Spioenasie getransformeer sê CIA-direkteur

Wanneer mense ‘n film aflaai of inskakel op die webradio, kan hulle afgeloer word en die afloerders sal presies weet wat hulle doen en waar hulle is.

Spioene sal nie meer afluisterapparaat in jou huis hoef te plant nie. Die opkoms van “aanlyn-beheer” deur apps sal beteken dat mense self hul eie huise bedraad vir spioenasie, sê CIA-direkteur, David Petraeus.

Die CIA beweer dat hulle in staat is om vanaf hierdie toestelle via die internet te weet wat aangaan en dalk selfs via radiogolwe van buite die huis.

Generaal David Petraeus, voormalige hoof van die geallieerde magte in Afghanistan, is ingesweer as die nuwe direkteur van die CIA op 6 September 2011.

Alles van afstandbeheerders tot radiowekkers kan nou beheer word via apps, en die elekroniese skyfievervaardiger ARM het onlangs hul goedkoper mikroskyfies wat in alles van yskaste en stowe tot deurklokkies gebruik word, onthul.

Aanlynbeheertegnologie sal die CIA in staat stel om mense te lees soos ‘n boek, sê CIA-direkteur David Petraeus, volgens ‘n onlangse verslag deur Wired se “Danger Room”-blog.

Petraeus sê aanlynbeheertegnologie het die kuns van spioenasie “getransformeer”, sodat spioene mense outomaties kan monitor sonder om tegnologie te installeer, in te breek en die risiko van betreding te loop. Selfs nie die aantrek van ‘n tuxedo om ‘n partytjie te infiltreer, is meer nodig nie.

“‘Transformasie’ is ‘n woord wat baie gebruik word, maar ek glo dat dit baie van toepassing is op hierdie tegnologie,” het Petraeus gesê.

“Veral die uitwerking daarvan op klandestiene inligtingsversameling. Items van belang sal ondersoek word, geïdentifiseer word, gemonitor, en afstandbeheer word deur middel van tegnologie soos radiofrekwensie-identifikasie, sensornetwerke, klein ingeboude bedieners, en energiestropers gedoen. Dit alles is moontlik danksy die volgende generasie internet met behulp van ‘n oorvloed lae-koste en hoë-energie rekenaars. “

Petraeus het gepraat by ‘n waagkapitaalmaatskappy oor die nuwe tegnologie wat daarop gemik is om verwerkers en webverbindings in “dom” huishoudelike toestelle soos yskaste, oonde en beligting te gebruik.

Hierdie week, het een van die wêreld se grootste mikroskyfiemaatskappye, ARM, ‘n nuwe verwerker bekendgestel, gebou om in wit goedere te werk.

Die ARM-skyfies is kleiner, laer-aangedrewe en baie goedkoper as die vorige verwerkers. Hulle is ontwerp om die internet toegang te gee tot byna elke soort elektriese toestel .

Dit blyk dat die gevaar van rekenaars nie hulle kunsmatige intelligensie is nie, maar wel die inligting wat hulle oor ons “lek”.

Futuriste maan dat aanlyntoestelle die internet sal vertel waar jy is en wat jy doen ten alle tye. Dit sal gekarteer word deur rekenaars mbv Google Maps.

Groepe wat privaatheid monitor soos die Electronic Frontier Foundation het reeds gewaarsku dat ligginggewingsdata misbruik kan word.

Александр Фильчаков

Vloot gaan ‘hulpbronne’ bewaak

Die SA Vloot gaan die land se kuslyn patrolleer om mariene hulpbronne te beskerm, volgens ‘n berig Maandag.

Minister van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-Pettersson, het hierdie moontlikheid bespreek met haar verdedigingseweknie Lindiwe Sisulu, volgens die Cape Times.

Met ‘n ooreenkoms wat in beginsel bereik is, sal die saak verder geneem word deur die landbou-direkteur-generaal Langa Zita en vise-admiraal Refiloe Johannes Mudimu.

Smit Amandla Marine sou die kuslyn patrolleer het tot aan die einde van die maand, wanneer sy kontrak verstryk.

