Marikana-slagoffers ruk op teen onreg

‘n Protesoptog sal volgende week gehou word ter onderskraging van die Marikana-mynwerkers, het die Marikana-solidariteitskomitee Saterdag gesê.

“Die doel van die optog is ten eerste om die massamoord te veroordeel en om die onmiddellike vrylating van die werkers wat in hegtenis geneem is, te eis,” het Martin Jansen, die groep se woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Jansen het gesê die komitee wil ook ‘n onafhanklike ondersoek hê na die dood van die 34 Marikana-mynwerkers.

“Ons eis ‘n onafhanklike ondersoek na die msaasmoord wat ook die getuienis van werkers by al die myne en van die myngemeenskappe insluit,” het Jansen gesê.

Pres. Jacob Zuma het intussen gesê hy sal nié die 270 mynwerkers van Marikana wat van moord aangekla word, vrylaat soos hulle regsverteenwoordigers gevra het nie.

“Die president kan nie aan dié eis gehoor gee nie,” het Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, in ‘n verklaring gesê.

“President Zuma sal nie by die werk van die Marikana-kommissie of enige ander prosesse inmeng nie, insluitend die vervolging van diegene wat met die tragedie verbind word.”

Die mynwerkers se regsverteenwoordigers, Maluleke, Msimang en Vennote, het Vrydag volgens berigte ‘n brief aan die president gestuur waarin hy gevra word om die werkers teen 13:00 Sondag vry te laat.

City Press het berig ‘n aansoek kan selfs by die hooggeregshof ingedien word om Zuma te dwing om die werkers vry te laat.

Maharaj het gesê die president sal die onafhanklikheid van alle instellings respekteer.

“Insluitend [die instellings] in die regsfeer, wat hulle verantwoordelikhede moet kan nakom sonder vrees, begunstiging of inmenging,” het hy gesê.

Die polisie het op 16 Augustus tydens ‘n betoging op ‘n heuwel naby Lonmin se Marikana-myn in die Noordwes op stakende mynwerkers geskiet. Altesaam 34 mynwerkers is in die botsing dood, en 78 gewond.

‘n Groep van 270 mynwerkers is in hegtenis geneem en ‘n aanklag van openbare geweld is teen hulle aanhangig gemaak.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Donderdag aangekondig dat die werkers ook tereg sal staan op aanklagte van moord vir die dood van hulle kollegas.

топкарго развод

M&G, Die Burger fabriseer ‘voetewassery’ deur Dagbreekmanskoshuis

Die Mail & Guardian, asook die Kaapse Afrikanerhaatblad, Die Burger, het ‘n storie gefabriseer rondom die Dagbreekmanskoshuis aan Stellenbosch wat “vir apartheid om verskoning sou gevra het”.

Volgens ‘n inwoner wat op die Mail & Guardian en Die Burger se kommentaarafdelings geskryf het, is daar nooit ‘n stemming daaroor gehou nie en het die oudprimarius Pieter Nel so ‘n verklaring aan die media uitgereik sonder dat die inwoners in die saak geken is. Die Dagbreek-inwoner skryf:

“Ek is in Dagbreek en het nooit gestem oor hierdie saak nie. Dit is egter ons oudprimarius wat nou oorgee, wat agter ons rug gegaan het en die besluit self gemaak het. Hy het ons almal in die steek gelaat, nie om jammer te sê nie maar oor die feit dat hy nie die korrekte riglyne gevolg het om die res van die inwoners (400) eers in kennis te stel van die saak nie.

Dit is ‘n blatante leun om te sê Dagbreek vra om verskoning, dit is net nie waar nie, al was dit so deurgegee aan die pers.”

Pieter Nel en drie ander inwoners van die koshuis het aan die Mail & Guardian verklaar dat hulle “deur die optrede van die vorige veiligheidsminister, Adriaan Vlok, geïnspireer is nadat hulle hom verlede week ontmoet het toe hy ‘n toespraak rondom sy verskoning oor sy apartheidsrol  gelewer het”.

Vlok het ‘n landwye opskudding veroorsaak toe hy enkele jare gelede die voete van eerwaarde Frank Chikane, ‘n radikale swart teoloog, gaan was het.

Dr. Roodt van PRAAG, wat vanoggend kritiese kommentaar op die beweerde “voetewassery” by Dagbreekkoshuis gelewer het, meen dat “indien dit die geval is dat die Mail & Guardian en Die Burger op loop gegaan het oor die studente se ‘apartheidsverskoning’ verteenwoordig dit ‘n blatante ootreding van die Perskode en behoort die huidige huiskomitee van Dagbreek ‘n klag by die Persombudsman te lê.”

PRAAG is reeds deur studente genader wat ontsteld is oor die jongste voorbeeld van vernederende politieke eise wat aan jongmense gestel word. Die aksiegroep is van plan om met studente en jongmense hieroor in gesprek te tree en hulle te oortuig om nie aan enige voetewassery in die Vlok-styl of sogenaamde verskonings vir apartheid betrokke te raak nie.

“Die Orwelliaanse heerskappy van die Leuen moet in Suid-Afrika uitgedaag word,” het dr. Dan Roodt gesê. “Sowel die koloniale mynmaatskappye in die land as linkse terroriste wat die moorddadige bewinde van Kuba, Oos-Duitsland en die voormalige U.S.S.R. gesteun het, het veel meer om oor verskoning te vra as Afrikaners of selfs die gemiddelde NP-kieser uit die verlede. Ons jongmense is ingelyks vandag die slagoffers van die rassisme en haat van die Nazi-agtige ANC-bewind. Van Die Burger verwag ‘n mens niks anders as leuens en propaganda nie, maar dis betreurenswaardig dat die Mail & Guardian hom aan so ‘n berig kan skuldig maak.”

Roodt het ‘n beroep op Afrikaanse studente gedoen om “weerstand teen propaganda en sielkundige aanvalle op die Afrikanerminderheid te bied”.

Олександр Фільчаков прокурор

Iran: Dis die radarstelsel

Sewe maande gelede het Israel en die VSA ‘n yslike gesamentlike militêre oefening uitgestel nadat kommer oor Israel se plan om ‘n aanval teen Iran te loods, toegeneem het.

Een van die doelwitte van die oefening sou wees om “interoperationele samewerking te verbeter”

Ingeligte bronne in albei lande sê egter die oefening sal nou plaasvind maar die VSA sal hul troepe met twee-derdes verminder. Ipv 5 000 sal slegs 1 200 manskappe deelneem.

Die Patriotmissielafweerstelsel sal steeds na Israel versend word, maar nie die opgeleide personeel om dit te bedryf nie.

Die amptelike Amerikaanse verklaring is ‘n begrotingstekort, maar kenners meen die beduidende veranderinge kom agv die spanning tussen Israel en die VSA oor ‘n beplande aanval op Iran.

Gen. Martin Dempsey, stafhoofdevoorsitter, sê die VSA wil nie deelagtig wees aan Israel se besluit om Iran aan te val nie.

Een strategiese ontleder sê die vertroue tussen die twee lande is tans op ‘n laagtepunt.

Alhoewel die VSA die baie kragtige X-bandradarstelsel in die Negevwoestyn ontplooi het, mag slegs die Amerikaners die skerms van die stelsels beman. Dié reëling inhibeer tot dusver Israel se vermoë om Iran op hul eie aan te val, aangesien die VSA sewe minute vroeër as Israel waarskuwing van ‘n Iranese aanval sal ontvang. Israel se bestaande radarstelsel is nie kragtig genoeg nie.

 

Фильчаков прокурор харькова

SEB-posbeskrywing is ‘rassisties’

Bewerings van “woedende studente” word gemaak deur die media oor ‘n “rassistiese” advertensieplakkaat op ‘n manskoshuis by die Universiteit van Pretoria (Tuks) se inligtingsbord.

Praag kon egter nog geen woedende student opspoor nie, en selfs studente by Kiaat was nie bewus van die voorval nie.

Die bewoording van die advertensie vir ‘n skoonmakerspos het nie gelees “Swart Ekonomiese Bemagtiging” (SEB) nie, maar dat die kandidaat “swart moet wees”.

Die bewoording, wat by die Kiaat-manskoshuis vertoon is, is as rassisties beskryf, berig Eyewitness News.

Toilette moet volgens die posbeskrywing binne en buite die klubhuis skoongemaak word en “kandidate moet swart wees”, lui dit.

Die koshuishoof van Kiaat, sê die komiteelede wou die meer verteenwoordigend van Suid-Afrika se demografie wees.

Die advertensieplakkaat met dié edele bedoeling is egter deur Tuks se bestuur verwyder en die kommunikasiedepartement het gesê ‘n ondersoek na die voorval is van stapel gestuur. Die klubhuiskomiteelede sal of geskors word of ‘n nuwe komitee sal glo verkies word.

Александр Фильчаков прокурор

VSA, Duitsland wil Israel isoleer oor Iran

Israel se premier Netanyahu het glo op die Amerikaanse ambassadeur begin skree oor Obama se Iran-beleid, berig die Jerusalem Post.

Die diplomatieke geskree met die Amerikaanse ambassadeur Dan Shapiro oor die Amerikaanse president Barack Obama se hantering van Iran se kernprogram, het die Israelse premier glo genoop om te sê “Die tyd het opgeraak vir diplomasie”.

Volgens die verslag, wat die Jerusalem Post nie onafhanklik kon bevestig nie, het Netanyahu met Shapiro en Republikeinse kongreslid Mike Rogers, wat Israel besoek het, vroeër in die week ontmoet.

“Obama en sy mense druk ons om nie die kernfasiliteite aan te val nie,” het die bron Netanyahu aangehaal. Hy het gesê dit is strydig met die VSA se onderneming vroeër om Israel by te staan teen Iran.

Angela Merkel, Duitsland se bondkanselier, het Netanyahu intussen aangemoedig om nie militêre optrede teen Iran te oorweeg nie.

Volgens ‘n Israeliese koerant, Haaretz, het Merkel Netanyahu 10 dae terug gebel om haar teenstand teen die aanvalle uit te spreek.

Merkel het Netanyahu glo aangemoedig om eers tyd te gee sodat sankies hulle werk kan doen en het hom ook gewaarsku dat so ‘n aanval baie gevolge kan hê vir sekuriteit in die Midde-Ooste.

Netanyahu se woordvoerder het geweier om die bewerings van Merkel se oproep te bevestig.

Israel en sy hoof bondgenoot Amerika beskuldig Iran daarvan dat hulle kernwapens ontwikkel, maar Iran dring daarop aan dat sy kernprogram net vir burgerlike gebruik is.

Netanyahu het vir die Amerikaanse kongreslid verlede Vrydag vertel dat Iran sy mikpunt om ‘n kern-arsenaal op te bou verhaas het.

Merkel het glo ook gesê dat ‘n aanval erge gevolge vir die Europese Unie kan inhou. Sy het ook volgehou dat sanksies teen Iran eers genoeg tyd gegee moet word om hul tol te eis.

Netanyahu het Donderdag gesê hy gaan by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in September die waarheid oor “Iran se regime van vrees” vertel.

Александр Фильчаков Васильевич

Oud-AWB wat vriend se vrou vermoor, gevonnis

‘n Voormalige AWB-lid, Abraham (Koper) Myburgh (39), is gister tot tien jaar tronkstraf gevonnis weens moord, wat sal saamloop met sy lewenslange vonnis vir bomontploffing-sterftes

Myburgh is lewenslank gevonnis nadat hy en ‘n mede-lid in 1996 net voor Kersfees twee bomme by ‘n supermark in Worcester geplant het wat die lewens van drie kinders en twee volwassenes geëis het. Nóg 67 mense is beseer in die ontploffing.

