N2 gesluit weens oproer

Die N2 tussen Grabouw en Somerset-Wes in die Wes-Kaap is vir verkeer gesluit nadat inwoners van die Slangparklokasie oproerig begin raak het.

Dit volg op verlede week se onrus in die Wes-Kaap wat ook hoofroetes geraak het.

Die skare het twee klaskamers by Groenberg High School in die dorp aan die brand gesteek, vensters gebreek en ‘n stoorkamer geplunder, het polisiewoordvoerder kaptein Frederick van Wyk gesê.

“Die situasie is baie gespanne,” het hy gesê.

Van Wyk het gesê die polisie het probeer om vasstel wat tot die onrus gelei het wat oorgespoel het op die snelweg in die nag en die padsluiting tot gevolg gehad het.

Die polisie is steeds op die toneel.

Volgens die RSG-verslaggewer gooi hulle klippe en is motorbande aan die brand gesteek. Hulle is glo ontevrede omdat die departement van Onderwys die skool gesluit het.

Die inwoners het twee weke gelede na die skool opgeruk en geëis dat die departement optree omdat die skool oorvol is. Die departement het nog nie met die gemeenskap vergader nie.

Alle verkeer in die rigting van die Suid-Kaap word via Gansbaai herlei.

topcargo кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae