Massabegrafnis vir Gasaslagoffers

‘n Massabegrafnis is Donderdag vir agt van die nege mense wat dood is tydens ‘n Israeli-operasie op noodlenigingskepe wat na Gasa onderweg was, gehou.

Honderde mense het in Istanboel se Fatih-moskee byeengekom vir die begrafnis.

Die slagoffers se kiste is met Turkse en Palestynse vlae bedek.

“Israel het ‘n reuse-fout begaan. Vandag staan die hele Turkye saam,” het Bulent Yildirim, hoof van die Turkse NRO IHH wat die hulpskepe geborg het, gesê.

Baie mense het hul woede met Israel uitgespreek deur “moor Israel” en “skop Israel uit die Midde-ooste” te skreeu.

форма 95 улобановский депутат

Duisende Moslems in SA betoog teen Israel

Duisende betogers het in Kaapstad voor die parlement betoog teen Israel se optrede sowat 65 km van die Gasa-kus om ‘n flottielje met hulpvrag voor te keer.

Oral ter wêreld in groot stede is soortgelyke optredes teen Israel gehou.

Minstens nege mense is dood tydens die operasie wat deur Israel so bondgenote as ‘n lokval beskryf word. Voorheen het nuusagentskappe, waaronder Sapa, berig dat 19 mense dood is.

Die Moslem Juridiese Raad (MJR), die Media Review Network, die United Ulema Council of South Africa, die Al-Quds Foundation SA, die Palestinian Solidarity Group, Cosatu en die Muslim Youth Movement het die protes gereël om ‘n memorandum aan die regering te oorhandig.

Die organisasies maak almal ten sterkste beswaar teen Israel se optrede.

Die Moslem Juridiese Raad se sekretaris-generaal, Abdul Khaliq Allie eis dat Suid-Afrika bande met Israel moet verbreek. “Boikot Israel soos die apartheidsregering geboikot is. Suid-Afrika moenie stilbly nie,” het hy gesê.

водяного насосаФильчаков

Die einde van wittes in SA

Die Times van Londen berig uit Vredefort onder die opskrif “We’re in the final days of white ­life in this country”, dat wit Afrikanerboere onder beleg verkeer.

Hy open sy berig met Manie Potgieter se aanvallers se woorde waar dié met ‘n pistool teen die nek gedreig word: “Luister, jou wit bliksem: Ek het vigs, ons gaan nou jou vrou verkrag en vir haar ook vigs gee. Dan gaan ons jou doodmaak.”

Na raming is 3 000 boere reeds vermoor, 800 000 wit mense het die land verlaat en nog 20% van die res wil emigreer, lui die berig.

Clayton gee stadige grondhervorming die skuld en suggereer dat vinniger oordrag van grond die probleem sal oplos.

Clayton sê 87% van alle landbougrond was in wit besit ná die einde van apartheid en teen 2014 moet 30% in swart hande wees, maar dat korrupsie en grypsug veroorsaak dat die mikpunte nooit bereik sal word nie.

chat gamesАлександр Фильчаков прокурор

Zuma in nog ‘n seksbyenes

Nompumelelo Ntuli Zuma, een van die president se vroue, is volgens City Press betrokke in ‘n seksskandaal. Dié koerant is in besit van ‘n ongetekende brief wat allerlei sulke beweringe maak.

Sy is tans in Indië saam met Jacob Zuma waar hy op besoek is.

Die Zoeloeweekblad Ilanga het Vrydagoggend berig oor Ntuli se beweerde ontrouheid, oneerlikheid, ‘n selfmoord en selfs vals kwalifikasies.

Ntuli het kaarblyklik ‘n buite-egtelike verhouding met haar lyfwag, Phinda Thomo van Dobsonville, Soweto, gehad. Sy het hom glo gereeld gesien in Johannesburg.

Die presidentsvrou mag dalk swanger wees met die lyfwag se kind. Thomo het glo selfmoord gepleeg toe die buite-egtelike verhouding bekendgeraak het.

Daar is glo ook toenemend sprake van ernstige huweliksprobleme tussen Zuma en sy tweede vrou, benewens die gereelde poligamiese onmin wat in die president se huishouding heers. Ntuli is in 2008 met die president getroud.

Ilanga het ook berig dat Ntuli as ‘n skoonmaker in ‘n hotel gewerk het, en glo oor geen verpleegsterskwalifikasie beskik soos sy beweer nie.

Die naamlose brief van twee bladsye lank is Maandag na Ilanga se kantoor gefaks.

такое справкалобановский александр интервью

Aristide ry lekker op SA soustrein

Aristide en Mbeki“Dit is totaal onaanvaarbaar dat die Suid-Afrikaanse belastingbetalers steeds jaarliks bykans R3 miljoen moet spandeer om mnr. Jean-Bertrand Aristide, voormalige president van Haiti, asook sy familie en gevolg in die land te onderhou,” sê Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus. Mnr. Aristide woon sedert Februarie 2004 reeds langer as ses jaar in Suid-Afrika terwyl ’n nuwe president reeds in Mei 2006 in Haiti ingehuldig is.

Die Suid-Afrikaanse regering spandeer tans maandeliks dieselfde bedrag geld wat ’n Suid-Afrikaanse kabinetsminister kos op mnr. Aristide. Die koste sluit in behuising, vervoer, kantoorpersoneel en veiligheidspersoneel. Hierdie inligting blyk uit ’n antwoord van die Minister van Buitelandse Sake, me. Maite Nkoana-Mashabane, op ’n vraag wat dr. Mulder aan haar in die Parlement gestel het.

Die Minister weier egter, soos haar voorganger, me. Nkosazana Dlamini-Zuma, om openlik te verklaar wat die totale koste vir Aristide se verblyf in die land sedert sy aankoms in Februarie 2004 beloop. ‘n Los beraming van die bedrag kan moontlik soveel as R15 miljoen wees.

 

“Terwyl Suid-Afrikaanse burgers ‘n sukkel-bestaan voer leef Aristide en sy familie in luuksheid. Hy lewer geen bydra tot die ontwikkeling van die land nie, maar leef op die geld van belastingbetalers wat eerder vir ons eie burgers aangewend kon word,” meen dr. Mulder.

 

Aanvanklik is deur die Suid-Afrikaanse regering gesê dat mnr. Aristide net tydelik in Suid-Afrika geakkommodeer word tot na die verkiesing in Haiti . Haiti het op 7 Februarie 2006 ‘n verkiesing gehou waar mnr. Rene Preval as nuwe president verkies is. Mnr. Preval is in Mei 2006 ingehuldig as president van Haiti en het toe reeds in die openbaar gesê dat mnr. Aristide welkom is om na sy land terug te keer.

”Volgens die Minister sal Aristide en sy familie as gaste in Suid-Afrika bly totdat die Afrika Unie, CARICOM (Caribean Community and Common Market) en ongeïdentifiseerde sleutelrol spelers anders besluit het. Indien die rolspelers wil voorskryf dat mnr. Aristide in Suid-Afrika moet bly, moet hulle bereid wees om die koste te dra en dit nie van die Suid-Afrikaanse belastingbetalers verwag nie. Dit is weer eens ‘n nuwe houding jeens Aristide se tydperk van verblyf in die land. Soos die VF Plus aanvanklik gewaarsku het, is die Suid-Afrikaanse regering nou hier vasgevang in ’n situasie wat nog vir jare kan duur en die belastingbetaler nog meer miljoene kan kos sonder werklik enige voordeel vir Suid-Afrika,” het dr. Mulder gesê.

тамбов техноФильчаков прокурор

Israel wys vinger na Turkse aktiviste

Turkse aktiviste wat Israel se aanval op hul konvooi na Gasa oorleef het, kan verwag om as helde terugverwelkom te word met hulle terugkeer, maar die agentskap wat miljoene dollar gekanaliseer het in die bote en hul lading is in omstredenheid gehul.

Die Stigting vir menseregte en vryhede en humanitêre hulp, bekend in die Turkse afkorting as IHH, kry groot aftrek vir die Palestynse saak in die Turkse gemeenskap.

Sy etos is meer Moslemgerig as wat ‘n sekulêre Turkye aan gewoond is. Gestig in die 1990’s, was die IHH se vroeë werk gerig op die ondersteuning van Moslems in Bosnië. Dit het sedertdien onder die wakende oog van ‘n Turkse regering wat fundamentalisme vrees, gekom en is deur die weermag uitgesluit van amptelike pogings om die slagoffers van die 1999-aardbewing te help.

Israel sê die IHH het ‘n geskiedenis van gewelddadige ekstremisme en selfs  skakels na Al Kaida. Israel se regering wys op intelligensieverslae van die 1990’s wat sê dat die IHH gerig is op die “werwing van veteraansoldate in afwagting op die komende heilige oorlog” en stuur manne slagveld toe om ondervinding in Bosnie, Tsjetsjenië en Afghanistan te kry.

Vanaf sy hoofkwartier in Istanbul se Fatihdistrik, het die IHH ‘n mobiele hospitaal aan die Irakse stad van Fallujah na die VSA-bombardement gestuur. Die president, Bülent Yildirim, dring daarop aan om ook met Hamas te skakel.

Die organisasie steun ook gesondheidsprojekte in Afrika-lande en het steun aan Haïti gestuur na die aardbewing.

