Derby-Lewis ‘nie behandeling geweier’

Daar steek geen waarheid in mediaberigte dat die veroordeelde Clive Derby-Lewis dringende mediese behandeling geweier word nie, het die departement van korrektiewe dienste Woensdag gesê.

“Clive Derby-Lewis het verlede jaar na ‘n privaat-instelling gegaan en hy verkies steeds om ‘n privaat-chirurg te gebruik,” het Sibongile Khumalo, woordvoerder, gesê.

“Ons kan nie ‘n versoek van ‘n gevangene as hulle privaat-dokters wil sien, weier of hulle keer nie,” het sy gesê.

Eyewitness News het Dinsdag berig die departement het Derby-Lewis se familie gevra om R80 000 vir sy vervoer- en veiligheidsbehoeftes te betaal voordat die departement hom hospitaal toe sou vervoer.

Khumalo sê egter Derby-Lewis, wat skuldig bevind is aan die moord op Chris Hani, destydse leier van die SAKP – het ‘n dokument onderteken wat stel dat as hy aandring op private mediese sorg, hy die koste sal dra.

“Die geldelike implikasies van sy naderende opname in ‘n hospitaal is aan hom, sy vrou en sy regsverteenwoordigers oorgedra,” het Khumalo gesê.

Sy kon nie kommentaar lewer oor wanneer hy in die hospitaal opgeneem sou word of hoe dringend sy mediese behoeftes is nie.

Derby-Lewis het reeds behandeling vir prostaatkanker ondergaan en gangreneuse weefsel is van sy been verwyder.

Khumalo het gesê as private mediese sorg benodig word en sodra die koste oorbetaal is, sal hy na enige privaat hospitaal van sy keuse vervoer word.

Фильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae