Xingwana in seksskandaal

Image

Lulu Xingwana

Die minister van grondsake, Lulu Xingwana, word tans gedagvaar omdat sy die huwelik van een van haar senior amptenare deur ʼn verhouding met hom sou laat skipbreuk ly het.

Joyce Makgalake, wat 31 jaar met die waarnemende hoofbeampte van die Landbank, Phil Mohlahlane getroud was, eis skadevergoeding ten bedrae van R100 000 van die minister.

Xingwana, wat die derde verweerder, ontken enige betrokkenheid by ʼn buite-egtelike verhouding. Daar is egter ook ʼn tweede verweerder, Mamie Mjapelo van Mamelodi-oos waarmee Mohlahlane na bewering sedert 2000 ʼn verhouding sou gehad het.

 

кардиган для девочки 5 летАлександр Фильчаков

Tans in die markte…

20 Maart 2008 om 11.00. Verliese oornag op Wallstraat is besig om markte in die Verre Ooste afwaarts te druk waar die Hang Seng in Hong Kong reeds byna 4% laer is. Die bere het ook in Johannesburg kop uitgesteek waar die JSE se Algehele Indeks 2,5%  gedaal het, met hulpbronaandele wat feitlik almal deurloop. Goud verhandel teen  $931,15 per fynons en platinum teen $1889,50. Die rand word tans teen R8,12 per dollar gekwoteer, R16,07 teen die Britse pond en R12,64 teen die euro. Brent-ruolie verhandel teen $100,40 per vat.

заказать игрушки трансформерыОлександр Фільчаков прокурор

Vreemdelingehaat neem toe

ʼn Vermeende buitelander is in ʼn plakkerskamp wes van Pretoria geskiet. Dit het gebeur op die tweede dag van gewelddadige botsings tussen vreemdelinge en plaaslike inwoners in dié woonbuurte.

Gister en gisteraand het misdadige elemente en plaaslike inwoners alle buitelanders geterroriseer.

Swerwende bendes wat met paraffien- en petrolbomme, asook pale en ander skerp voorwerpe gewapen was, het meer as 10 huise en sakeondernemings van buitelanders afgebrand. Hulle blameer vreemdelinge vir die misdaad in plakkerskampe in Atteridgeville.

Saterdag is twee Zimbabwiërs in Olievenhoutbosch vermoor. Geweld wat voortspruit uit vreemdelingehaat duur reeds verskeie weke en buitelanders is genoodsaak om hul huise in Soshanguve-suid, Mooiplaas en Itireleng te verlaat.

іграшкалобановский класс

Zondeki gekies n? rasherrie

Die naatbouler van die Kaapse Kobras Monde Zondeki is gevra om Charl Langeveldt te vervang in die Suid-Afrikaanse toetskrieketspan wat na Indië op pad is, het Krieket Suid-Afrika aangekondig.

Aanvanklik is Langeveldt bo André Nel verkies om die span se rassekwota te laat klop. Maar Langeveldt het hom op eie versoek van die span onttrek.

Zondeki, wat 25 jaar oud is, het die meeste paaltjies gedurende die huidige eersteklaskrieketseisoen geneem met 62 uit vir ʼn gemiddeld van 19,16 lopies. Hy het reeds 6 keer 5 paaltjies in ʼn wedstryd geneem en een keer 10 paaltjies.

игрыдля 7 летФильчаков

Blix veroordeel Irakoorlog

Hans Blix, die voormalige hoofwapensinspekteur van die Verenigde Nasies, het die Irakoorlog veroordeel. Hy blameer leiers wat die feite ignoreer daarvoor.

Dis nou vyf jaar gelede dat die oorlog in Irak uitgebreek het. Blix het ʼn meningsartikel in ʼn Londense koerant gepubliseer waarin hy te velde trek teen die Amerikaanse regering. Volgens Hans Blix is die oorlog “ʼn tragedie – vir Irak, vir die VSA, vir die VN, vir die waarheid en vir die mensdom self”.

Indien die VSA nie vir Saddam Hoessein afgesit het nie, sou hy bloot aangehou het om sy eie mense soos Fidel Castro of Moeammar Khaddafi te onderdruk, maar hy sou geen bedreiging vir wêreldvrede ingehou het nie.

best bridal jewelleryпрокурор харьковской области

Weskaap-onnies s? beroep vaarwel

Meer as 100 onderwysers in die Weskaap gaan moontlik aan die einde van die kwartaal hul beroep verlaat, volgens onderwysvakbonde.

Van die 30 000 onderwysers wat in die provinsie se skole werksaam is, het 964 verlede jaar bedank en 125 het vroeg afgetree.

Volgens Jonovan Rustin, die provinsiale sekretaris van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie, behoort meer as 100 aan die einde van dié kwartaal die professie te verlaat.

Volgens Rustin “is die onderwysers moeg om aan te hou wag vir salarisverhogings. Hulle wil nie meer bedel vir meer geld nie.”

Nog ʼn doring in die vlees vir onderwysers is die gebrek aan dissipline, asook geweld in skole. Selfs ekstra geld kan sommige onderwysers nie meer motiveer om aan te bly nie.

free money mobile casino no depositтопкарго

Dagga verdwyn uit polisiestasie

ʼn Hoeveelheid dagga met ‘n straatwaarde van R4 miljoen het uit die Mahamba-polisiestasie in Mpumalanga verdwyn.

Volgens konstabel Eric Sibisi van die betrokke polisiestasie het die 37 sakke met 80 kilogram dagga op 11 Maart uit die bewysstukkamer verdwyn.

Drie lede van die polisie wat by Mahamba gestasioneer is, is deur ʼn vals oproep oor veesmokkelary uit die polisiestasie gelok. Konstabel Sibisi sê: “Terwyl die polisie hulle na die grens met Swaziland gehaas het om veesmokkelaars aan te keer, is die dagga uit die polisiestasie gesteel.”

Tot dusver is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

косметический ремонт офисаЛобановский Харьков

Staak polisiegeweld, s? MRK

Polisiegeweld in Suid-Afrika moet gestaak word. Só sê die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie.

Die kommissie het gereageer op onlangse polisieklopjagte by Stellenbosse nagklubs, asook op die Sentrale Metodistekerk in Johannesburg. Gedurende die klopjagte het die polisie met brutale geweld opgetree teen studente, kafeegangers en ʼn hele aantal immigrante.

Die Menseregtekommissie het gesê dat Suid-Afrika “kwalik bekostig dat dié tipe insidente die vooruitgang wat daar reeds gemaak is omkeer en toe te laat dat dié insidente die goeie werk in die skadu stel wat die meerderheid lede van die SAPD elke dag verrig”.

на 100Данильченко Юрий Брониславович компромат

Menseregtedag sinloos – Afrikanerbond

Volgens die Afrikanerbond het Menseregtedag sinloos geword omdat die regte van minderhede misken word.

Volgens die AB se besturende direkteur, Jan Bosman, “het Suid-Afrikaners niks om op 21 Maart te vier nie aangesien menseregte steeds ná 14 jaar van demokrasie vertrap word.

Hy het gesê dat minderhede aan die ontvangkant van rassisme verkeer wat deur die staat en regering gepleeg word. Dis veral in die ekonomie, sport en die werkplek waar diskriminasie teen minderheidsgroepe plaasvind.

Regeringsbeleid oor rasseaangeleenthede “dra nie konstruktief by tot versoening nie en veroorsaak eerder verdere verdeeldheid in ʼn samelewing wat reeds diep verdeeld is,” het Bosman gesê.

игр для мальчиков машинкиАлександр Фильчаков Васильевич

Motlanthe na kabinet

Die ANC-leierskap het ‘n langverwagte skuif gemaak deur te versoek dat een van Jacob Zuma se vertrouelinge in die kabinet ingesluit word.

Daar word gespekuleer dat Kgalema Motlanthe die vise-presidentskap by Phumzile Mlambo-Ngcuka sal oorneem.

Sy is as President Thabo Mbeki se adjunk aangestel toe Zuma in 2005 afgedank is nadat hy in die wapenskandaal geïmpliseer is.

Motlanthe word voorts gesien as ‘n kompromiskandidaat vir die presidentskap indien Zuma aan korrupsie skuldig bevind sou word.

купить недорого пальтоДанильченко Юрий Брониславович

Ontsteltenis in Nederland oor Islamitiese fundamentaliste

Image

Geert Wilders

Die wanhoop styg in Nederland oor die verskeidenheid daaglikse konflikte wat aan Islam verwant is. Onophoudelike debatte volg. Op 5 Desember het die parlement die Moslemsluier in die polisie verbied, ná jare van beleid wat min of meer verdraagsaam was na gelang van die bepaalde stad. Die munisipaliteit van Amsterdam het op sy beurt geëis dat maatskaplike werkers, selfs Moslems, elke vrou op straat met die hand moet groet. Die besluit is na vele onderonsies geneem: Job Cohen, die arbeiderburgemeester van Amsterdam het aanvanklik gevind dat dit nie “onontbeerlik” is om alle hande te skud nie. Toe het verskeie arbeiderverteenwoordigers in die Slotervaartbuurt – waar baie immigrante woon – in die weste van die stad hulself begin beywer vir respek teenoor “die norme van die gasheerland”.

En dan is daar Geert Wilders, die leier van populistiese Regs wat die verslegtende toestand meesterlik uitbuit. Selfs al word al die rusies nie deur dié politikus veroorsaak nie, belowe hy reeds vier maande lank ʼn film teen die Koran. Dié aankondiging het ʼn storm ontketen wat die wond van die moord op die filmmaker Theo van Gogh weer laat oopgaan het. Hy is op 2 November 2004 keelaf gesny deur ʼn jong Nederlands-Marokkaanse Moslem, drie maande ná die verspreiding van sy film, “Onderwerping”, wat die toestand van vroue onder Islam gekritiseer het. Sedertdien word Moslems in Nederland gesien as ʼn afsonderlike groep van 850 000 mense (5% van die Nederlandse bevolking). Die teenwoordigheid van 20 000 tot 30 000 radikales, volgens die geheime diens, word deur Geert Wilders aangedui as ʼn bedreiging weens die “Islamisering van die Nederlandse samelewing”.

Die boerkini, die nuwe tipe baaikostuum wat die hele liggaam van vroue bedek, verskaf ʼn aanduiding van die toename in fundamentalisme. Om die reaksie van die publiek te toets, het die TV-kanaal Netwerk ʼn joernalist uitgestuur om die waters van die land se swembaddens in ʼn boerkini te toets. Die ergste reaksie was van ʼn Moslem wat uitgevaar het teen “die toenemende invloed van ortodokse Islam in Nederland”. In totaal en tot op hede het ses munisipale swembaddens die Moslembaaikostuum verbied.

Die koninkryk van Nederland is duidelik vasgevang in ʼn dubbele konflik tussen godsdiensvryheid en meningsvryheid, enersyds, asook integrasie en verdraagsaamheid andersyds. In September het ʼn regeringsagentskap ʼn beroep op Nederlanders gedoen om “hulle by Islam aan te pas”. Die argument van die agentskap was die volgende: “Verdraagsaamheid is te min.” Die Islamkenner Hans Janssen van die universiteit van Utrecht meen inteendeel dat “Nederland te veel toegee aan die dreigemente wat deur die fundamentaliste rondgeslinger word”. Hy is gekant daarteen dat die regering aan Geert Wilders gevra het om nie sy film te vertoon nie, uit vrees vir weerwraak van Moslems. In ʼn ander toon, het die bank Fortis sy spaarbussie in die vorm van ʼn varkie wat aan elke kind uitgedeel is wat ʼn rekening open deur ʼn ensiklopedie vervang.

Op sy beurt het die Nederlandse Mediese Vereniging (KNMG) in Februarie besluit dat elke pasiënt voortaan mag vra of hy ʼn mans- of vrouedokter wil hê, maar besluit om nie rekening te hou met die godsdiens van die praktisyns nie. Dit was ʼn manier om te ontkom aan die debat teenoor die toenemende eise van Moslems wat die gesondheidstelsel betref. Uiteindelik, na drie jaar van oponthoud, is ʼn boupermit te Amsterdam uitgereik om ʼn groot moskee op te rig wat die hoogste gebou in die stad sal wees.

