Kieshof bevind teen OVK-voorsitter

Die leier van die United Democratic Front, Bantu Holomisa, sê die Kieshof se aanbeveling dat die OVK se voorsitter, Pansy Tlakula, uit haar amp verwyder word, sal dien as waarskuwing vir ander dat niemand bo die reg verhewe is nie.

RSG berig dat die hof teen Tlakula beslis het in haar stryd teen sewe opposisiepartye wat wil hê sy moet uitgeskop word.

Die hof het in ‘n geskrewe uitspraak bevind dat Tlakula die OVK se onafhanklikheid en integriteit in gedrang gebring het.

Tlakula is vroeër deur die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, skuldig bevind aan wangedrag met die aankoop van die kommissie se hoofkwartier in Centurion.

Holomisa wat deel was van die hofaansoek teen Tlakula, sê hulle is reg bewys.

Haar toekoms hang nou af van die Parlement.

Straatsmouse in Pretoria met haelgewere uitmekaargejaag

Polisiebeamptes gewapen met haelgewere het ‘n skare straatsmouse in die Pretoria Woensdag uitmekaargejaag.

Tshwane-metropolisie en die SA Polisiediens het die betogers van Isivuno House, die munisipale hoofkantoor, verjaag met dreigemente van skerppuntaksie.

Winkels en banke is gesluit toe die oproeriges met stokke en klippe in Lilian Ngoyi-straat afbeweeg het. Die straat is afgesper, wat veroorsaak het dat verkeer erg ontwrig is.

Die smouse, die Tshwane Barekisi Forum, het Dinsdag ‘n reaksie geëis op ‘n memorandum van griewe wat aan die munisipaliteit oorhandig is.

Hulle beweer die metropolisie teister sy lede en steel hul voorraad.

Die smouse het gedreig om die stad onregeerbaar te maak indien dit nie stop nie.

Die handelaars wil ook hê die metropolisie moet optree teen ‘n beampte wat hulle beskuldig van die moord van een van hul kollegas in Januarie.

Die forum beweer Foster Jan Rivombo, ‘n groenteverkoper, is doodgeskiet vir die weiering om van sy voorraad aan die Tshwane-metropolisie te oorhandig.

Die forum sê hulle het meer as 1000 gelisensieerde lede in Pretoria.

Gebrekkige opleiding kon vliegramp veroorsaak het

Die Burgerlike lugvaartowerheid sê die militêre vliegongeluk in Mpumalanga, waarin drie mense omgekom het, is moontlik veroorsaak gebrekkige vliegopleiding vir spesifieke weerstoestande.

Die Cessna-vliegtuig was van Sabi Sabi na Lydenburg onderweg toe dit in die Misty Mountain-gebied neergestort het.

Die twee oorlewendes is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem.

Die weermag sê die ondersoek na die oorsaak duur voort.

Beeld het bronne aangehaal wat beweer het die vlieënier was “hoogs ervare”.

Lugvaart-kenners het reeds gevra dat die lugmag dit moet oorweeg om opleiding vir swak weerstoestande terug te bring, nadat dit geskrap is.

Motoriste gewaarsku oor oproer noord van Pietersburg

Die N1 tussen Louis Trichardt (Makhado) en Pietersburg (Polokwane) in Limpopo is gesluit nadat oproer in die gebied uitgebreek het.

Inwoners by Botlokwa is in opstand oor gebrekkige dienste.

‘n Polisie-woordvoerder, Hangwani Mulaudzi, het motoriste aangeraai om op hul hoede te wees in dié omgewing.

Veral taxis en vragmotors wat na Zimbabwe op pad is, word geraak.

Die polisie monitor die gebied.

Ebola maai in Wes-Afrika

Sewe mense is in die Liberiese hoofstad, Monrovia aan die Ebola-virus dood, het RSG berig

Dit is die eerste sterftes in die stad nadat die hoogs-aansteeklike virus in verskeie Wes-Afrika lande uitgebreek het.

Onder die slagoffers is `n verpleegster en vier mense van dieselfde familie.

Guinee het die swaarste onder die Ebola-virus deurgeloop met twee-honderd-en-agt sterftes sedert die eerste gevalle in Maart aangemeld is.

Tot dusver is daar nie middels teen die virus of enige entstof wat dit kan verhoed nie.

N2 in Oos-Kaap sluit na openbare geweld

Oproerigheid het daarvoor gesorg dat talle mense in hegtenis geneem is in die Oos-Kaap vir openbare geweld.

Die polisie was uiteindelik genoodsaak om traangas en skokgranate te gebruik om die skare uiteen te jaag.

Oproermakers het die die N2 tussen Oos-Londen en King William’s Town versper.

Die inwoners van Tshabo het buitebande op die pad aan die brand gesteek en verkeer ure lank ontwrig.

Die oproeriges eis dat ‘n raadslid bedank, nadat hy nie sy beloftes oor behuising nagekom het nie.

President lewer moeë Staatsrede

In ‘n Staatsrede wat verskeur is deur opposisielede, het president Jacob Zuma min op detail gefokus en byna hoegenaamd nie op die Nasionale Ontwikkelingsplan nie, die regering se groei bloudruk.

Zuma het benadruk dat die skep van werkgeleenthede vinniger ekonomiese groei vereis, maar effektief begin met die 2016 plaaslike regering verkiesingsveldtog.

Hy het direkte ingryping deur die staat in sukkelende munisipaliteite in die vooruitsig gestel.

Hy het spesifiek verwys na die faktuurkrisis in Johannesburg, wat die ANC baie steun kos het.

Verskeie ingrypings sal plaasvind om die ekonomie te help, het hy gesê. ” Ons het ‘n sterk teiken van 5% groei teen 2019. ”

Die toespraak volg na ‘n afgradering Vrydag deur Standard & Poor’s asook Fitch.

