Israel wys vinger na Turkse aktiviste

Turkse aktiviste wat Israel se aanval op hul konvooi na Gasa oorleef het, kan verwag om as helde terugverwelkom te word met hulle terugkeer, maar die agentskap wat miljoene dollar gekanaliseer het in die bote en hul lading is in omstredenheid gehul.

Die Stigting vir menseregte en vryhede en humanitêre hulp, bekend in die Turkse afkorting as IHH, kry groot aftrek vir die Palestynse saak in die Turkse gemeenskap.

Sy etos is meer Moslemgerig as wat ‘n sekulêre Turkye aan gewoond is. Gestig in die 1990’s, was die IHH se vroeë werk gerig op die ondersteuning van Moslems in Bosnië. Dit het sedertdien onder die wakende oog van ‘n Turkse regering wat fundamentalisme vrees, gekom en is deur die weermag uitgesluit van amptelike pogings om die slagoffers van die 1999-aardbewing te help.

Israel sê die IHH het ‘n geskiedenis van gewelddadige ekstremisme en selfs  skakels na Al Kaida. Israel se regering wys op intelligensieverslae van die 1990’s wat sê dat die IHH gerig is op die “werwing van veteraansoldate in afwagting op die komende heilige oorlog” en stuur manne slagveld toe om ondervinding in Bosnie, Tsjetsjenië en Afghanistan te kry.

Vanaf sy hoofkwartier in Istanbul se Fatihdistrik, het die IHH ‘n mobiele hospitaal aan die Irakse stad van Fallujah na die VSA-bombardement gestuur. Die president, Bülent Yildirim, dring daarop aan om ook met Hamas te skakel.

Die organisasie steun ook gesondheidsprojekte in Afrika-lande en het steun aan Haïti gestuur na die aardbewing.

Die IHH se personeel en hulpbronne word befonds deur ryk sosiaalkonserwatiewe Anatoliese sakemanne wat ook natuurlike ondersteuners van Turkye se regerende AK-party is.

Polities is die IHH die naaste aan die Saadet-party, maar sy direksie sluit ook ten minste een AK-lid in. Alkoewel die regering sê hulle kondoneer nie die IHH se pogings nie, het die organisasie hulle vorige steun aan Gaza gestuur mbv die nasionale karweier, Turkish Airlines. Die Mavi Marmara is gekoop van die staat se veerbootmaatskappy, IDO.

wedding necklacesлобановский политик

Maak 'n opvolg-bydrae