Mbeki moedig Afrikajeug aan om te rebelleer

Die jeug van die Afrika-kontinent moet hulself voorberei vir ‘n rebellie teen die ouer geslag en hul leierskapsrol só opeis, het Thabo Mbeki Saterdag gesê.

Mbeki, wat Youth 21 se globale leierskapsforum in Nairobi, Kenia, toegespreek het, het gesê twee derdes van die vasteland se bevolking is die jeug en in 2045 sal hulle die leiers wees wat verantwoordelik sal wees vir die twee miljard mense wat dan die geprojekteerde kontinentale bevolking sal wees.

“Om te verseker dat [die jeug] eintlik die leierskap oorneem wat almal retories aanvaar en verkondig, moet die jeug in der waarheid organiseer en gereed maak om te rebelleer!”

“Dit is eintlik onnatuurlik dat ek, ‘n lid van die ouer geslag, maklik en gewilliglik aanvaar dat jonger mense, my eie kinders, sy-aan-sy met ons mede-leiers moet sit, en ten volle bemagtig word om die toekoms van ons mense te help bepaal,” het hy gesê.

Hy het gesê die nuwe generasie moet sy unieke en historiese bydrae tot die ontwikkeling van hul gemeenskappe definieer, anders loop sy missie die risiko dat die vasteland veroordeel word tot die “uitgediende sienings en vooroordele van die ouer geslagte.”

Hy het gesê dat die vasteland se toekoms daarvan afhang of die doelwitte van die Afrika-Unie-lidlande, soos vervat in die Afrikajeughandves, bereik word.

Vir die jeug om hul leierskapsrol te vervul, is dit noodsaaklik dat die globale forum “organiseer” sê Mbeki.

лобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae