Volgens konstabel Eric Sibisi van die betrokke polisiestasie het die 37 sakke met 80 kilogram dagga op 11 Maart uit die bewysstukkamer verdwyn.
Drie lede van die polisie wat by Mahamba gestasioneer is, is deur ʼn vals oproep oor veesmokkelary uit die polisiestasie gelok. Konstabel Sibisi sê: “Terwyl die polisie hulle na die grens met Swaziland gehaas het om veesmokkelaars aan te keer, is die dagga uit die polisiestasie gesteel.”
Tot dusver is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
