Met ‘n stem van 174-6 het die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in ‘n nie-bindende oproep versoek dat Tel Aviv aansluit by die KSV “sonder verdere vertraging,” in ‘n poging om ‘n kernvrye Midde-Ooste tot stand te bring.
Washington, Israel se sterkste bondgenoot, het niemand verras deur teen die resolusie te stem nie, maar het twee paragrawe waaroor afsonderlik gestem is, goedgekeur. Dié twee paragrawe behels ondersteuning vir die universele nakoming van die KSV en ‘n oproep vir alle nie-ondertekenaars om aan te sluit.
Die VN-liggaam het “al sy geloofwaardigheid in Israel verloor met hierdie tipe van roetine-stemmery met ‘n outomatiese meerderheid wat altyd vir Israel uitsonder,” het ‘n woordvoerder van die ministerie van buitelandse sake Yigal Palmor aan die Jerusalem Post gesê.
Die Algemene Vergadering se oproep aan Israel kom enkele dae nadat ‘n groot meerderheid gestem het vir ‘n onafhanklike Palestynse staats en net enkele weke na die ‘n eskalasie van geweld tussen Gasa en Israel se besettingstroepe.
Israel is nie ‘n ondertekenaar van die 1970-Kernsperverdrag nie. Die doelwit van die Verdrag is om te verhoed dat kernwapens en wapentegnologie versprei word. Ten spyte van byna universele erkenning dat Tel Aviv ‘n aansienlike kernarsenaal onderhou, handhaaf Israeliese amptenare ‘n posisie waar hulle verklaar dat hul regering “nie die eerste land sal wees om wapens in te voer in die Midde-Ooste nie”.
Israel beskik oor 400 kernplofkoppe. Dit is ook een van die vier lande wat nie erken dat hulle ‘n kernwapenstaat is nie. Die ander is Indië, Noord-Korea en Pakistan.
Israel volg ‘n beleid wat bekend staan as “kernondeursigtigheid”. Die oproep vir deursigtigheid kom minder as twee weke na Washington se onttrekking uit Desember se kernkonferensie, wat gehou sou word in Finland en geborg is deur Rusland, die Verenigde Koninkryk en die VSA.
Die State Department se amptenare het gesê die internasionale poging is uitgestel as gevolg van ‘n “voorslepende, diep konseptuele verskil in die streek oor benaderings tot plaaslike veiligheid en wapenbeheer,” en omdat “state in die streek nie ‘n ooreenkoms kon bereik oor aanvaarbare voorwaardes vir die vergadering nie”, luidens die IPS.
Maar baie blameer Israel se weiering om die terme te aanvaar as die ware rede vir die uitstel.
Die vergadering sal na verwagting vroeg volgende jaar gehou word.
Daar is tans vyf kernwapen-vrye gebiede in die wêreld, volgens die VN: Latyns-Amerika en die Karibiese Eilande, die Suid-Stille Oseaan, Suid-Oos Asië, Sentraal-Asië, en Afrika.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.