PRAAG-petisie teen Woolworths vorder fluks

Vanaf gisteraand loop PRAAG ‘n petisie teen Woolworths se diskriminasie teen blankes op ons Engelstalige blad praag.org. Meer as 120 mense het dit reeds onderteken.

Dis baie maklik om te onderteken en verg bloot ‘n naam en ‘n e-posadres. Lesers wat belangstel om dit te onderteken, klik asseblief hier onder:

Petisie

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

ANC-minister loof Woolworths

Mildred OliphantDie minister van arbeid, Mildred Oliphant, het Woolworths vir sy standpunt oor gelyke indiensneming geloof.

“As die regering van Suid-Afrika en diegene wat transformasie nastreef, sal ons aanhou om maatskappye soos Woolworths aan te moedig om met die transformasie en integrasie van die samelewing voort te gaan,” het sy in ‘n verklaring gesê.

Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG) en die vakbond Solidariteit het vandeesweek ‘n veldtog begin om Woolworths te boikot nadat die maatskappy vertoë geïgnoreer het om indiensnemingsadvertensies wat blankes uitsluit van sy webwerf te verwyder.

Woolworths het gesê hy het as ‘n werkgewer met meer as 50 werknemers ‘n verpligting om sy rassevoorkeurteikens na te kom.

Oliphant het gesê Woolworths is een van die maatskappye wat in 2009 onderhewig was aan ‘n hersieningsproses kragtens die Wet op Gelyke Indiensneming.

“Tydens die proses, soos enige ander werkgewer wat hersien is, het Woolworths onderneem om sy maatskappy te transformeer deur sy gelyke-indiensnemingsplan, wat deur die direkteur-generaal goedgekeur is, te implementeer,” het sy gesê.

Die minister het gesê nadat ‘n opvolghersiening in die 2011/2012-boekjaar gedoen is, het die maatskappy vordering getoon.

“Daar is egter diegene wat dit nie kan verdra om integrasie in die werkplek en die samelewing te sien nie; hulle wil fout vind met diegene wat werklik gelyke indiensneming implementeer as ‘n manier om ons pynlike verlede en wanbalans aan te spreek.”

Фильчаков прокурор

Basta met skaliegas, sê VF+

“Die VF Plus het met afkeur verneem van die besluit van die regering om die moratorium op die ontginning van skaliegas in die Karoo, op te hef. Die party is van mening dat daar vele bewyse is dat hierdie tipe ontginning gevaarlik is vir die omgewing.

“Die ANC-regering het geensins aangedui hoe die ontginning verantwoordelik gedoen kan word nie. Ons is ook bekommerd oor die voordele wat die ANC en sy kaders vir hulleself hierin gaan toeëien,” was die reaksie van adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Minerale Hulpbronne, op die aankondiging deur minister Collins Chabane vandag.

Die VF Plus sal die verslag van die regering aanvra en bestudeer. Die party sal die ontginning van skaliegas waar moontlik teenstaan en selfs saam met ander belangegroepe regstappe neem.

прокурор Фильчаков

Swede betaal glo vir uitlewering

In ‘n skuif wat die bloggers aan die brand het, het Swede belowe om aan Kambodja $60 miljoen te skenk vir “demokratiese ontwikkeling”. Sommiges dink die tydsberekening van die transaksie – reg nadat Pirate Bay se mede-stigter in dié land gearresteer is – is geen toeval nie.

Baie mense het reeds die moontlike verband tussen die “dreigende deportasie” van Gottfrid Svartholm Warg na Swede en die yslike sosiale pakket raakgesien en as “belaglik” beskryf.

Swede stuur gereeld finansiële steun aan die sukkelende Suidoos-Asiatiese staat. Maar inligting beskikbaar op die OpenAid-webwerf, wys waarheen Swede belastingbetalers se geld stuur, en hoeveel daarvan. Hierdie laaste belofte van hulp aan Kambodja sal alle vorige skenkings met 50% oorskry.

Gerugte dat Stockholm die geld gegee het in ruil vir die inhegtenisneming van ‘n man wat hulle wil hê, loop oral op die net. Swede se Pirate Party-stigter Rick Falkvinge, dink die tydsberekening is geen toeval nie.

“Die tydsberekening van hierdie ruim steunpakket lig natuurlik die wenkbroue,” sê Falkvinge.

