Volgens die AB se besturende direkteur, Jan Bosman, “het Suid-Afrikaners niks om op 21 Maart te vier nie aangesien menseregte steeds ná 14 jaar van demokrasie vertrap word.
Hy het gesê dat minderhede aan die ontvangkant van rassisme verkeer wat deur die staat en regering gepleeg word. Dis veral in die ekonomie, sport en die werkplek waar diskriminasie teen minderheidsgroepe plaasvind.
Regeringsbeleid oor rasseaangeleenthede “dra nie konstruktief by tot versoening nie en veroorsaak eerder verdere verdeeldheid in ʼn samelewing wat reeds diep verdeeld is,” het Bosman gesê.