Ekonomiese somberheid het verdiep sedert die ekonomie in die eerste kwartaal gekrimp het.

Zuma het gesê die regering is vasbeslote om in samewerking met die private sektor struikelblokke in beleggings te verwyder.

“Ons sou graag wou sien dat die private sektor soveel vertroue in die ekonomie het as die openbare sektor,” het hy gesê.

Hy het erken dat ekonomiese groei ver agter die Regering se teikens is en dat Suid-Afrikaners daaronder ly. Hy sê verandering sal nie sonder verreikende ingrypings gebeur nie.

Volgens Zuma oorweeg die regering die instelling van `n nasionale minimum-loon om ongelykhede in inkomste te verminder.

Uitgebreide en geweldadige stakings, asook `n tekort aan elektrisiteit gedeeltelik verantwoordelik is vir die stadige groei in die ekonomie, het hy bygevoeg.

Met die ekonomie wat verlede maand negatiewe groei getoon het, het Zuma gesê dit is kritiek dat alle belanghebbendes moet vergader om die omvang en duurte van stakings te bespreek.

Zuma het effens broos gelyk toe te midde van ernstige kommer sy eie sowel as oor die land se ekonomiese welstand.

Zuma het nie op die rooi tapyt gestap nie, maar is met ’n wit Mercedes-bussie reg voor die ingang afgelaai.

Die president se gesondheid wek kommer nadat hy tien dae by die huis deurgebring het om te “rus”.

‘n Sigbaar uitgeputte Zuma het die rede met ‘n hees stem gelewer.

Daar behoort dringend aandag gegee te word aan die “onhoudbare arbeidsverhoudinge-omgewing”, het hy gesê.

Hy het ook die regering se plan om die arbeidskrisis in die mynboubedryf op te los uiteengesit.

Zuma het landbou uitgesonder as ’n sleutelbedryf vir werkskepping en gesê die regering beoog om teen 2030 ’n miljoen nuwe werksgeleenthede in dié bedryf te skep.

Om werkloosheid aan te spreek het hy aangekondig dat elke staatsdepartement en openbare entiteit verplig gaan word om internskappe vir jong swartes beskikbaar te stel.

Zuma het gesê die energiesektor sal “radikaal transformeer” en skalie-ontginning asook kernkrag sal deel uitmaak van die regering se planne.

 

Opleidingsvlug eindig in ramp

‘n Roetine lugmagopleidingsvlug het Dinsdag in ‘n ramp geëindig toe die vliegtuig in ‘n berg in Mpumalanga vasgevlieg het en die dood van sy twee bemanningslede en ‘n passasier tot gevolg gehad het.

Die Cessna Caravan C208 van 41 Eskader, wat gebaseer is op Waterkloof Lugmagbasis, Pretoria, het in die hange van Blystaanhoogte, nie ver van Lydenburg nie, geploeg.

Twee passasiers, glo lugmaggrond ersoneel, is per helikopter van die toneel na ‘n kliniek Nelspruit gebring waar hulle in ‘n kritieke toestand verkeer.

Lugvaart en militêre ondersoekbeamptes probeer om die oorsaak van die ongeluk na te spoor. Die vlieënier was volgens Beeld “hoogs ervare”.

Die weer was perfek vir vlieg en die vliegtuig was onlangs gediens gewees. Geen noodoproep is gemaak nie.

‘n Bron het gesê: “Dit wil voorkom asof die vliegtuigenjins skielik krag kon verloor het, in die hange vasgevlieg het en getol het om op ‘n dienspad van Yorkplantasies te lande te kom.

“Dit het reguit in die kant van die berg vasgevlieg.

“Die impak was hewig; die vliegtuig is heeltemal verbrysel. Daar is niks oor nie..

“Die feit dat sommige oorleef het, is ‘n wonderwerk,” het hy gesê.

Die ongelukstoneel is afgesper toe redders ure lank probeer het om die liggame uit die wrak te verwyder.

Nelspruit Medi-Clinic-woordvoerder Robyn Baard het gesê beide oorlewendes het veelvuldige beserings opgedoen.

Weermag-woordvoerder brigadier-generaal Xolani Mabanga gesê: “Die personeel is deel te neem aan ‘n bedrywighede oefenkamp in die Lydenburg-omgewing.

“‘n Voorlopige ondersoek het begin en sal gevolg word deur ‘n raad van ondersoek die ongeluk se oorsaak vas te stel.”

Die name van die oorledenes is nog nie vrygestel nie.

 

praag se voorkoms het verander

praag se voorkoms het verander! Lewer gerus hier onder kommentaar op die nuwe voorkoms, wat ons nog verder oor die volgende dae en weke sal verfyn.

Ons het besluit om die meer teksgerigte voorkoms wat reeds op die Engelse praag te siene was, te gebruik. Nie net gaan dit vir ons makliker wees om by te werk nie, maar dit sal ook veel minder bandwydte van lesers gebruik, vinniger aflaai en makliker op selfone en tablette gelees kan word.

Dankie vir u ondersteuning en begrip.

– Die redaksie

Oproer breek naby Durban uit

Meer as 300 mense het hulle tot klipgooiery gewend by die Seatideplakkerskamp by La Mercy naby Durban in KwaZulu-Natal.

Paaie is met klippe versper deur oproerige inwoners. Die oproeriges eis HOP-huise wat glo deur die eThekwini-munisipaliteit aan hulle beloof is.

Die polisie is in die gebied ontplooi en monitor die tans die situasie.

Oproeriges sê die betrokke raadslid het hulle twee weke gelede besoek, maar het wou nie beloftes oor behuising maak nie.