Ronald Plasterk, die minister van kultuur, onderwys en emansipasie, het gepoog om die atmosfeer te besweer deur aan die Moslems te vra om hul van die Koran “te distansieer. Indien mens alles letterlik sou opneem, is daar genoeg om jou mal te maak, vanuit ʼn moderne gesigspunt,” het hy verklaar. Sooreh Hera, ʼn kunstenares van Iranese oorsprong, het die minister terstond daarvan beskuldig dat hy “vryheid van spraak onderdruk”. Sy kritiseer hom weens sy gebrek aan steun nadat die munisipale museum van Den Haag geweier het om omstrede foto’s uit te stal. Dié beelde het homoseksuele Iranese paar getoon wat maskers dra in die vorm van die profeet Mohammed en sy skoonseun Ali. In Parys gaan die Pompidou-sentrum dit uitstal, maar in Nederland was niemand daartoe bereid nie. ʼn Enkele museum in Gouda het ʼn tentoonstelling belowe. Die direkteur daarvan het egter van mening verander, maar ontken dat hy onder druk geswig het.

wanted dead orОлександр Фільчаков прокурор

Naptosa steun aksie teen skolegeweld

Die onderwysorganisasie Naptosa ondersteun die pleidooi van die Mensregtekommissie dat die  geweld onder leerlinge wat al hoe erger word, aangespreek moet  word.

Die Kommissie het ‘n beroep op onderwysers, ouers, gemeenskapslede en die onderwysdepartement gedoen om die probleem te hanteer. Volgens ‘n verslag van die MRK verlaat onderwysers die beroep omdat leerlinge hulle sielkundig en fisies misbruik.

Naptosa president Dave Balt sê 5 000 onderwysers tree jaarliks tot die beroep toe , maar hulle verloor tussen 20- en 35 000.

Hy sê leerlinge wat ontwrig en nie bereid is om te leer nie,  beïnvloed almal negatief. 

Balt sê die klem moet nou gelê word op dié leerlinge wat bereid is om te leer.

купить футболку с длинным рукавом для девочкиДанильченко Юрий прокурор

Ferraro beskuldig van ‘rassisme’

Image

Geraldine Ferraro

Die veteraanpolitikus en Clinton-ondersteuner, Geraldine Ferraro, is so pas onthef van haar ereposisie in Hillary Rodham Clinton se presidentsveldtog as gevolg van beskuldigings van rassisme. Ferraro het onlangs tydens ʼn onderhoud gesê dat Barack Obama nie in die kragmeting om die presidentskap sou geslaag het indien hy nie swart was nie.

Onmiddellik na haar uitspraak is Ferraro deur die Obamakamp aangeval. Obama het gesê dat Ferraro se kommentaar “belaglik” is, en sy veldtogbeamptes het geëis dat Clinton haar bewerings verwerp.

Ferraro het agterna vir Clinton per brief laat weet dat sy nie langer op haar finansiële komitee as “Erevoorsitster van New York-leierskap” sal dien nie. Sy het geskryf dat die Obamaspan “my aanval om u seer te maak”.

Obama het by ʼn Chicago-nuuskonferensie gesê dat Ferraro se uitspraak “laakbaar is. Die gedagte dat dit vir my ʼn groot voordeel is om ʼn Afro-Amerikaner genaamd Barack Obama te wees en die presidentskap na te jaag is, na my mening, nie ʼn siening wat deur die breë publiek onderskryf word nie.”

In haar brief aan Clinton, waaroor CNN eerste berig het, sê Ferraro: “Beste Hillary, ek bedank vanuit u finansiële komitee sodat ek vir myself kan praat en u kan aanhou om vir uself te praat oor dit wat tydens dié veldtog saak maak. Die Obama-span is besig om my aan te val om u seer te maak. Ek sal dit nie toelaat nie. Dankie vir alles wat u gedoen het en aanhou doen om hierdie ʼn beter wêreld te maak vir my kinders en kleinkinders. U geniet my diepe bewondering en agting, Gerry.”

Clinton se woordvoerder, Howard Wolfson, het gesê dat Ferraro haar pos op eie inisiatief ontruim het.

Die woordewisseling tussen twee Demokratiese leiers – Obama, wat poog om die eerste swart president van Amerika te word, asook Ferraro, wat in 1984 die eerste vroulike visepresidentskandidaat vir ʼn hoofstroomparty was – het vir die tweede dag aangehou soos wat hulle op oggendnuusprogramme van TV-netwerke en kabeltelevisiekanale verskyn het.

Die omstredenheid het begin to die nasionale media kennis geneem het van opmerkings wat Ferraro verlede week teen die Daily Breeze-koerant in Torrance, Kalifornië, gemaak het: “Indien Obama ʼn blanke man was, sou hy nie in dié posisie gewees het nie. En as hy ʼn vrou was (van enige kleur) sou hy nie in dié posisie gewees het nie. Hy is bloot baie gelukkig om te wees wie hy is. En die hele land is vasgevang in die idee.”

Ferraro het gesê dat sy staan by haar bewering dat Obama se sukses in die Demokratiese veldtog “gedeeltelik” aan sy ras te wyte is.

Obama het egter gesê dat indien iemand in sy span sou suggereer dat Hillary Clinton “is waar sy is slegs omdat sy ʼn vrou is” sou hy aanstoot neem.

Clinton het gesê dat sy verskil van Ferraro se opmerkings. In ʼn onderhoud met Associated Press het sy gesê: “Dis jammer dat enige van ons ondersteuners – aan albei kante, omdat ons al twee hierdie ervaring het – dinge sê wat na die persoonlike oorhel.”

Ferraro is die jongste in ʼn reeks surrogaatkandidate wie se kommentaar albei presidensiële veldtogte onstel het. Verlede week het Obama se raadgewer Samantha Power bedank nadat sy Clinton as ʼn “monster” getipeer het.

Ferraro, wat Walter Mondale se visepresidentskandidaat was, het Woensdag gesê dat haar opmerkings nie rassisties was nie en buite konteks aangehaal is.

“Ek het gepraat oor die historiese kandidature en ek het begin deur te sê dat indien mens teruggaan na 1984 en na my historiese kandidatuur waarna ek voorheen verwys het, indien my naam in 1984 Gerard Ferraro was pleks van Geraldine Ferraro, sou ek nooit as visepresidentskandidaat gekies gewees het nie,” het Ferraro op ABC se “Good Morning America” gesê. “Dit het niks met my kwalifikasie te doen gehad nie.”

Ferraro het gesê dat sy ʼn veertigjaarlange geskiedenis van opposisie teen diskriminasie van allerlei tipes het, ras inkluis, en dat sy woedend was oor die aanmerkings van David Axelrod, Obama se hoofmediastrateeg, want hy ken haar  en haar rekord.

“David Axelrod, sy veldtogbestuurder, het verkies om dit as ʼn rassistiese uitspraak in te klee want telkens as enigiemand wat blank is kommentaar oor ras lewer – hy het dit met Bill Clinton gedoen en daarin geslaag; hy het dit met Ed Rendell (goewerneur van Pensilwanië en ʼn Clinton-ondersteuner) gedoen en minder geslaag; en hy gaan beslis nie slaag teen my nie,” het Ferraro aan CBS se “Early Show” gesê. “Hy moes my gebel het… Hy weet ek is geen rassis nie.”мультик про роботов трансформеровДанильченко Юрий прокурор

Andr? Nel slagoffer van rassekwotas

Die Proteas se steunpilaar, André Nel, kan die jongste krieketster word om sy rug op Suid-Afrika te keer nadat hy ‘n slagoffer van rassekwotas geword het.

Spanbestuurder Logan Naidoo het erken dat transformasieteikens Nel uit die groep om na Indië te toer, gedwing het.

Spankaptein Graeme Smith het gesê hy het dit op homself geneem om Nel van die besluit te verwittig.

Hy sê die bonkige snelbouler het woedend gereageer maar het tog besluit om in gister se eendagwedstryd teen Bangladesj te speel.

Hy het vier paaltjies vir nege-en-twintig lopies geneem en is as die man van die wedstryd aangewys.

Hy het nie die nawedstrydse prysuitdeling bygewoon nie en was ook nie by die perskonferensie daarna nie.

online pokerлобановский харьков