praag.co.za

Afriforum betoog teen renosterstropers

Written by

in

AfriForum sal vandag buite die Pretoria-Noord-landdroshof betoog waar agt mense na verwagting sal verskyn in verband met renosterstropery.

“Mense” het burgerregte-organisasie AfriForum genader om aksie te neem teen hierdie misdaad, het Julius Kleynhans, hoof van die groep se omgewingsake, in ‘n verklaring gesê.

Volgens AfriForum is ‘n totaal van 443 renosters gestroop in 2011 en 150 is gestroop voor die einde van Maart vanjaar.

Drie veeartse en vyf ander mans sal na verwagting in die hof verskyn in verband met die onregmatige besit en verspreiding van geskeduleerde veeartsenykundige middels wat algemeen gebruik word in renosterstropery. Hulle staar aanklagte van die oortreding van die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Stowwe in die gesig.

Hulle is Douw Grobler, voorheen hoof van die Kruger Nasionale Park se wildvangeenheid vir veeartsenydienste, die staatsveearts dr. Buti John Chibase en privaatveearts Johannes Gerhardus Kruger.

Die ander vyf is professionele jagter Hugo Ras, en Matthys Christoffel Scheepers, Riaal Booysen, Johan Carl Heydenrych, en Christoffel Francois Naudé.

Almal is tussen Augustus en November verlede jaar in hegtenis geneem.

Aktiviste vir Animals Africa is ook van voorneme om protes by die hof aan te teken. Woordvoerder Miranda Jordaan het gesê hulle wil openbare bewustheid skep oor die saak.

Jordaan en vyf ander mense het verlede week voor die Chinese ambassade in Pretoria betoog en gesê Chinese is nie meer welkom in Suid-Afrika nie. Sy het ‘n beroep op die regerings van China, Vietnam en Kambodja gedoen om te help verhoed dat renosterhoring vir tradisionele medisyne aangewend word.

‘n Amerikaanse aktivis van Traffic, The Wildlife Trade Monitoring Network, het die betoging ondersteun en gesê alhoewel die gebruik duisende jare oud is, word renosterhoring nou aangedui as ‘n antikarsinogeen wat dit nie voorheen was nie.

Sedert 1960 het renostergetalle in Suider-Afrika toegeneem tot meer as 20 000 danksy bewaringsinisiatiewe. Mikroskyfies word ook in die diere ingeplant om GPS-posisionering te vergemaklik.

 

Александр Фильчаков Васильевич

Comments

Leave a Reply