Van die 30 000 onderwysers wat in die provinsie se skole werksaam is, het 964 verlede jaar bedank en 125 het vroeg afgetree.
Volgens Jonovan Rustin, die provinsiale sekretaris van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie, behoort meer as 100 aan die einde van dié kwartaal die professie te verlaat.
Volgens Rustin “is die onderwysers moeg om aan te hou wag vir salarisverhogings. Hulle wil nie meer bedel vir meer geld nie.”
Nog ʼn doring in die vlees vir onderwysers is die gebrek aan dissipline, asook geweld in skole. Selfs ekstra geld kan sommige onderwysers nie meer motiveer om aan te bly nie.
