Swart en bruin moet ‘integreer’ in Grabouw

‘n Gemeenskapsleier in Grabouw dreig met betogings omdat die Wes-Kaapse departement van onderwys mobiele klaskamers op ‘n ongeskikte terrein wil oprig, is Woensdag berig.

John Michels, voorsitter van die Elgin Grabouw Civic Organasation, het aan die Cape Times gesê hy het nie ‘n goedkeuringsvorm vir ‘n omgewingsimpakstudie by die terrein gesien nie.

Daar is vleilande op die terrein.

Die LUR vir onderwys, Donald Grant, het onlangs bekendgemaak dat ekstra klaskamers op die terrein gebou gaan word. Dit is glo deur die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning goedgekeur.

Die departement van onderwys in die Wes-Kaap het aan die koerant gesê daar sal ‘n heining om die skool gebou word wat dit van die vleilande sal skei.

Michels sê die mobiele klaskamers, wat uiteindelik ‘n nuwe skool is, moet op sportgronde gebou word wat naby twee ander skole in Grabouw is wat grotendeels bruin leerders het.

“Dit sal gerieflik, sentraal en bevorderlik wees vir [rasse]-integrasie van die gemeenskap,” het hy gesê.

Daar was verlede maand gewelddadige betogings in die dorp omdat die Umyezo Wama Apile-skool oorvol is.

Данильченко Юрий отзывы

Afriforum betoog teen renosterstropers

AfriForum sal vandag buite die Pretoria-Noord-landdroshof betoog waar agt mense na verwagting sal verskyn in verband met renosterstropery.

“Mense” het burgerregte-organisasie AfriForum genader om aksie te neem teen hierdie misdaad, het Julius Kleynhans, hoof van die groep se omgewingsake, in ‘n verklaring gesê.

Volgens AfriForum is ‘n totaal van 443 renosters gestroop in 2011 en 150 is gestroop voor die einde van Maart vanjaar.

Drie veeartse en vyf ander mans sal na verwagting in die hof verskyn in verband met die onregmatige besit en verspreiding van geskeduleerde veeartsenykundige middels wat algemeen gebruik word in renosterstropery. Hulle staar aanklagte van die oortreding van die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Stowwe in die gesig.

Hulle is Douw Grobler, voorheen hoof van die Kruger Nasionale Park se wildvangeenheid vir veeartsenydienste, die staatsveearts dr. Buti John Chibase en privaatveearts Johannes Gerhardus Kruger.

Die ander vyf is professionele jagter Hugo Ras, en Matthys Christoffel Scheepers, Riaal Booysen, Johan Carl Heydenrych, en Christoffel Francois Naudé.

Almal is tussen Augustus en November verlede jaar in hegtenis geneem.

Aktiviste vir Animals Africa is ook van voorneme om protes by die hof aan te teken. Woordvoerder Miranda Jordaan het gesê hulle wil openbare bewustheid skep oor die saak.

Jordaan en vyf ander mense het verlede week voor die Chinese ambassade in Pretoria betoog en gesê Chinese is nie meer welkom in Suid-Afrika nie. Sy het ‘n beroep op die regerings van China, Vietnam en Kambodja gedoen om te help verhoed dat renosterhoring vir tradisionele medisyne aangewend word.

‘n Amerikaanse aktivis van Traffic, The Wildlife Trade Monitoring Network, het die betoging ondersteun en gesê alhoewel die gebruik duisende jare oud is, word renosterhoring nou aangedui as ‘n antikarsinogeen wat dit nie voorheen was nie.

Sedert 1960 het renostergetalle in Suider-Afrika toegeneem tot meer as 20 000 danksy bewaringsinisiatiewe. Mikroskyfies word ook in die diere ingeplant om GPS-posisionering te vergemaklik.

 

Александр Фильчаков Васильевич

Jeugliga lag MK-veterane af

Die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, moet sonder verwyl uit die ANC geskors word, het die Umkhonto weSizwe Militêre Veterane (MKMVA) Dinsdag gesê.