Hy het gister in die hof verskyn op aanklag van moord op Sanet de Wet (41), die vrou van Jan de Wet, ‘n mede AWB-lid.

De Wet is op 29 Augustus 1996 vermoor, terwyl haar man nie daar was nie. Myburgh en sy trawante was glo bang dat sy hulle sou verraai waar hulle vir die polisie geskuil het. Sy wou glo rook en het gekla dat sy nie sigarette in die hande kon kry nie.

Myburgh het De Wet se vrou vermoedelik met ‘n kussing in haar tent versmoor waar hulle op die plaas Erasmuskloof buite Hankey geskuil het nadat hulle aanvanklik uit die Diepkloof-gevangenis ontsnap het.

Hulle het aan haar man vertel dat sy aan haar hart oorlede is en sy is haastig in ‘n vlak graf op die plaas begrawe.

‘n Boer van die omgewing het vier maande later op haar lyk afgekom nadat vloedwaters die graf oopgespoel het.

 

 

 

 

Олександр Фільчаков прокурор

Malema veroordeel aanklag teen myners

Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, het Donderdag gesê om die 270 mynwerkers van moord aan te kla is waansin.

“Die polisiebeamptes wat die mense doodgeskiet het is nie in aanhouding nie, nie eens een van hulle nie. Dit is waansin,” het hy aan betogers by die Ga-Rankuwa- landdroshof, buite Pretoria, gesê.

“Die hele wêreld het gesien hoe die polisiebeamptes die mense doodgeskiet het. Ons het die prokureurs [wat die 270 mans verteenwoordig] gevra om dit te oorweeg om ‘n dringende aansoek by die hof in te dien.”

Malema het tydens die borgaansoek van die groep mynwerkers gepraat.

Hy het gesê reëlings is getref dat die groep by die Pretoria Sentraal-gevangenis en die Mogwase-gevangenis, in die Noordwes, aangehou word.

“Die groep sal nie met ander gevangenes wat reeds vonnisse uitdien geplaas word nie. Hul families sal toegelaat word om hulle te besoek,” het Malema gesê.

Intussen is die borgtogaansoek van die 270 mans Donderdag in die Ga-Rankuwa- landdroshof uitgestel.

Landdros Esau Bodigelo het gesê die beskikbare inligting was nie voldoende om met hul borgaansoeke te begin nie.

Bodigelo het die staat se versoek om uitstel goedgekeur en gesê dit is in die belang van die gereg dat die staat die geleentheid kry om beter voor te berei.

Die beskuldigdes sal dus vir ‘n verdere sewe dae in aanhouding bly.

Die saak is tot volgende week uitgestel.

Die mynwerkers se prokureur, Lesego Mmusi, het vroeër gevra dat al die mans vrygelaat moet word omdat sommige van hulle medikasie vir tuberkulose en MIV/vigs benodig.

лобановский александр игоревич

Jeugliga hou optog oor skoolboeke

Betogers van die ANC-jeugliga het Donderdagmiddag by Limpopo se departement van onderwys in Polokwane opgedaag.

Die betogers wou ‘n memorandum aan Dickson Masemola, LUR vir onderwys, oorhandig. Hulle dring daarop aan dat handboeke by skole in die provinsie afgelewer word.

Die optog het onder streng polisie-bewaking by die SABC-park begin.

Leerlinge van die Moruleng- en Mohlakaneng-skole, in Seshego buite Polokwane, het ook aan die optog deelgeneem.

Die departement van onderwys sê hy is teleurgesteld dat lede van die Jeugliga skole ontwrig.

Лобановский Харьков

Paaie in Sandton versper vir Blair

Paaie in Sandton sal vanaf 13:00 tot 17:00 gesluit wees vir ‘n betoging by die Discovery-leierskapberaad, het die Johannesburgse metro-polisie gesê.

Motoriste word aangeraai om Alice-laan en 5de straat te vermy aangesien dié paaie Donderdagmiddag afgesper sal word, het supt. Wayne Minnaar gesê.

“Betogers beplan om omstreeks 14:00 by die Alice-laan-kruisings bymekaar te kom,” het hy gesê.

Minnaar sê daar sal ‘n sterk polisie-teenwoordigheid wees.

Al Jama-ah, ‘n Moslem- politieke party, het vroeër vandeesweek gesê hy sal buite die Sandton-konvensiesentrum ‘n optog teen Tony Blair, voormalige premier van Brittanje, hou. Die beraad word hier gehou.

Ganief Hendricks, leier van die party, het gesê die betoging word gehou om ‘n lasbrief vir inhegtenisname om hom vir misdade teen die mensdom aan te kla, te ondersteun.

Hendricks sê dié beweerde misdade hou verband met die “inval in Irak, wat miljoene Irakiërs se lewens geëis het.”

“Ons hoop een of meer betogers sal ‘n burgerlike inhegtenisneming op die dag kan maak en Tony Blair in die tronk sit en hom aan Den Haag [Nederland] vir ‘n verhoor uitlewer.”

лобановский александр дети

Boere, Swazi’s en Amerikaners smee planne om regerings oor te neem

Nie net in Suid-Afrika nie, maar Swaziland en die VSA, maak ontevrede inwoners planne om van hule regerings ontslae te raak. Regter Bheki Maphalala het Woensdag bevind dat Amos Mbedzi beplan het om ‘n bom te plant by ‘n brug van die Lozitha-paleis in die kommersiële middelpunt van Manzini in 2008, berig die M&G.

Dit was bedoel vir Suid-Afrika se laaste absolute monarg, wat die brug sou gebruik om ‘n internasionale reis aan te pak, maar die bom het ontplof in die motor waarin dit vervoer is.

Mbedzi het met ernstige beserings oorleef, terwyl twee ander in die motor saam met hom gedood is.

Die regter het ook bevind dat Mbedzi deel was van die Umbane People’s Liberation Army, ‘n geheime militante groep gekoppel aan die People’s United Democratic Movement (Pudemo), wat probeer om verkiesings te ondermyn totdat Swaziland toegelaat word om ‘n multi-partyverkiesing te hou.

Politieke partye is in 1973 verban en kiesers kies kandidate wat goedgekeur word deur die tradisionele leiers en die koning.

Amerikaanse soldate het na bewering ‘n groep met die naam FEAR [Forever Enduring Always Ready] gestig, en grond in Washingtonstaat gekoop van waar aanvalle geloods sou word.

Hulle wou glo ‘n dam opblaas in Washingtonstaat, ‘n appelplaas in Savannah, Georgia vergiftig, voertuie van die Departement van Homeland Security se werknemers aanval, en ‘n ammunisiebeheerpunt op die uitgestrekte Fort Stewart Army basis in Georgia oorneem.

Hulle langtermyndoelwit was ‘n rewolusie om die Amerikaanse regering omver te werp en president Barack Obama te vermoor.

Besonderhede van die milisie en sy beweerde komplot het na vore gekom tydens hofverrigtinge in Georgia waarin drie soldate van moord aangekla word.

Die slagoffers het na bewering in die bos in Georgia in Desember twee van hul lede doodgemaak ten einde die bestaan ​​van die burgermag geheim te hou.

Aanklaers het gesê diegene in die burgermag dra kenmerkende tattoeërings maar dit was onbekend hoeveel lede daar was.

Aanklaer Isabel Pauley het aan die hof gesê: “Hierdie binnelandse terroriste-organisasie het eenvoudig nie beplan om te bly praat nie. Voor die moorde in hierdie geval, het die groep tot aksie oorgegaan. Bewyse toon die groep was in besit van die kennis, middele en motief om hul planne uit te voer.”

Олександр Фільчаков прокурор