Hierdie inligting is skriftelik deur Nathi Mthethwa, minister van polisie, bekend gemaak ná ‘n vraag in die parlement.
Na bewering is slegs ‘n tiende van dié vuurwapens reeds gevind.
Die minister het na bewering vereis dat die kwessie dadelik ondersoek word. Sowat 2 603 van die vuurwapens het die afgelope finansiële jaar (2009/10) vermis geraak en sowat 2 759 die vorige jaar.
Sowat 457 van die vuurwapens wat vermis geraak het, het uit die polisie se hoofkantoor in Pretoria verdwyn.
Meeste van die vuurwapens het in KwaZulu-Natal en Mpumalanga vermis geraak. In KwaZulu-Natal het syfers gestyg vanaf 353 in 2008/09 na 840 verlede jaar (2009/10). Dit is sowat 238% meer.
In Mpumalanga het die polisie daarin geslaag om sowat 364 vuurwapens te verloor in vergelyking met 120 die vorige jaar.
Die situasie het egter in die Oos-Kaap verbeter, met slegs 613 wat die afgelope jaar gesteel is, in vergelyking met die vorige jaar se 1 095.