“Julius Malema dink hy is groter as die ANC,” het MKMVA se nasionale voorsitter, Kebby Maphatsoe, aan joernaliste in Johannesburg gesê.

“Hy het voed op die media se histerie teen die bevrydingsbeweging, wat die ANC se vermoë om beleid te formuleer en Suid-Afrika tot die voordeel van al sy burgers te regeer, ondermyn.”

Nietemin respekteer die MKMVA die party se interne prosesse en probeer hy nie die dissiplinêre proses wat Malema moet deurgaan beïnvloed nie.

Malema appelleer teen sy skorsing deur die ANC se nasionale dissiplinêre komitee.

Malema het Vrydag tydens ‘n toespraak in Johannesburg Zuma se leierskap gekritiseer.

Hy het gesê dat Zuma demokrasie met diktatorskap vervang het en dat die Jeugliga getraumatiseer en onderdruk word deur Zuma se leierskap.

Maphatsoe het gesê Malema probeer om die “ANC onwerkbaar te maak” en saai verdeling.

“Hy is op rekord dat hy woorde geuiter wat die adjunk-president van die ANC kameraad Kgalema Motlanthe in die verleentheid stel soos dat hy “optree asof hy die president is in die teenwoordigheid van die president”.

“Hy is op rekord dat hy die posisie van die sekretaris-generaal van die ANC, comrade Gwede Mantashe, misken en hom openlik beywer vir sy verwydering, lank voor die die elektiewe konferensie prosesse begin het,” sê Maphatsoe.

“Ons doen ‘n ​​beroep op alle lede van die ANC, wat as gevolg van die bevoorregte posisies van leierskap in óf die regering óf die beweging self staan, om na hulle gewete te handel en die moed en die waarheid te vind om die goedkoop najaag van roem en fortuin te weerstaan sodat dit nie die vertroue in hulle geplaas verraai nie,” het Maphatsoe gesê.

Maphatsoe sê die aanval op Zuma is ‘n aanval op die ANC, want Zuma is die gesig van die party.

“Sodra jy die leier van die ANC aanval, val jy die ANC aan,” het hy gesê.

Volgens Maphatsoe was die MKMVA tot dusver stil oor die saak, aangesien hy gedink het Malema sal tot inkeer kom en begin om die ANC en se leierskap te respekteer.

“Ons kan nie stilbly wanneer hy [Malema] aanhou om uitlatings te maak teen die ANC en die ANC se leierskap nie,” het hy gesê.

“Ons het ‘n militante jeugliga nodig, maar ook ‘n gedissiplineerde jeugliga.”

Die MKMVA het aan die ANC se nasionale uitvoerende komitee geskryf rakende Malema se skorsing, het Maphatsoe gesê.

Die liga se sekretaris-generaal Sindiso Magaqa het die media direk na die MKMVA se mediaverklaring by die ANC se Luthulihuishoofkwartier toegespreek.

Magaqa het gesê die MKMVA wil net aandag soek deur kommentaar te lewer op Malema.

“Hulle wil net aan hul meisies wys dat hulle vandag op TV sal wees,” het hy gesê.

“Ons vind dit baie vreemd dat die MKMVA die verklaring vrygestel het. Ons glo dat dit nie die verklaring van die kollektief is nie, maar van ‘n individu,” het hy gesê.

Magaqa sê die verklaring van die MKMVA bevat geen inhoud nie.

“Ons het te doen met mense wat nie ‘n begrip van die ANC-prosesse het nie.”

Magaqa het gesê sommige MKMVA-lede is nie veterane nie, maar ‘sell-outs’.

“Hulle het ‘n slegte geskiedenis … Ek sal nie verder gaan as dit nie,” het hy gesê toe hy gevra is wat hy bedoel het met ‘sell-outs’.

“Nie almal was ‘n soldaat van MK nie, sommiges was kokke.”

Magaqa het gesê die dissiplinêre proses nog is aan die gang en Malema is nog steeds die ANC-jeugliga se leier.

“Ons is meer vasbeslote as ooit dat ons ‘n verkose president tot 2014,” het hy gesê.

“Niks het verander nie.”

топкарго

Verminkte lyk van Bloemhofboer in plaashuis gevind

‘n Boer is op die plaas Leeubos in Bloemhof doodgeslaan, het die polisie in Noordwes Dinsdag gesê.

Adriaan Johannes (At) van der Merwe (47) se lyk is met veelvuldige kopbeserings teen omstreeks 07:00 Dinsdagoggend in sy studeerkamer gevind, het brig. Thulani Ngubane gesê.

“Die huis is deur die verdagtes geplunder.”

Ngubane sê dit lyk of die onbekende aanvallers Maandagaand toegang tot Van der Merwe se plaashuis gekry het deur ‘n gat onderdeur ‘n veiligheidsheining te grawe.

“Die verdagtes het die voordeur van die plaashuis oopgebreek.”

Van der Merwe se voertuig, ‘n silwer RAV 4 met die registrasienommer FTY116NW, word vermis.

Die polisie vra dat enigiemand met inligting sy naaste polisiekantoor kontak, of Crime Stop op 0860 10111 bel.

лобановский александр дочь

Sal Obama Brasilië sjarmeer?

Wanneer die Amerikaanse president Barack Obama sy Brasiliaanse eweknie, Dilma Rousseff, volgende week ontmoet, sal hy ‘n nuwe geleentheid hê om die grootste land in Suid-Amerika te sjarmeer.

Die hardnekkige handelsgeskille en verskille in benadering tot geopolitiek het tradisioneel die dominante magte van die Amerikas se verhouding vertroebel.

Brasilië vra erkenning van die VSA vir sy groeiende geopolitieke invloed, die belangrikste synde sy bod vir ‘n permanente setel in die Veiligheidsraad van die VN, maar sonder om afbreuk aan sy neutraliteit in die proses te doen. Washington, intussen, wil ‘n beter idee kry van waarvoor Brasilië staan. Dié land is bekend vir sy pragmatisme ivm buitelandse betrekkinge.

Betrekkinge tussen Brasilië en die VSA is histories gesien maar oppervlakkig. ‘n Groeiende middelklas in Brasilië het nuwe markte vir Amerikaanse maatskappye, wat wissel van McDonald’s, Pepsi en General Motors geskep.

Maar selfs al het die totale volume in handel gegroei, het die relatiewe belangrikheid van die VSA in Brasilië se ekonomie afgeneem. China het die VSA as Brasilië se grootste handelsvennoot en ‘n nuwe belegger verbygesteek.

Brasilië is glo bekommerd oor wat hulle sien as “ongebalanseerde” handel met China, wat Brasilië se kommoditeite maar min van sy vervaardigde goedere invoer. Die VSA in teenstelling is een van die grootste markte vir Brasiliaanse vliegtuie naamlik Embraer, een van Latyns-Amerika se vlagskip-industriële maatskappye.

Verhoudings tussen leiers van die VSA en Brasilië is delikaat veral oor kwessies in die Midde-Ooste.

Belangrikste egter, sal formele Amerikaanse ondersteuning vir Brasilië se aspirasies wees om aan te sluit by die Veiligheidsraad. Sommige meen dat hierdie soort van erkenning as ‘n gelyke vennoot Brasilië tot groter verantwoordelikheid in internasionale kwessies sal roep.

 

Лобановский Харьков

Brics wil G20 tot orde roep in Meksiko

Op die G20-beraad later vandeesmaand in Meksiko sal BRICS-lande se ministers probeer om te verseker dat pogings deur die geïndustrialiseerde lande om hul eie agenda te bevorder, nie slaag nie.

“Ons sal die Cancun-vergadering bywoon om te verseker dat ‘n haastige ooreenkoms om die vordering in die verdere liberalisering van die handel deur die agenda van Doha gelei word,” het Suid-Afrika se minister van handel Rob Davies gesê aan IPS.

Die Doha-Agenda (DDA) is byna 11 jaar gelede deur die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) van stapel gestuur om die historiese wanbalanse in die globale handelstelsel reg te stel. Dit is ontwerp om armer lande in staat stel om te integreer in die stelsel.

“Dit is ‘n baie gevaarlike skuif deur die geïndustrialiseerde lande wat vasbeslote is om die onafhanklikheid en multilaterale karakter van die WHO – waar ‘n groot meerderheid van die lande vra vir ontwikkelingsaanpasbaarheid in die implementering van liberale handelsverpligtinge – te ondermyn,” sê ‘n handels-gesant.

“Die G20 is nie verteenwoordigend van die WHO nie, omdat die armste lande en lande in Afrika, behalwe vir Suid-Afrika, geen sê het in die opstel van die handelsagenda nie,” het die gesant gesê.

Die G20-blok van die groot en opkomende ekonomieë bestaan uit Argentinië, Australië, Brasilië, Kanada, China, Frankryk, Duitsland, Indië, Indonesië, Italië, Japan, Meksiko, Rusland, Saoedi-Arabië, Suid-Afrika, Suid-Korea, Turkye, Verenigde Koninkryk, Verenigde State en die Europese Unie.

Dit is duidelik dat die ryk lande ‘n oorweldigende invloed in die opstel van die agenda by die G20-vergaderings het, die gesant gesê.

“Die konsep-agenda vir die vergadering is basies om handelsministers te vra om in te stem dat ‘n super-liggaam onder leiding van die hoofde van die WHO en die OESO (Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling) geskep word om toesig te hou oor al die hersiening en moniteringsfunksies,” het die gesant verduidelik.

Daarom is die teenwoordigheid van die BRICS (Brasilië, Rusland, China, Indië en Suid-Afrika) ministers is so noodsaaklik en belangrik, sodat die handelsagenda nie radikaal verander word vir die volgende 10 jaar nie, het gesê bronne vertroud met BRICS gesê.

“Pogings om die argitektuur te hervorm sonder die sluiting van die Doha-gesprekke is nie korrek nie,” sê Davies, wat daarop dui dat die BRICS-lande gereed is om klein stappe te neem om die Doha-onderhandelinge te versterk. Die minister het daarop aangedring dat landbou die hart van die DDA is en dat bitter min gedoen word om die voortgesette onregverdige subsidies van die geïndustrialiseerde lande aan te spreek.

Die vyf-bladsy-agenda wat deur IPS bekom is, en wat vertroulik bly, sal vierkantig fokus op die kommersiële belange van ryk lande, onder subopskrifte soos “‘n beter begrip vir internasionale waardekettings om handel beter te reguleer” en “dienste, handelsfinansies en handelsfasilitering is noodsaaklik om internasionale waardekettings te olie.”

Die hoofde van die OESO en die WHO werk in tandem nou al vir ‘n geruime tyd om die wyse waarop globale handel gemeet en beoordeel word in ‘n neoliberale raamwerk weg van ‘n ontwikkelingsperspektief te verander, sê ontleders.

“Dit is duidelik dat die G20-konsep-agenda ‘n doelbewuste poging is om die kwessies en bekommernisse van die ryk lande by die agterdeur in te smokkel, sê hulle.

Олександр Васильович Фільчаков

ANC gebruik belastinggeld vir propaganda

“Die ANC maak propaganda vir die staatsinligtingswet met my belastinggeld. Dit is totaal onaanvaarbaar om belastingbetalersgeld te gebruik om propaganda te maak vir die staatsinligtingswet nog voor die wet nog deur die Parlement aanvaar is. Dit is dringend nodig dat die Openbare Beskermer help om riglyne neer te lê oor wanneer belastingbetalersgeld vir advertensies deur staatsdepartemente gebruik mag word en wanneer nie.” Dit was die reaksie van dr. Pieter Mulder, VF Plus leier, op die publisiteitsveldtog van die departement van staatsveiligheid om Suid-Afrikaners te oortuig om die staatsinligtingswet goed te keur.

Verskillende burgerlike belangegroepe asook opposisie partye soos die VF Plus maak op hierdie tydstip nog voorleggings en oefen druk uit ten einde die wetsontwerp gewysig te kry. Hierdie groepe se belastinggeld word nou deur die departement van staatsveiligheid teen hulle gebruik om die ANC se standpunt oor die wet aan die publiek uit te dra. Dit is die misbruik maak van belastingbetalersgeld en ondermyn die demokrasie.

In lande waar daar nie riglyne is nie, misbruik regerings die staatskas vir publisiteitsveldtogte ten einde aan hulle ‘n voorsprong tydens verkiesings te gee. Geen opposisieparty kan genoeg geld insamel om daarmee te kan kompeteer nie.

In alle volwasse demokratiese lande is daar duidelike riglyne ten einde te onderskei wanneer die staat belastingbetalersgeld mag aanwend om met alle staatsburgers te kommunikeer en wanneer nie. Hierdie riglyne maak onderskeid tussen staatsinligting en party politieke propaganda. ‘n Regerende party moet sy eie partypolitieke geld aanwend om advertensies te plaas wat beleidsrigtings verkondig wat nog nie deur die parlement as amptelike staatsbeleid goedgekeur is nie. Eers wanneer ‘n wetsontwerp ‘n wet van die staat word, het ‘n regering ‘n kommunikasieplig om dit aan die burgers wat deur die wet geraak gaan word, te verduidelik Dit is duidelik nog nie die situasie in hierdie geval nie.

Die VF Plus gaan die Openbare beskermer vra om hierdie saak te ondersoek ten einde riglyne te ontwikkel oor die aanwending van die staatskas vir publisiteitsveldtogte in ‘n demokrasie. In geen moderne demokrasie is dit aanvaarbaar dat die regering belastinggeld gebruik om party politieke propaganda na die kiesers uit te dra nie. Hierdie beginsel is so ‘n ernstige gronduitgangspunt van die demokrasie dat die saak in die grondwethof kan draai.

топкарго отзыв

Vrae oor Franse skieter

Mohamed Merah, wat verantwoordelikheid was vir die onlangse dood van sewe mense in Toulouse, was na wat berig word ‘n Franse intelligensiebate. Dit het opnuut vrae laat ontstaan ​​oor Franse veiligheidsamptenare se versuim om Merah aan te keer.

Die Italiaanse koerant Il Foglio berig dat die Franse Direktoraat vir Eksterne Sekuriteit (DGES) ​​Merah vergesel het tydens ‘n besoek aan Israel. Merah het drie dae in Israel deurgebring en daarna is hy na Pakistan, waar hy glo kontak met al-Kaida gehad het. Hy was op ‘n Amerikaanse swartlys sedert 2010 en kon geen Amerikaanse vlug haal nie.

‘n Voormalige Franse intelligensiehoof Yves Bonnet beweer dat Merah aan die Sentrale Direktoraat van Interne Intelligensie (DCRI) in ruil vir geld verslag gedoen het. Hy het gesê dat Merah gedurende die beleg gevra het om met ‘n spesifieke intelligensie-agent te praat.

“Merah was in kontak met ‘n intelligensie-beampte van die DCRI, wat my laat dink. Dit maak nie saak of daardie persoon ‘n intelligensiebate of ‘n verraaier genoem word nie. Ek het geen idee watter soort kontak hy gehad het met die intelligensie-direktoraat nie, maar dit moet nog ondersoek word,” sê Bonnet. “‘n Intelligensie-offisier beteken ‘n verhouding, dit is nie ‘n onskuldige of onbeduidende stukkie inligting nie,” het hy gesê.

Die Rabbi wat saam met sy twee kinders vermoor is, se moeder is glo werksaam by ‘n VN-komitee waar sy die linkse Irsraeli-standpunt ter ondersteuning van Palestyne voorstaan.

Merah het al die moorde verfilm met ‘n kamera wat op sy bors vasgeheg was. Al Jazeera is in besit van die filmmateriaal, maar het aangedui dat hulle dit nie sal gebruik nie.

