Swart en bruin moet ‘integreer’ in Grabouw

‘n Gemeenskapsleier in Grabouw dreig met betogings omdat die Wes-Kaapse departement van onderwys mobiele klaskamers op ‘n ongeskikte terrein wil oprig, is Woensdag berig.

John Michels, voorsitter van die Elgin Grabouw Civic Organasation, het aan die Cape Times gesê hy het nie ‘n goedkeuringsvorm vir ‘n omgewingsimpakstudie by die terrein gesien nie.

Daar is vleilande op die terrein.

Die LUR vir onderwys, Donald Grant, het onlangs bekendgemaak dat ekstra klaskamers op die terrein gebou gaan word. Dit is glo deur die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning goedgekeur.

Die departement van onderwys in die Wes-Kaap het aan die koerant gesê daar sal ‘n heining om die skool gebou word wat dit van die vleilande sal skei.

Michels sê die mobiele klaskamers, wat uiteindelik ‘n nuwe skool is, moet op sportgronde gebou word wat naby twee ander skole in Grabouw is wat grotendeels bruin leerders het.

“Dit sal gerieflik, sentraal en bevorderlik wees vir [rasse]-integrasie van die gemeenskap,” het hy gesê.

Daar was verlede maand gewelddadige betogings in die dorp omdat die Umyezo Wama Apile-skool oorvol is.

Данильченко Юрий отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae