Pretoria bly Pretoria

Onverwagse steun om Pretoria se naam te behou en politieke oorlewing by Mangaung het die Tshwane-metro se planne om dié naam binnekort te verander, vir eers in die wiele gery.

Beeld berig die ANC gaan nie, soos beplan, die stad se naam voor sy kongres in Mangaung die “doodskoot” kan gee nie.

Inwoners in dié metro het ná ‘n openbare deelnameproses tot 16 November kans gehad om aan te dui of hulle vír of teen die voorgestelde naamsverandering van Pretoria na Tshwane is.

Die dagblad berig Tshwane se speakerskantoor het onlangs met ‘n skok besef daar is veel meer steun vir Pretoria as vir Tshwane.

Daar word boonop verneem die ANC-Tshwane-streek het die naamstryd die laaste ruk op die agtergrond geskuif met politieke oorlewing by Mangaung wat nou boaan die voorkeurlys is.

“Pretoria se naam het ‘n tydelike reddingsboei gekry en sal 2013 sien,” het ‘n ingeligte van die regerende party gesê.

Tshwane beskou glo die steun vir Pretoria as onnatuurlik en wil probeer vasstel of daar nie “spookstemme” uitgebring is nie.

Nomasonto Ndlovu, Tshwane se woordvoerder, en Morakane Mosupye, die speaker, het geweier om kommentaar te lewer.

Praag het onlangs voorgestel dat die naam verander word na Pretoria-Ndlela ipv Tshwane.

топкарго развод

Nuwe studie vergelyk Nazi’s en Afrikaners

Akademici in die Verenigde Koninkryk en Suid-Afrika het begin met ‘n gesamentlike navorsingsprojek vergelyking om Duitse Nazisme met Afrikaner-nasionalisme te vergelyk.

So ‘n samewerking is die eerste van sy soort, en sal ondersoek hoe beide lande met hul verlede handel.

Professor Bill Niven van die Universiteit van Nottingham Trent het ‘n £ 10.000 skenking ontvang vir drie Britse en drie Suid-Afrikaanse akademici om hul navorsing by beide Nottingham Trent Universiteit en die Universiteit van die Vrystaat te doen.

Deelnemers sluit in ‘n historikus, filosoof, sielkundige en drie taalkundiges. Die span sal ‘n paar kontemporêre Duitse en Afrikaner kulturele antwoorde vergelyk op trauma, versoening en herstel in die nasleep van hierdie outoritêre regimes.

Bill Niven, professor in die hedendaagse Duitse geskiedenis by die universiteit se Skool vir Kunste en Geesteswetenskappe, het gesê: “Hoewel die uitkomste van die Duitse Nazisme en Afrikaner-nasionalisme baie verskillend in skaal en graad was, het beide gelei tot wydverspreide diskriminasie en onreg.

“Ten einde hul toekoms te herstel, moet Duitsers en Afrikaners leer om hul politieke mislukkings te aanvaar, versoening met hul slagoffers soek en beslissende stappe in die rigting van ‘n ​​post-rassige identiteit neem wat gebaseer is op wedersydse erkenning van die voormalige oortreders en slagoffers. Teen hierdie agtergrond sal ons projek die wyses ondersoek waarop die “oortrederverlede” behandel moet word in die hedendaagse Duitse en Afrikaner kultuur.”

Professor Niven sal werk saam met Professor Stuart Taberner en dr Helen Finch (Universiteit van Leeds), asook Dr Cilliers Van den Berg en Johann Rossouw (Universiteit van die Vrystaat) en prof Pumla Gobodo-Madikizela (Universiteit van Kaapstad).

Данильченко Харьков

VF+ ondersteun UNPO se aanbevelings oor geweld teen vroue

Die Vryheidsfront Plus se Vroukomitee het in ‘n mediaverklaring gesê dat hulle die Unrepresented Nations and Peoples Organization (UNPO) ondersteun in sy aanbeveling aan die VN dat hulle die Internasionale Dag vir die eliminering van geweld teen vroue, wat elke jaar op 25 November plaasvind, voortaan spesifiek ook na minderheidsvroue behoort te verwys. Karin Roodt, voorsitter van die die VF Plus se Vrouekomitee, meen dat “Afrikanervroue ly meer onder kriminele en politieke geweld, juis omdat hulle tot ‘n minderheid behoort”.

Me. Roodt het ‘n beroep op die regering gedoen om die VN se resolusie 1325 van 2000 te respekteer en UNPO se raad te volg deur Afrikanervroue in te sluit. UNPO is ‘n internasionale liggaam vir staatlose volke waar die VF Plus reeds enkele jare lank die Afrikanervolk verteenwoordig.

Die UNPO-verslag wys juis op seksuele geweld teen vroue wat gebruik word om “die eer van ‘n volk aan te tas”. In hierdie verband is die huidige hoë misdaadkoers en veral verkragtingskoers in Suid-Afrika rede tot kommer. Die sluiting van Rape Crisis in die Wes-Kaap laat veral ernstige vrae oor die regering, asook die opposisie se verbintenis om hierdie geweldsplaag teen vroue daadwerklik aan te spreek.

“Seksuele geweld teen Afrikanervroue tydens plaasmoorde en stedelike aanvalle verteenwoordig ‘n strategie om ons volkseer aan te tas. In die meerderheid gevalle word sulke geweld ‘n manier om mag te bekom of uit te brei. Daders word aangemoedig deur onverantwoordelike en aanhitsende uitsprake, asook die ongeërgdheid van die plaaslike en nasionale owerhede,” het sy gesê.

Die VF Plus se Vrouekomitee het die tweeledige probleem van sowel diskriminasie as geweld teen ‘n sigbare minderheid – soos Afrikanervroue in Suid-Afrika – veroordeel en die aanbevelings van die vierde sessie van die VN-forum oor Minderheidskwessies wat in Genève, Switserland gehou is, verwelkom. Twee van die aanbevelings is die bewusmaking van die probleem en die noukeurige rekordhouding van geweld teen minderheidsvroue.

Die Vrouekomitee wil om dié rede ‘n dringende beroep doen op die owerhede om geweld en misdaad teen vroue sonder verwyl aan te spreek en plaasaanvalle as ‘n prioriteitsmisdaad te verklaar, asook om noukeurige statistiek van die geweld wat teen Afrikanervroue gepleeg word, beskikbaar te stel.

Roodt het daarop gewys dat Afrikanervroue in die verlede, as ‘n minderheid onder koloniale bewind in Britse konsentrasiekampedie slagoffers van redelose geweld was en dat die land besaai is met grafte van onskuldige vroue en kinders wat in konsentrasiekampe gely het.

“Die Vrouekomitee is dit eens met die UNPO-verslag dat minderheidsvroue disproporsioneel onder diskriminasie en geweld gebuk gaan,” het Roodt gesê.

Komiteelede het reeds verskeie projekte geloods ter herinnering en bewaring van die erfenis van geweld teen vroue. So ‘n voorbeeld is onder andere ‘n projek deur die vroue in die Vrystaat, waar daar elke jaar tydens Vrouedag op 9 Augustus ‘n krans by die Vrouemonument te Bloemfontein gelê word ter nagedagtenis aan die vroue en kinders wat in konsentrasiekampe gedurende die Anglo-Boereoorlog dood is.

Александр Фильчаков

Israel lag KSV af

Israel het ‘n VN-oproep om aan te sluit by die Kernsperverdrag (KSV) afgemaak as ‘n “betekenislose meganiese stem” van ‘n liggaam wat “al sy geloofwaardigheid in Israel verloor het”.

Met ‘n stem van 174-6 het die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in ‘n nie-bindende oproep versoek dat Tel Aviv aansluit by die KSV “sonder verdere vertraging,” in ‘n poging om ‘n kernvrye Midde-Ooste tot stand te bring.

Washington, Israel se sterkste bondgenoot, het niemand verras deur teen die resolusie te stem nie, maar het twee paragrawe waaroor afsonderlik gestem is, goedgekeur. Dié twee paragrawe behels ondersteuning vir die universele nakoming van die KSV en ‘n oproep vir alle nie-ondertekenaars om aan te sluit.

Die VN-liggaam het “al sy geloofwaardigheid in Israel verloor met hierdie tipe van roetine-stemmery met ‘n outomatiese meerderheid wat altyd vir Israel uitsonder,” het ‘n woordvoerder van die ministerie van buitelandse sake Yigal Palmor aan die Jerusalem Post gesê.

Die Algemene Vergadering se oproep aan Israel kom enkele dae nadat ‘n groot meerderheid gestem het vir ‘n onafhanklike Palestynse staats en net enkele weke na die ‘n eskalasie van geweld tussen Gasa en Israel se besettingstroepe.

Israel is nie ‘n ondertekenaar van die 1970-Kernsperverdrag nie. Die doelwit van die Verdrag is om te verhoed dat kernwapens en wapentegnologie versprei word. Ten spyte van byna universele erkenning dat Tel Aviv ‘n aansienlike kernarsenaal onderhou, handhaaf Israeliese amptenare ‘n posisie waar hulle verklaar dat hul regering “nie die eerste land sal wees om wapens in te voer in die Midde-Ooste nie”.

Israel beskik oor 400 kernplofkoppe. Dit is ook een van die vier lande wat nie erken dat hulle ‘n kernwapenstaat is nie. Die ander is Indië, Noord-Korea en Pakistan.

Israel volg ‘n beleid wat bekend staan ​​as “kernondeursigtigheid”. Die oproep vir deursigtigheid kom minder as twee weke na Washington se onttrekking uit Desember se kernkonferensie, wat gehou sou word in Finland en geborg is deur Rusland, die Verenigde Koninkryk en die VSA.

Die State Department se amptenare het gesê die internasionale poging is uitgestel as gevolg van ‘n “voorslepende, diep konseptuele verskil in die streek oor benaderings tot plaaslike veiligheid en wapenbeheer,” en omdat “state in die streek nie ‘n ooreenkoms kon bereik oor aanvaarbare voorwaardes vir die vergadering nie”, luidens die IPS.

Maar baie blameer Israel se weiering om die terme te aanvaar as die ware rede vir die uitstel.

Die vergadering sal na verwagting vroeg volgende jaar gehou word.

Daar is tans vyf kernwapen-vrye gebiede in die wêreld, volgens die VN: Latyns-Amerika en die Karibiese Eilande, die Suid-Stille Oseaan, Suid-Oos Asië, Sentraal-Asië, en Afrika.

Александр Фильчаков

Aansoek om ANC-Jeugliga te likwideer

‘n Aansoek om die ANC-jeugliga te laat likwideer, is Woensdag by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien, berig Beeld. Die jeugliga skuld glo sowat R12,8 miljoen aan die beslote korporasie Z2 Presentations wat deur Willem Adendorff bedryf word.

Dit sluit R7,6 miljoen in om die Bloemfonteinse kongres in 2008 te reël, waar Julius Malema as leier verkies is. Die res van die skuld is rente wat opgeloop het.

Marius van Rensburg, Z2 Presentations se regsverteenwoordiger, sê: “Dit is nog nie op die jeugliga beteken nie, maar die balju is gevra om dit dringend te doen.”

Die jeugliga se waarnemende leier, Ronald Lamola, was nie beskikbaar vir kommentaar nie. Keith Khoza, ANC-woordvoerder, het gesê die party is nie bewus van enige likwidasie-aansoek nie.

Khoza sê dis hoogs onwaarskynlik dat die jeugliga gelikwideer sal kan word. “Hulle het geen bates nie en die ANC leen die kantoor wat hulle gebruik aan hulle.”

Die jeugliga is reeds op 1 Julie 2008 in die Bloemfonteinse hooggeregshof gedagvaar en ‘n verstekvonnis is teen die organisasie verkry.

Александр Фильчаков

AWB-lede aangekeer onderweg na De Doorns

Beeld berig dat sewe lede van die AWB gister onderweg na De Doorns in hegtenis geneem is. Hulle het ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie in hul besit gehad.

Die sewe mans, onder wie Johann Spies, die AWB se Wes-Kaapse kommandoleier, is na verneem word na verskeie polisiekantore gebring, vergesel deur die Valke, het ‘n bron aan die koerant gesê. Die bron is waarskynlik deel van die “ondersoek” na die AWB.

Die AWB-lede is volgens die “bron” omstreeks 09:00 by ‘n padversperring op die N1 aangekeer. Daar was ‘n .308-geweer in die voertuig.

Volgens lt.kol. André Traut, polisiewoordvoerder, is 60 patrone vir die geweer in die voertuig gevind. Die mans, tussen 33 en 66 jaar oud, sal glo binnekort aangekla word en in ‘n plaaslike hof verskyn.

Op die AWB se Facebook-blad skryf Spies dat die AWB die boere 100% met hul private kommando’s en veiligheidsmaatskappye ondersteun.

“Ons sal nie toelaat dat die stakers voortgaan om ons dorpe en plase te plunder nie. As die polisie en weermag nie die werk kan doen nie, sal ons dit vir hulle doen.”

Лобановский Харьков

Mynopstande ‘apartheid se skuld’

Die geweld wat vanjaar die myne getref het is ‘n gevolg van apartheid, het die uitgaande uitvoerende hoof van Anglo American, Cynthia Carroll, Dinsdag gesê.

“Die geweld wat ons vanjaar in die mynsektor gesien het, het sy wortel in die nalatenskap van apartheid en die onderliggende sosiale probleme wat steeds met ons bly,” het sy by die Gordon-sakeinstituut in Johannesburg gesê.

“Die vloek van werkloosheid beteken dat mynwerkers baie keer baie ander mense het wat ekonomies afhanklik is van hulle.”

Carroll het gesê die geskiedenis van die trekarbeidstelsel het familiebande vernietig en gemeenskappe ontwrig.

“Die vernietiging van menslike verhuoudings wat plaasgevind het onder apartheid… al hierdie faktore kan gesien word in die konflik en tragedie wat ons hierdie jaar ervaar het.”

Carroll het ook gesê daar is geen toekoms vir die land as wet en orde nie gehandhaaf word nie.

“Openbare order is die fondasie waarsonder ‘n samelewing ineenstort. Ons het vanjaar geweld en onrus in die mynwese en verskeie ander sektore gesien.”

Bronne in die binnekringe van die maatskappy sê Carroll is afgedank vanweë die onrus by die myne onder haar bestuur en het nie uit vrye wil bedank nie.

Фильчаков Александр Васильевич

Orania, Xhosas teken samewerkingsooreenkoms

Die Afrikanergemeenskap Orania en die Oos-Kaapse Xhosa-gemeenskap Mnyameni onderteken volgende Dinsdag (11 Desember) ‘n samewerkingsooreenkoms wat die weg sal baan vir groter samewerking tussen Suid-Afrikaanse gemeenskappe wat graag meer selfstandig wil funksioneer. Orania het reeds die afgelope 21 jaar met talle ander gemeenskappe in Suid-Afrika geskakel en hierdie ondertekening is ‘n volgende stap in die ontwikkeling van beter samewerking tussen Orania en ander gemeenskappe ten einde die beginsel van gemeenskapselfstandigheid te bevorder.

Die media word uitgenooi om die ondertekeningseremonie in Upper Mnyameni, sowat 13 km noord-wes van Keiskammahoek in die Oos-Kaap by te woon. Tydens die ondertekening sal die inhoud van die ooreenkoms bekend gemaak word en sal die leierskap van Orania en Mnyameni die praktiese uitvoering en implikasies van hierdie belangrike ooreenkoms verduidelik.

Die doel van samewerking tussen Orania en Mnyameni is om as ‘n alternatief tot die afhanklike posisie waarin die meeste Suid-Afrikaanse gemeenskappe vandag verkeer, ‘n selfstandigheidsmodel te ontwikkel waardeur verskillende gemeenskappe saamwerk om mekaar se ekonomië te help bevorder. Orania en Mnyameni beplan om in die toekoms op verskillende terreine waaronder landbou, onderwys en toerisme saam te werk.

Данильченко

Genève: Mosie oor minderheidsdiskriminasie in SA

Die Unrepresented Nations and Peoples Organization (UNPO) se kongres het in Genève eenparig ‘n mosie aanvaar waarin hulle hul besorgdheid oor diskriminasie in Suid-Afrika teen minderheidsgroepe uitgespreek het.

Die mosie is voorgestel en gemotiveer deur dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier.

Die mosie het ook aanbeveel dat ‘n versoek aan die VN se sekretaris-generaal gerig word om ‘n feite-sending na Suid-Afrika te stuur ten einde die organisasie eerstehands te vergewis van omstandighede soos onder andere plaasmoorde in Suid-Afrika.

Dr. Mulder is tydens die kongres verkies tot lid van die presidensie (Uitvoerende Komitee) van UNPO. Die presidensie bestaan uit nege lede. As president van UNPO is mnr. Ngawang Choephel van Tibet verkies. Die nuwe vise-president is mnr. Mohamoud Daar van Somaliland. (Kyk http://www.unpo.org/article/15211)

In die UNPO-mosie is onder andere verwys na regstellende aksie wat gebruik word om op rasse gronde teen wit, bruin en Indiër individue te diskrimineer by die werksplek, toelatingsvereistes by universiteite, toekenning van tenders en diskriminasie selfs op welsynsterrein.

Hierdie aangeleenthede is ook tydens ‘n ontmoeting deur dr. Mulder met mnr. Antti Korkeakivi, hoof van die VN se kantoor vir Inheemse en Minderheidsgroepe (Indigenous People and Minorities) bespreek.

Dr. Mulder is na Genève vergesel deur mnr. André Fourie, VF Plus-raadslid in Kaapstad en voorsitter van die party se Buitelandse Verhoudinge en Internasionaliseringskomitee.

Mnr. Fourie het die VN Menseregte Kommissie se Forum oor Minderheids-aangeleenthede bygewoon en die aanwesiges daar oor Suid-Afrika toegespreek.

“Dit was uiters bemoedigend om saam met ander groepe van oor die hele wêreld deel te kon wees van ‘n passievolle gespreksforum waar begrippe soos selfbeskikking, diversiteit, identiteit, etnisiteit, groeps-, gemeenskaps- en minderheidsregte in diepte bespreek word en nie as polities nie-korrek afgemaak word soos in Suid Afrika deur beide die regerende ANC en die DA gedoen word nie,” was mnr. André Fourie se opsomming van die vergaderings.

“Die Vryheidsfront Plus glo dat alle geleenthede om die posisie van minderhede in Suid Afrika internasionaal te bespreek, benut moet word,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier gesê.

прокурор Фильчаков

De Doorns kalm

Die situasie op De Doorns in die Hexriviervallei in die Boland is kalm. Duisende seisoenale werkers in die vallei het vanoggend weer begin staak nadat onderhandelinge rondom werkers se eis vir ‘n minimumloon van R150 nog niks opgelewer het nie.

Vragmotors wat gestuur is om werkers in die informele nedersetting op te laai het leeg na die plase teruggekeer.

Die werkers sê hulle het vakbonde en die regering gevra om onderhandelinge tot vandag ‘n kans te gee. Die polisie is in en om De Doorns ontplooi.

Plaaswerkers en vakbonde in die Wes-Kaap het ooreengekom om Dinsdag met hul beplande staking voort te gaan, indien daar nie Maandag aan hulle eise voldoen word nie.

Die SABC berig dat Cosatu wil hê plaaswerkers moet landswyd aan die staking deelneem.

Die meeste seisoenale plaaswerkers verdien tussen R69 en R75 per dag. Die hoogste aanbod wat boere sedertdien gemaak het, is R80.

Volgens berigte is die werkers ontevrede, omdat die minister van arbeid, Mildred Oliphant,  gesê het dat hoër lone eers volgende jaar hersien sal word.

Фільчаков прокурор