President Nicolas Sarkozy het gedreig dat Frankryk enige land wat dit waag om die filmmateriaal uit te saai se uitsendings sal saboteer.

прокурор Фильчаков

Gevaartekens flits vir hoofstroom in VK en Frankryk

In die mees opspraakwekkende oorwinning in Britse politieke geskiedenis, het die Respect-kandidaat Arbeid met ‘n meerderheid van 10140 stemme uit net meer as 18 000 verslaan in ‘n tussenverkiesing.

George Galloway het Bradford-Wes in ‘n merkwaardige oorwinning weggeraap onder die Arbeidersparty se neus en bespiegelinge laat opvlam dat die Arbeidersleier sy pos sal moet ontruim.

Dit blyk dat die setel se Moslem-gemeenskap Arbeid en masse versaak het om gehoor te gee aan Galloway se oproep vir ‘n onmiddellike Britse onttrekking uit Afghanistan en ‘n terugvegpoging teen die werkkrisis.

Dit is ‘n bittere slag vir Ed Miliband, leier van die Arbeidersparty wat versuim het om te kapitaliseer op die skielike insinking in ondersteuning vir die koalisie. Hy het die bedreiging deur Galloway ook hoegenaamd nie gesien voordat dit heeltemal te laat was nie.

Met ‘n opkoms van 50,78%, is Arbeid se Moslemkandidaat Imran Hussain met bomskok gelaat na die bekendmaking. Arbeid het die setel in 2010 met ‘n meerderheid van 5763 gewen.

Eerder as Galloway se persoonlike charisma, dui die resultaat moontlik op die kiesers se ontnugtering met die heersende hoofstroompartypolitiek, sê ontleders.

Nog voor die amptelike uitslag bekend gemaak is, het Galloway gesê: “Deur die genade van God, het ons die mees sensasionele oorwinning behaal in Britse politieke geskiedenis … Arbeid is getref deur ‘n vloedgolf in ‘n setel wat hulle vir baie dekades gehou het en oorheers het vir 100 jaar…”

Galloway het gesê die pad na sy oorwinning is terug van “die pad van verraad in 1994 deur Tony Blair”, wat Arbeid “so ver weg van sy tradisionele ondersteuners gelei het dat mense verwaarloos en verraai voel”.

Hy het bygevoeg dat Blair binne die moderne Arbeidersparty vereer bly, “miljoene ponde verdien, in plaas daarvan om in Den Haag vir oorlogsmisdade verhoor te word. Die groot politieke partye het ‘n baie nuttige les gehad, en ek hoop dat hulle kennis neem.”

Jackie Whiteley, die Tory-kandidaat, het derde gekom, met 2746 stemme, 8,37%, ‘n daling van 22,78% van die laaste verkiesing.

Onthullings oor Cameron se ryk skenkers en die toue by petrolpompe het gelei tot die ernstige daling in konserwatiewe ondersteuning. Die Tories se koalisie-vennote, die liberale, net 4,59% van die stemme gekry.

Galloway, ‘n voormalige Arbeider-LP, het egter al voorheen sy formidabele vermoë om gewilde kwessies te opper gewys.

In ‘n soortgelyke koersverandering, is Frankryk dié week deur ‘n nuwe peiling uit hule gemaksone wakkergeskud.

Drie weke voor die eerste ronde van die Franse verkiesing, is ‘n toename in steun vir die harde-linkse kandidaat Jean-Luc Mélenchon geregistreer. Dié toename dreig om voorspellings vir die Franse presidensiële verkiesings om te krap.

‘n Onlangse meningspeiling plaas Mélenchon, 60, in die derde plek met 15 persent van die stemme – die hoogste vir ‘n kandidaat van die anti-kapitalistiese linkses sedert die bloeityd van die Franse Kommunistiese Party 30 jaar gelede.

