesê.

Sy kon nie kommentaar lewer oor wanneer hy in die hospitaal opgeneem sou word of hoe dringend sy mediese behoeftes is nie.

Derby-Lewis het reeds behandeling vir prostaatkanker ondergaan en gangreneuse weefsel is van sy been verwyder.

Khumalo het gesê as private mediese sorg benodig word en sodra die koste oorbetaal is, sal hy na enige privaat hospitaal van sy keuse vervoer word.

Фильчаков прокуратура харьков