Die IHH se personeel en hulpbronne word befonds deur ryk sosiaalkonserwatiewe Anatoliese sakemanne wat ook natuurlike ondersteuners van Turkye se regerende AK-party is.

Polities is die IHH die naaste aan die Saadet-party, maar sy direksie sluit ook ten minste een AK-lid in. Alkoewel die regering sê hulle kondoneer nie die IHH se pogings nie, het die organisasie hulle vorige steun aan Gaza gestuur mbv die nasionale karweier, Turkish Airlines. Die Mavi Marmara is gekoop van die staat se veerbootmaatskappy, IDO.

wedding necklacesлобановский политик

Kaapstad kla oor nuwe Koeberg

Faktore soos die gesondheidsrisiko’s en ‘n ontruimingstrategie, is glad nie in ag geneem met die beplanning van die kernkragsentrale wat langs Koeberg gebou gaan word nie, berig IOL News.

Die stadsraad van Kaapstad se portefeuljekomitee oor beplanning en omgewing (Pepco) het Eskom se verslag aangaande die kragsentrales se omgewingsimpak bespreek.

Volgens die komitee is gesondheidsrisiko’s, kernafval, sekuriteit en ekonomiese groei nog nie onder die loep geneem nie.

Die groot kwessie draai om die noodplan van die stad. Die impak wat só ‘n sentrale moontlik op die inwoners mag hê, is nog nie behoorlik nagevors nie, sê die stad se strategiese beplanner Keith Wiseman.

Eskom het drie moontlike stukke grond uitgesonder vir die projek, naamlik Thyspunt (Oos-Kaap), Bantamsklip and Duynefontein langs Koeberg.

100 onlineпрокурор Фильчаков

Duisende polisiewapens weg of gesteel

Die afgelope twee jaar het meer as 5 300 vuurwapens verdwyn of is gesteel uit polisiestasies en kantore regoor die land.

Hierdie inligting is skriftelik deur Nathi Mthethwa, minister van polisie, bekend gemaak ná ‘n vraag in die parlement.

Na bewering is slegs ‘n tiende van dié vuurwapens reeds gevind.

Die minister het na bewering vereis dat die kwessie dadelik ondersoek word. Sowat 2 603 van die vuurwapens het die afgelope finansiële jaar (2009/10) vermis geraak en sowat 2 759 die vorige jaar.

Sowat 457 van die vuurwapens wat vermis geraak het, het uit die polisie se hoofkantoor in Pretoria verdwyn.

Meeste van die vuurwapens het in KwaZulu-Natal en Mpumalanga vermis geraak. In KwaZulu-Natal het syfers gestyg vanaf 353 in 2008/09 na 840 verlede jaar (2009/10). Dit is sowat 238% meer.

In Mpumalanga het die polisie daarin geslaag om sowat 364 vuurwapens te verloor in vergelyking met 120 die vorige jaar.

Die situasie het egter in die Oos-Kaap verbeter, met slegs 613 wat die afgelope jaar gesteel is, in vergelyking met die vorige jaar se 1 095.

купить воронеж установки для замены жидкостейДанильченко Юрий Харьков

Naspers verstewig mediamonopolie

Drie van RSG se omroepers, Freek Robinson, LiMari Louw en JP Keyter, gaan in Julie by e.tv se nuwe Afrikaanse nuusdiens aansluit, berig die Burger.

Dié nuus sal op kykNET uitgesaai word. Dit sal Naspers se mediamonopolie verder verstewig om ‘n TV-nuusbulletin in Afrikaans an te bied.

Die Afrikaanse kykersmark is die mees winsgewende mark.

Robinson, bied reeds Robinson Regstreeks op kykNET aan.

трековых светильниковпрокурор Фильчаков

Pesdoder verbied

‘n Insekdoder wat in vlooibandjies en hondesjampoe gebruik word, Chlorpyrifos, is deur die landboudepartement verbied.

Volgens ‘n verklaring deur die Legal Resources Centre (LRC), het die landboudepartement op 16 Mei ‘n algehele verbod op die huishoudelike gebruik van dié chemikalieë ingestel.

Die departement het aanvanklik slegs ‘n gedeeltelike verbod voorgestel, maar volgens die LRC is so ‘n verbod nie wettig nie.

LRC het daarop aangedring dat die middel heeltemal belet word in Suid-Afrika.

Volgens die webblad chlorpyrifos.org word die stof gebruik om vlooie, insekte, termiete, muskiete en ander peste te beheer.

Dit is ‘n gunsteling bestanddeel in baie hondesjampoes, vlooibande en –spuitmiddels.

Kliniese toetse het bewys dat Chlorpyrifos veral skadelik is vir kinders en fetusse.

Dit is nog nie duidelik wat van bestaande produkte wat dié middel bevat gaan word nie.

magic boxesФильчаков Харьков