Die Pirate Party stigter het bygevoeg dat “niemand sal ooit in staat wees om dit te bewys nie, maar as dit loop soos ‘n eend en lyk soos ‘n eend …”

Forums is in rep en roer oor hierdie ontwikkeling, en owerhede moet oral vure doodslaan. Maar die feit bly dat Kambodja, wat 158ste uit 180 lande op die korrupsie-indeks verskyn, geen uitleweringsooreenkoms met Swede het nie en nog nooit tevore enige mens gedeporteer nie.

 

топкарго развод

Franse drama in die Alpe dalk sluipmoord

Die pa van ‘n gesin wat in die Franse Alpe vermoor is, is Donderdag geïdentifiseer as Saad al-Hilli, ‘n 50-jarige wat in Bagdad gebore is, het ‘n Franse polisiebron gesê.

Die polisiebron het bevestig dat die Hilli-gesin in Claygate, Surrey, in die suidweste van Londen gewoon het.

Die Franse president Francois Hollande het gesê Frankryk voel “solidariteit” met die Britte oor Woensdag se aanval naby die Franse dorpie Chevaline in die Alpe. Die man was ‘n Britse paspoorthouer.

Die 50-jarige Al-Hilli, sy vrou en ‘n ouma is Woensdag gevind ná ‘n skietery waarin ‘n ander man, waarskynlik ‘n verbyganger op ‘n fiets wat ‘n ooggetuie van die skietery was, ook dood is. Twee dogters van die gesin het die treurspel oorleef.

Die twee kinders, onderskeidelik sewe en vier, verkeer tans onder swaar polisiebewaking.

Een dogter, die een van sewe, is langs die motor gevind met ernstige skedelbeserings. Sy is in ‘n ernstige, maar stabiele toestand in ‘n hospitaal.

Haar vierjarige sussie het die aanval wonderbaarlik oorleef. Sy het sowat agt ure onder haar ma en ouma se lyke op die agtersitplek van die motor ingekruip voor sy gevind is. Die Franse polisiehelikopter wat oor die toneel met infrarooikamera’s gevlieg het, het nie die lewende dogtertjie onder haar dooie ma se bene opgetel nie.

Die ouma was ‘n Sweedse paspoorthouer. Die Sweedse regering het reeds haar nasionaliteit bevestig.

Die dogtertjie praat Engels. Sy het glimlaggend haar armpies na die Franse polisieman uitgehou wat haar uit die motor gehaal het.

‘n Fietsryer wat enkele oomblikke ná die skietery verby die toneel gery het, het die polisie ontbied. Die fietsryer wat die luierende motor genader het, het die erg beseerde kind daar aangetref en haar lewe waarskynlik gered. Hy is ‘n oud-vegvlieénier van die Britse lugmag.

Hy het die venster van die BWM gebreek om die enjin af te skakel, en die dooie insittendes ontdek. Daarna het hy die polisie ontbied. Hy het waarskynlik ook die voortvlugtige moordenaar op pad teëgekom, maar die Franse media wou nie dié inligting amptelik bevestig nie.

Drie van die insittendes het enkel kopskote gehad, maar die nie die jonger vrou, ma van die dogtertjie nie. Die staatsprokureur van Annecy het in sy amptelike verklaring gesê hy weet nie waaraan die vrou dood is nie, want sy het geen koeëlwond gehad nie. Die motor is ook nie deur ‘n koeëlreën getref, soos vroeër in die media berig is nie.

Die bospaadjie word veral deur fietsryers en stappers gebruik en nie eintlik motors nie.

Volgens ‘n Franse polisiebron, is daar nog ooggetuies, maar hulle wil nie aandui hoeveel nie.

Al-Hilli het voorheen op Irak se wapenprogram gewerk, maar het later na Brittanje gevlug waar hy glo onder beskerming van die Britse geheimediens was. Hy was werksaam by ‘n lugvaartinstansie wat spesialiseer in lugfotografie, volgens een bron.

Die omstrede wapenprogram van Irak is tans weer in die nuus nadat eerwaarde Desmond Tutu geweier het om saam met Tony Blair op dieselfde verhoog te verskyn, nadat Blair die inval in Irak gemagtig het sonder werklik bewyse van die land se wapens van massavernietiging.

Volgens ‘n ander bron, was Al-Hilli betrokke by die installering van outomatiese indentifikasie-stelsels vir olievaartuie op die Rynrivier namens ‘n Nederlandse maatskappy.

Die Britse media het die insident as ‘n “mislukte kaping” beskryf.

 

Фильчаков прокурор

Onrus breek weer by Medupi uit

Die polisie monitor woedende kontrakwerkers by Eskom se Medupi-kragaanleg op Lephalale in Limpopo.

Die werkers het voertuie en toerusting beskadig, vermoedelik omdat hulle hul werk gaan verloor.

RSG berig dié werkers doen kontrakwerk vir die maatskappye Murray en Roberts en Grinaker-LTA.

Ed Jardim, ‘n woordvoerder van Murray en Roberts, sê die werkers is ontevrede want nadat projekte afgehandel word, sal hulle afgedank word.

александр лобановский харьков

FW kyk deur sy nie-rassige bril na ongelykhede

Die grootste ongelykheidsgaping in Suid-Afrika is nie meer tussen swart en wit nie, maar tussen vakbondlede en gewone werkers aan die een kant en werkloses aan die ander kant, het oudpres. FW de Klerk Donderdag gesê.

“Dit is ‘n skeiding wat die kern is van ons uitdaging van ongelykheid,” het De Klerk tydens ‘n gedenkmaal by die Kaapse Persklub gesê.

De Klerk het gesê dit is ook ‘n gaping “waar die Congress of SA Trade Unions gereedmaak om enige pogings om die arbeidsmark meer buigbaar te maak, teen te staan”.

Nóg ‘n hoofoorsaak van ongelykheid is die “katastrofiese mislukking van ons onderwysstelsel”.

De Klerk het gesê ‘n totaal van 60% van skoolverlaters het nie matriek geslaag nie en diegene wat matriek geslaag het, het geslaag met ‘n gemiddelde punt van minder as 40%.

Александр Фильчаков прокурор

Verklaar ‘n noodtoestand!

“Ek verklaar my land as onveilig en dring daarop aan dat die regering ‘n noodtoestand uitroep,” so sê me. Amanda de Lange, streekvoorsitter van die VF Plus aan die Wesrand ná die skietdood van ‘n hoërskool dogter in Krugersdorp.

Die Botha-gesin is Woensdagaand by hul huis in Muldersdrift deur drie rowers ingewag. Die jongste dogter, Alyssa, is in die maag getref en het aan haar beserings beswyk. Haar ouer suster Megan is in beide haar bene getref en haar pa is ook geskiet. Beide pa en dogter is in ‘n ernstige toestand. Die rowers het met ‘n beursie en selfone gevlug en is steeds op vrye voet.

“Ek kan myself met die Botha-gesin assosieer. My oudste dogter, Bianca, is twaaf jaar gelede sonder rede geskiet. Sedertdien het niks verander nie. Die moorde op onskuldige landsburgers het ‘n alledaagse verskynsel geword. Die owerhede is apaties en doen niks om hul mense te beskerm nie”, so sê me. De Lange, wat 13 jaar lank streekvoorsitter van die Gemeenskap Polisieforum aan die Wesrand was.

“Die polisie is net so ontoereikend. Hul suksessyfers kan daarvan getuig. Hulle is dae lank in interne gesprekke en debatte oor of hulle moet skiet of nie. Intussen word mense wreed vermoor terwyl daar in raadsale gedebateer word. Ons kan eenvoudig nie meer so voortgaan nie. Hoeveel onskuldige kinders moet ons nog verloor terwyl politici hulle van die werklike probleme distansieer. Hoeveel gesinne moet wreed uitmekaar geskeur word terwyl senior amptenare die probleem van die een departement na die ander stuur?,” het sy gesê.

Die VF Plus het daarmee saam sy meegevoel aan die Botha-gesin betuig en hom weereens verbind tot aksie.

“Ons sal nie ophou om die owerhede tot verantwoording te roep nie. Ons sal nie ophou om moorde onder die aandag van die buiteland te bring nie en sal ook nie ophou om die regering by die hoogste gesag in die land en in die wêreld te verkla nie. Ons sal nie ophou totdat Suid-Afrika weer ‘n veilige plek vir almal is nie,” aldus mev. de Lange.

лобановский класс

Brits getref deur jongste plaasmoord

“Dit is met skok en afgryse dat ek vanoggend verneem het van die moord op mnr. Mauritz Oberholzer op sy plaashoewe in Losperfontein, Brits,” het Elsa Lourens, Vryheidsfront Plus-raadslid in die Madibeng-munisipaliteit gesê.

Die aanvallers het net na middernag toegeslaan. Mnr. Oberholzer is in die been geskiet, ‘n worsteling het ontstaan waarna mnr. Oberholzer vermoedelik met n graaf, wat langs hom gevind is, doodgeslaan is. Mev. Rita Oberholzer is ongedeerd nadat sy daarin geslaag om haarself in die badkamer toe te sluit.

Die moordenaars is weg met mnr. Oberholzer se brandkluis.

Lourens het vanoggend die gesin besoek en het daarna met van die boere op die toneel en omringende plase gesels.

“Die mense is diep geskok en ‘n ongekende woede heers in die gemeenskap,” het Lourens gesê.

Mev. Lourens, wat ook op die beheerliggaam sit vir beveiliging vir sektore 3 en 4 (landelik) Brits, het direk na haar besoek aan die gesin ‘n vergadering op ‘n buurplaas gehad met kapt. Ndlovu en kapt. Diale, 2 van die sektor-polisiëringsbestuuders van die SAP in Brits.

“Ek het aan hulle gesê dat die boeregemeenskap nie verkwalik geneem kan word as emosies begin hoog loop nie. Daar is al soveel berade en vergaderings oor landelike veiligheid in Brits gehou, maar niks konkreets kom na vore nie,” het Lourens bygevoeg.

Mev. Lourens het ook gesê dat die beheerliggaam en gemeenskap-polisiëringsforums en buurtwagte daarop aandring dat die SAP se sektor-polisiëringseenheid geskei moet word van algemene polisiëring. Die sektorhoofde het nie die personeel en voertuie om pro-aktief te patrolleer en re-aktief op te tree nie en moet staatmaak op die beskikbaarheid van dorpspersoneel en hulle voertuie. Die SAP se sektor-polisiëringseenhede sal slegs kan funksioneer as permanente personeel en voertuie aan hulle toegeken word. Plaasmoorde sal ook as prioriteitsmisdaad verklaar moet word.

Mnr. Oberholzer se dood word betreur deur die gemeenskap waar hy ook ouderling was in die plaaslike NG Gemeente Vorentoe.

“Ons innige meegevoel is aan die familie oorgedra en ons spreek ook die hoop uit dat die saak spoedig opgelos sal word en die skuldiges aangekeer sal word.”

topcargo отзыв

Marikana: Uiters gespanne

Die hoofstuk by Marikana is nog nie afgesluit nie, met dreigemente van geweld deur duisende stakende werkers by die Lonmin-myn .

Woensdag het sowat 5000 ontstoke myners, gewapen met byle, kieries, stokke en pale, gedreig om enigiemand of enige voertuig wat poog om die pad na die myn in Noordwes te versper, aan die brand te steek.

Die dreigement is gemaak teen die agtergrond van byna twee weke van geweld waarin 10 mense – insluitend twee veiligheidswagte en twee polisiemanne, asook 34 stakende mynwerkers dood is.

Gister het mynwerkers opgeruk na Kareemyn, buite Rustenburg, en het ‘n ultimatum om teen 13:00 op te hou werk, uitgevaardig. Hulle het ‘n nuwe golf van bloedvergieting belowe as daar nie aan die oproep gehoor gegee word nie.

“Ons is hier om die impimpi’s uit te rook [informante],” het William Stone, een van die mynwerkers aan timeslive.co.za gesê. Hy het gesê hulle is baie ernstig.

“As hierdie myn oop bly, sal daar bloed wees,” het hy gedreig.

Die mynwerkers het liedjies oor Lonmin-bestuur en President Jacob Zuma en sy regering gesing om hulle te koggel.

Die stakers sê hulle verdien R4 500 ‘n maand na aftrekkings en eis ‘n volle salaris van R12 500. Cyril Ramaphosa druk glo die verskil in sy eie sak, omdat hy as arbeidsmakelaar by die myn optree.

Die aantal werkers wat vir werk aangemeld het, het gedaal tot ‘n laagtepunt, met Lonmin wat slegs ‘n 4,5%-arbeidsmagbywoning van alle skagte gerapporteer het.

Die Lonmin se aandeelprys het byna 20% in die laaste maand gedaal.

‘n Senior skagbestuurder Jan Thirion het gesê die mynwerkers se dreigemente was “soos ‘n gelaaide geweer teen jou kop”. Hy was omring deur swaar gewapende lyfwagte.

Provinsiale woordvoerder van die polisie Brigadier Thulani Ngubane het gesê dat die polisie die situasie bestuur.

“Dit is ‘n uiters gespanne omgewing op die oomblik,” het Ngubane gesê.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор