Sinethemba Mkhumbuzi word beskuldig van bedrog wat verband hou met die verkoop van Angus Mansions in Jeppestraat in Johannesburg se middestad, het die Saturday Star berig.
Angus Mansions was ‘n deeltitel-eiendom wat deur Philani-Ma Afrika besit word. Dit is ‘n gesubsidieerde skema wat deur die Gautengse regering bedryf word om minderbevoorregte mense te help om as kollektief die besit van die gebou oor te neem.
Mkhumbuzi en sy mede-beskuldigdes prokureur Kenneth Ntila word beskuldig daarvan dat hulle Angus Mansions onregmatig verkoop het en byna R3.5 miljoen uit die onwettige transaksie gemaak het.
Die twee sal na verwagting in die Johannesburgse landdroshof op 10 en 11 April verskyn.
Mkhumbuzi is in hegtenis geneem in 2009 by sy Bassonia-huis wat na raming R2.8 miljoen werd is. Hy is sedertdien in aanhouding by die Johannesburgse gevangenis, volgens die koerant.
Hy word verdink van die kaping van meer as 10 geboue in die Johannesburgse middestad, insluitend ‘n ander hoë gebou, Dolphin Square in Joubert Park.