Joemat-Pettersson het in November aangekondig dat Sekunjalo Investments Bpk se kontrak van R800 miljoen toegeken is om mariene patrollievaartuie in staatsbesit in stand te hou. Die kontrak is later teruggetrek en word tans ondersoek deur die Openbare Beskermer Thuli Madonsela.

Die landbou-departement se woordvoerder Selby Bokaba het aan die koerant gesê dat die bedrywighede egter sal voortgaan vanaf 1 April.

“Die enigste verskil is dat die vaartuie wat besit word deur die departement, nie beman sal word deur Smit Amandla Marine nie. Daar sal nie ‘n vakuum wees nie.”

Suid-Afrika is die enigste land in die gebied wat oor die nodige middele beskik om die seerower-gevaar in die Indiese Oseaan die hoof te kan bied.

Vise-adm. Johannes Mudimu, hoof van die Suid-Afrikaanse vloot, het vroeër gesê Suider-Afrikaanse vennote “het net nie die bates om hiermee te kan help nie”.

Suid-Afrika is deel van ‘n streektaakspan, wat Mosambiek en Tanzanië insluit, wat seerowery langs die kus bekamp.

Seerowery hetverder suid van Somalië uitgebrei soos internasionale taakspanne hul slaankrag om dié land verhoog het.

 

Фильчаков прокуратура харьков

Rassistiese twieter vasgevat

Die Britte, wat voorheen ‘n spierwit epaaier bestuur het waar selfs Afrikaners nie “wit” genoeg geag is nie, wil die wêreld evangeliseer oor rassegelykheid.

‘n Man is in hegtenis geneem omdat hy glo ‘n rassistiese twiet oor ‘n swart sokkerspeler wat by ‘n wedstryd inmekaargesak het, uitgestuur het.

Bolton Wanderers se Fabrice Muamba het tydens hul FA Cup kwart-finaal by die White Hart Lane in London op 17 Maart 2012 in duie gestort.

Die wedstryd is laat vaar nadat Muamba in die stryd teen Tottenham Hotspurs ineengesak het.

Terwyl Muamba veg om sy lewe in die hospitaal na ‘n hartstilstand, het die Suid-Wallis-polisie gesê ‘n man wat na bewering ras-aanstootlike opmerkings gemaak het, word in Swansea-Sentraal aangehou.

Die polisie sê ‘n 21-jarige man van Suid-Wallis is vroeër Sondag vasgetrek.

Voormalige sokkerspeler Stan Collymore het volgelinge Saterdag op TV versoek nie rassistiese kommentaar oor Muamba of enige swarte te twiet nie en sulke twiete dadelik aan die polisie te rapporteer.

данильченко юрій броніславович компромат

Malema kap ‘magsdronk’ ANC

Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, het Sondag “magsdronk” ANC-leiers wat hul kiesers minag, gekritiseer.

Malema het gesê sommige leiers het arrogant geraak weens die mag wat die massas aan hulle gee. Hy het gewaarsku teen nog ‘n Polokwane-verkiesingskonferensie, wat gelei het daartoe dar Thabo Mbeki moes uittree as president.

“Moet nooit die massas een voor wees nie,” het Malema aan ‘n jubelende skare jeugdiges in Kimberley gesê. Baie van hulle was uitgedos in die nuwe drag vir ekonomiese vryheidsvegters, naamlik ‘n swart beret.

Voordat Malema die skare toegespreek het, het Shadrack Tlhaole, voorsitter van die ANCYL in die Noord-Kaap, Kgalema Motlanthe as leier en Fikile Mbalula as sekretaris-generaal van die ANC gesalueer.

Tlhaole het Jacob Zuma, ANC-president, gevra om nie in die openbaar kommentaar te lewer oor die dissiplinêre prosesse van Malema en ander Jeugliga-leiers nie.

Die provinsiale voorsitter van die ANC, John Block, is ook by die “saamtrek vir ekonomiese vryheid” verwelkom. Block is, ten spyte van sy wit naam, ‘n swartman.

Block het gesê die ANCYL is ‘n wettige organisasie van die ANC en is nie verban nie.

