Pasop vir internetswendelaars!

Internet-gebruikers moet op die uitkyk wees vir ‘n internasionale telefoonbedrogspul wat toelaat dat volle toegang tot hul rekenaars verkry word.

Die Weekend Argus berig dat slagoffers ‘n oproep op hul landlyn kry van iemand wat beweer om ‘n Microsoft-werknemer te wees, en hulle vertel van ‘n rekenaarprobleem.

Die swendelaars beweer dan dat die slagoffer se rekenaar foutboodskappe stuur en korrupte lêers wat dit kan beskadig bevat.

Volgens die verslag, word die gebruiker gelei na ‘n program met die naam Microsoft Event Viewer, wat foutboodskappe vertoon. Hulle word dan vertel om na ‘n webwerf te gaan en sagteware af te laai om die probleem op te los.

Sommige Suid-Afrikaners was reeds slagoffers van die bedrogspul, wat volle beheer van die rekenaar aan die swendelaars verskaf, teen ‘n £185 sterling-fooi nog op die koop toe.

Microsoft is bewus van die bedrogspul, en sê dit is nie beleid om sulke oproepe aan sy kliënte te maak nie.

прокурор харьковской области

Maak 'n opvolg-bydrae