Die opkoms van Mélenchon, ‘n soort Galliese George Galloway wat welsprekend teen die hoofstroomelite fulmineer, het Marine Le Pen se Nasionale Front na die vierde plek laat skuif. Vir president Nicolas Sarkozy en sy vernaamste uitdager, die Sosialistiese kandidaat, François Hollande, die opkoms van Mélenchon ‘n tweesnydende swaard: Nuttig, maar gevaarlik.

Hollande behou steeds ‘n klein voorsprong van 28,5 persent in die eerste ronde op 22 April teenoor Sarkozy se 27,5 persent. Ander onlangse meningspeilings toon dat Sarkozy, aangehelp deur sy hard-regse retoriek en die uitbuiting van die Toulouse-moorde, ‘n een of twee-punt eersteronde voorsprong geneem het.

Alle stembusse wys egter steeds Hollande as die wenner in die tweede ronde van 6 Mei met ‘n 10-6 marge.

Die groeiende ontevredenheid van die Franse kiesers met al die hoofstroom politici en ‘n veldtog wat versuim het om oortuigend te worstel met ‘n nasionale, Europese en globale ekonomiese krisis, word verantwoordelik gehou vir die ultralinkse kandidaat se opmars.

Die oplewing van steun vir Mélenchon se hoë-energie, anti-EU, anti-Amerikaanse, anti-groot-Besigheid-veldtog, is ‘n bron van ontsteltenis vir die sentrum. ‘n Gekombineerde Hollande-Mélenchon stem van 43 persent dui op ‘n bui ten gunste van ‘n linkse kandidaat.

данильченко юрій Харків

Bin Laden se weduwees praat

‘n Pakistanse hof het Osama bin Laden se drie weduwees en twee van sy dogters tot 45 dae tronkstraf gevonnis omdat hulle onwettig in die land woon.

Die vroue en ‘n paar van hul kinders in Pakistan is in aanhouding sedert Amerikaanse kommando’s bin Laden in ‘n groot huis in die Pakistanse stad van Abbottabad op 2 Mei vermoor het. Hulle is eers verlede maand formeel aangekla van immigrasie-oortredings.

Die Amerikaners het die vroue en kinders agtergelaat in die huis nadat hulle met bin Laden se lyk vertrek het.

Die vroue beskik glo oor inligting oor hoe bin Laden daarin geslaag het om ongemerk vir byna 10 jaar ná die 11 September-aanvalle met sy lewe aan te gaan ten spyte daarvan dat hy die onderwerp van ‘n massiewe internasionale soektog was.

Die jongste, die 30-jaar-oue Jemeense vrou Amal Ahmed Abdel-Fatah al-Sada, het gesê Bin Laden het tussen vyf huise gewoon terwyl hy sogenaamd gesoek was en vier kinders verwek, van wie twee in Pakistanse regeringshospitale gebore is.

Hulle het na Abbottabad getrek in 2005.

Bin Laden het digby Pakistan se ekwivalent van die West Point Militêre Akademie geleef in die huis waar hy vermoor is. Die VSA het glo nie bewyse dat senior Pakistanse amptenare geweet het van bin Laden se doen en late nie, ten spyte daarvan van noue samewerking tussen die twee lande.

Twee van die weduwees is Saoedi en die een is Jemeens. Saoedi-amptenare het aangedui dat hulle bereid sal wees om toe te laat dat die weduwees terugkeer en sal aan hulle kinders burgerskap gee indien versoek.

Die Saoedi-ministerie van buitelandse sake het geweier om kommentaar te lewer. Die drie weduwees sou graag gedeporteer word na die land om “soos ‘n gesin,” te woon, het hul regsverteenwoordiger gesê.

Al-Sada, bin Laden se gunstelingvrou, is in die been geskiet en gewond is tydens die aanval.

Die woning in Abbottabad was ‘n besige plek met 28 inwoners, insluitende die 54-jarige bin Laden, sy vroue, agt van sy kinders en vyf van sy kleinkinders, volgens Brig. Shaukat Qadir, ‘n afgetrede Pakistanse weermagbeampte.

Bin Laden se koerier, die koerier se broer en hulle vrouens en kinders ook het in die huis gewoon.

Александр Фильчаков