“Die ANC moet nie weghardloop vir die ANC-Jeugliga nie.”

Malema het die ANC-strukture in die provinsie geprys vir hoe hulle die beleërde Block ondersteun. Block word ondersoek vir bedrog.

“Die dae is nou donker en die vriende is min,” het Malema gesê. “Julle stuur ‘n sterk boodskap van vertroue aan die res uit deur nie weg te hardloop van Block af nie.”

Malema het Block en die provinsiale ANC-leierskap ook geprys daarvoor dat hulle nie bang is vir “politieke melaatsheid” nie, deurdat hulle ondersteuning getoon het by Sondag se vergadering.

Malema het gesê die ANC is gevorm vir ekonomiese vryheid weens grondonteiening deur “setlaars”.

“Die res [stemreg] het na die tyd gekom, maar fundamenteel het dit gegaan oor ekonomiese vryheid en die eenheid van swartes.”

Met verwysing na die ANC se dissiplinêre optrede teen hom en ander Jeugliga-leiers het Malema gesê die ANC kan nie sy kinders straf omdat hulle aktief is nie.

Hy het gesê wanneer ‘n kind “deurmekaar” is, moet die ouer hom of haar help.

“Ons kritiseer die ANC, ons kritiseer onsself en niemand moet dit persoonlik opneem nie.”

Oor werkloosheid het Malema gesê die jeug het ‘n verantwoordelikheid om die ANC weer in lyn met die Vryheidsmanifes te bring.

Hy het gesê die jeug moet veg vir die nasionalisering van myne en die onteiening van grond sonder vergoeding.

“Alle revolusionêre liedjies praat oor grond, nie oor blou ligte nie.”

Shadrack Tlhaole, voorsitter van die ANC-jeugliga in die Noord-Kaap, het vroeër met burgeroorlog en moord gedreig as iemand aan Malema raak.

Tlhaole is lid van die jeugliga se nasionale uitvoerende komitee en dien in die Noord-Kaapse uitvoerende komitee van die ANC.

Tlhaole het die umKhonto weSizwe-veteranevereniging (MKVA) in KwaZulu-Natal gekap omdat hulle Woensdag gesê het Malema sou voor ‘n vuurpeloton gesterf het in die struggle-dae.

Tlhaole het met burgeroorlog in antwoord daarop gedreig. “As dít gebeur, sal die hele Suid-Afrika daarvoor vergelding vra. Hulle soek ‘n burgeroorlog.”

Tlhaole sê die jeugliga in die hele Suid-Afrika steun Malema. Hy het pres. Jacob Zuma se uitlatings verlede week dat die jeugliga ‘n nuwe leier moet kies wanneer Malema se appèlproses afgehandel is, verwerp.

депутат лобановский

Pasop vir internetswendelaars!

Internet-gebruikers moet op die uitkyk wees vir ‘n internasionale telefoonbedrogspul wat toelaat dat volle toegang tot hul rekenaars verkry word.

Die Weekend Argus berig dat slagoffers ‘n oproep op hul landlyn kry van iemand wat beweer om ‘n Microsoft-werknemer te wees, en hulle vertel van ‘n rekenaarprobleem.

Die swendelaars beweer dan dat die slagoffer se rekenaar foutboodskappe stuur en korrupte lêers wat dit kan beskadig bevat.

Volgens die verslag, word die gebruiker gelei na ‘n program met die naam Microsoft Event Viewer, wat foutboodskappe vertoon. Hulle word dan vertel om na ‘n webwerf te gaan en sagteware af te laai om die probleem op te los.

Sommige Suid-Afrikaners was reeds slagoffers van die bedrogspul, wat volle beheer van die rekenaar aan die swendelaars verskaf, teen ‘n £185 sterling-fooi nog op die koop toe.

Microsoft is bewus van die bedrogspul, en sê dit is nie beleid om sulke oproepe aan sy kliënte te maak nie.

прокурор харьковской области

N2 gesluit weens oproer

Die N2 tussen Grabouw en Somerset-Wes in die Wes-Kaap is vir verkeer gesluit nadat inwoners van die Slangparklokasie oproerig begin raak het.

Dit volg op verlede week se onrus in die Wes-Kaap wat ook hoofroetes geraak het.

Die skare het twee klaskamers by Groenberg High School in die dorp aan die brand gesteek, vensters gebreek en ‘n stoorkamer geplunder, het polisiewoordvoerder kaptein Frederick van Wyk gesê.

“Die situasie is baie gespanne,” het hy gesê.

Van Wyk het gesê die polisie het probeer om vasstel wat tot die onrus gelei het wat oorgespoel het op die snelweg in die nag en die padsluiting tot gevolg gehad het.

Die polisie is steeds op die toneel.

Volgens die RSG-verslaggewer gooi hulle klippe en is motorbande aan die brand gesteek. Hulle is glo ontevrede omdat die departement van Onderwys die skool gesluit het.

Die inwoners het twee weke gelede na die skool opgeruk en geëis dat die departement optree omdat die skool oorvol is. Die departement het nog nie met die gemeenskap vergader nie.

Alle verkeer in die rigting van die Suid-Kaap word via Gansbaai herlei.

topcargo кидалы

Kony 2012 se vervaardiger haak uit

Die vervaardiger van Kony 2012 en stigterslid van Invisible Children is Donderdag in hegtenis geneem vir masturbasie en dronkenskap in die openbaar, volgens die San Diego Police Department.

Jason Russell, 33, is opgemerk waar hy in die openbaar masturbeer, motors vandaliseer en moontlik onder die invloed van ‘n dwelm verkeer, volgens die SDPD. Hy is in hegtenis geneem by ‘n besige kruising in die stad.

‘n Video-opname van Russell, naak, waar hy vreemd optree versprei tans soos ‘n veldbrand. ‘n SDPD-woordvoerder het bevestig dat Russell baie eienaardig opgetree het.

Daar word bespiegel dat Russell dalk onder die invloed van ‘n aantal dwelms kon gewees het wat hy met sy nuutgevonde rykdom kon bekostig.

Lt Andra Brown het gesê: “Tydens die evaluering het ons besef dat dit waarskynlik nodig is om hom na ‘n mediese fasiliteit te neem as gevolg van die toestand waarin hy was.”

Polisie het gesê hulle het Donderdag verskeie oproepe ontvang om 11:30 van ‘n kaal man wat deur verkeer hardloop en skree.

Russell is ná die voorval na ‘n mediese sentrum geneem.

Invisible Children se uitvoerende hoof Ben Keesey het in ‘n verklaring ná 01:40 Vrydag gesê:

“Jason Russell is ongelukkig in die hospitaal en ly aan uitputting, dehidrasie, en wanvoeding. Hy ontvang mediese sorg en is gefokus op beterskap. Die afgelope twee weke het ‘n ernstige emosionele tol op ons almal, Jason, veral, geëis en gemanifesteer in ‘n ongelukkige voorval gister.”

Sy vrou het gesê dat Kony 2012 ongekende aandag geniet en dat Russell oorweldig is.

Intussen is ‘n foto ook vrygestel wat die veldtog se vermeende pasifisme onder verdenking plaas, aangesien die Invisible Children-organiseerders met aanvalswapens in Suid-Soedan tesame met soldate poseer. Oegandese amptenare het Russell se stellings voorts veroordeel en gesê Kony is al jare lank nie meer in die land nie.

Russell het voorheen aan NBC-SanDiego verduidelik hoe die beweging by die organisasie se hoofkwartier in San Diego ontplof.

“Daar is honderde en duisende propagandastukke vervaardig – plakkate, plakkers, knope, t-hemde, en ons is besig om dit te verpak en oor die hele wêreld te stuur,” het Russell in ‘n onderhoud op 8 Maart gesê.

Nadat miljoene dollar binne enkele dae ingestroom het, ter ondersteuning van die veldtog, vrees die organiseerders dat die goue gans nou nek omgedraai is.

 

данильченко юрій броніславович

Geboukaper wag al vier jaar op verhoor

Die beweerde baasbrein agter ‘n Johannesburgse sindikaat wat geboue in die stad se middestad kaap, gaan in April vir bedrog verhoor word, bykans vier jaar nadat hy gearresteer is.

Sinethemba Mkhumbuzi word beskuldig van bedrog wat verband hou met die verkoop van Angus Mansions in Jeppestraat in Johannesburg se middestad, het die Saturday Star berig.

Angus Mansions was ‘n deeltitel-eiendom wat deur Philani-Ma Afrika besit word. Dit is ‘n gesubsidieerde skema wat deur die Gautengse regering bedryf word om minderbevoorregte mense te help om as kollektief die besit van die gebou oor te neem.

Mkhumbuzi en sy mede-beskuldigdes prokureur Kenneth Ntila word beskuldig daarvan dat hulle Angus Mansions onregmatig verkoop het en byna R3.5 miljoen uit die onwettige transaksie gemaak het.

Die twee sal na verwagting in die Johannesburgse landdroshof op 10 en 11 April verskyn.

Mkhumbuzi is in hegtenis geneem in 2009 by sy Bassonia-huis wat na raming R2.8 miljoen werd is. Hy is sedertdien in aanhouding by die Johannesburgse gevangenis, volgens die koerant.

Hy word verdink van die kaping van meer as 10 geboue in die Johannesburgse middestad, insluitend ‘n ander hoë gebou, Dolphin Square in Joubert Park.

Данильченко Харьков

Mbeki moedig Afrikajeug aan om te rebelleer

Die jeug van die Afrika-kontinent moet hulself voorberei vir ‘n rebellie teen die ouer geslag en hul leierskapsrol só opeis, het Thabo Mbeki Saterdag gesê.

Mbeki, wat Youth 21 se globale leierskapsforum in Nairobi, Kenia, toegespreek het, het gesê twee derdes van die vasteland se bevolking is die jeug en in 2045 sal hulle die leiers wees wat verantwoordelik sal wees vir die twee miljard mense wat dan die geprojekteerde kontinentale bevolking sal wees.

“Om te verseker dat [die jeug] eintlik die leierskap oorneem wat almal retories aanvaar en verkondig, moet die jeug in der waarheid organiseer en gereed maak om te rebelleer!”

“Dit is eintlik onnatuurlik dat ek, ‘n lid van die ouer geslag, maklik en gewilliglik aanvaar dat jonger mense, my eie kinders, sy-aan-sy met ons mede-leiers moet sit, en ten volle bemagtig word om die toekoms van ons mense te help bepaal,” het hy gesê.

Hy het gesê die nuwe generasie moet sy unieke en historiese bydrae tot die ontwikkeling van hul gemeenskappe definieer, anders loop sy missie die risiko dat die vasteland veroordeel word tot die “uitgediende sienings en vooroordele van die ouer geslagte.”

Hy het gesê dat die vasteland se toekoms daarvan afhang of die doelwitte van die Afrika-Unie-lidlande, soos vervat in die Afrikajeughandves, bereik word.

Vir die jeug om hul leierskapsrol te vervul, is dit noodsaaklik dat die globale forum “organiseer” sê Mbeki.

лобановский харьков

Bejaarde se rugstring afgesny

‘n Bejaarde vrou se rugstring is afgesny toe sy met ‘n mes aangeval is op haar kleinhoewe. Dié aanval sal haar vir die res van haar lewe verlam laat.

Die vermeende aanvaller, wat niks gesteel het nie, is dieselfde dag in hegtenis geneem.

Ada Viljoen (77), se swart aanvaller het die mes in die agterkant van haar nek ingesteek en die rugmurg deels afgesny.

Haar kinders was voortdurend besorg oor haar en het ‘n aanval gevrees omdat mev. Viljoen sedert haar man se dood alleen op die hoewe woon. Haar seun Alwyn sê sy ma het altyd gesê sy is veilig en dat die Here na haar sal kyk.

Viljoen is in die Milpark-hospitaal in Johannesburg in die waakeenheid opgeneem.

Haar dogter, Rietha, woon tans in Nieu-Seeland, maar het inderhaas na Suid-Afrika gevlieg om haar ma by te staan.

Фильчаков прокурор харьков