Faktore soos die gesondheidsrisiko’s en ‘n ontruimingstrategie, is glad nie in ag geneem met die beplanning van die kernkragsentrale wat langs Koeberg gebou gaan word nie, berig IOL News.
Die stadsraad van Kaapstad se portefeuljekomitee oor beplanning en omgewing (Pepco) het Eskom se verslag aangaande die kragsentrales se omgewingsimpak bespreek.
Volgens die komitee is gesondheidsrisiko’s, kernafval, sekuriteit en ekonomiese groei nog nie onder die loep geneem nie.
Die groot kwessie draai om die noodplan van die stad. Die impak wat só ‘n sentrale moontlik op die inwoners mag hê, is nog nie behoorlik nagevors nie, sê die stad se strategiese beplanner Keith Wiseman.
Eskom het drie moontlike stukke grond uitgesonder vir die projek, naamlik Thyspunt (Oos-Kaap), Bantamsklip and Duynefontein langs Koeberg.
