Australiese mynbase soek in midde-Afrika

‘n Vliegtuig met ‘n groep Australiese mynbase aan boord het op pad van Kameroen na die Demokratiese Republiek vand die Kongo verdwyn, het hul maatskappy Sondag gesê.

Australië se Sundance Resources het gesê die betrokke huurvliegtuig het nie Saterdag by sy bestemming in die Kongo aangekom nie en is as vermis aangemeld.

“Die vliegtuig het nege passasiers aan boord gehad, hoofsaaklik van Sundance Resources,” het die maatskappy in ‘n verklaring gesê. Die personeel het die maatskappy se ystererts-projek in Kameroen en die Kongo besoek.

“‘n Omvattende lug- en grondsoektog, gekoördineer deur die Kameroen-weermag, sal met eerste lig Sondag begin. ‘n Kongolese vliegtuig sal ook gebruik word in die soektog na die vermisde vliegtuig.”

Die maatskappy sal later nog inligting bekend maak.

деревянные светильникиДанильченко Юрий Брониславович

9 uit 10 vlugtelinge uit Zim na SA

Die Verenigde Nasies se vlugtelingagentskap, UNHCR, het Vrydag gesê Zimbabwiërs is bo aan die lys van mense wat vlugtelingstatus oorsee soek. 

Volgens die UNHCR toon die jongste verslae dat 158 200 Zimbabwiërs verlede jaar van die land se onsekere politieke en ekonomiese toestande probeer vlug het deur vir vlugtelingstatus aansoek te doen.

In vergelyking het sowat 48 600 mense van Mianmar, ook bekend as Burma, aansoek gedoen vir vlugtelingstatus.

Ná Mianmar was daar 39 000 Afghane, 39 000 Colombiane en 37 900 Somaliërs.

Volgens die verslag het nege uit elke 10 Zimbabwiërs wat vlugtelingstatus soek, skuiling in Suid-Afrika geneem.

купить липецк ключиФільчаков прокурор

Polisieman by Fifajolkol met dwelms betrap

‘n Polisieman van KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat heroïne en kokaïne in sy besit gevind is by die Fifa-jolkol in Durban, het die polisie Donderdag gesê.

“Hy het die dwelms, vyf selfone en R10 000 in sy motor gehad,” het lt. kol. Vincent Mdunge, polisiewoordvoerder, gesê.

Die polisieman was glo nie aan diens gewees nie en onder die invloed van alkohol.

Na bewering sal die verdagte Donderdag in Durban in die landdroshof verskyn.

песочный насос для бассейна купитьФильчаков прокурор

Polisie gaan vir veiligheid by stadions moet betaal

Die polisie gaan ten minste R100-miljoen moet uithaal om vir die veiligheid by vier Wêreldbekersokkerstadions te betaal.
Polisie ondersoek ook beweerde sabotasie deur mededinger sekuriteitsmaatskappye agter die massiewe sekuriteitswagstaking tydens die Wêreldbeker hierdie week. 

Die Mail & Guardian berig hulle het betroubaar verneem dat die polisie se misdaadintelligensie die moontlikheid ondersoek dat een of meer van die sekuriteitmaatskappye wat nie die tender om beskerming te lewer aan die toernooi kon inpalm nie, die protes kon aangehits het.

Die staking, wat gelei het tot die ontslag van werknemers Donderdag, het ook daartoe gelei dat die polisie die hele veiligheidsoperasie by Soccer City en Ellispark in Johannesburg, Groenpuntstadion in Kaapstad en Moses Mabhida-stadion in Durban, oorgeneem het.

Die M & G het verder vasgestel dat die regering nou meer as R100-miljoen sal moet opdok om polisiebeamptes wat verantwoordelikheid aanvaar vir die stadion, te betaal – ‘n uitgawe wat blykbaar eerder deur Fifa en die plaaslike reëlingskomitee vereffen behoort te word.

Die polisiebeamptes, ‘n aantal wat nog opgelei word, mag nie oor die nodige ervaring beskik om beheer van die skare by byeenkomste soos die Wêreldbeker te verseker nie.

Volgens Fifa se veiligheidsriglyne, is die wedstrydorganiseerder, in hierdie geval die reëlingskomitee (LOC) en Fifa self, verantwoordelik vir die veiligheid by stadions op die dag van die wedstryde.

Rich Mkhondo, die LOC se woordvoerder het geweier om dit te erken, en gesê: “Ek sal nie vrae oor die stadion se sekuriteit beantwoord nie. Vra iemand anders.”

Donderdag was dit steeds onduidelik of die LOC of Fifa die polisie sou betaal en, by implikasie, die Suid-Afrikaanse regering vir die R100-miljoen bestee aan die polisie se sekuriteit by die vier stadions.

gold hair combданильченко юрий брониславович прокурор

Volatiele aarde

Met die jaar wat na die halfpadmerk aanstap, was daar reeds kort-kort nuus oor aarbewegings, sommiges sterk en sommiges verwoestend.

Die aarde is ten minste 33 keer vanjaar reeds in skuddings van sterker as 3,8 op die Richterskaal geskud. Die sterkste, wat Chili geskud het, was 8,8.

Wat miskien ‘n joernalis of twee sal inspireer om kenners te skakel, is dat vier van die nege wat vanjaar sewe of meer op die Richterskaal geregistreer het, sedert die begin van Mei hul ding gedoen het. Hierdie vier het almal in ‘n lyn tussen Indië en Japan voorgekom.

Kalifornië is reeds vyf keer vanjaar geskud, hoewel nie een keer baie sterk nie. Op 4 April is die Meksikaanse Baai van Kalifornië egter met ‘n skudding van 7,2 geskud, aansienlik sterker as die 7 wat vir die Haïtiaanse ramp aan die begin van die jaar verantwoordelik was.

запчасти на насосные станциитопкарго отзывы

Kenmekaarkonferensie vir PRAAG

Uitnodiging na Kenmekaarkonferensie oor vorme van selfbeskikking en strukture

Die Afrikaner maak homself bekend in ‘n groot aantal sosiaal-maatskaplike strukture en organisasies. Die strukture verskil van mekaar betreffende die religieuse rigtingvraag, asook ‘n spesifieke etos wat onderliggend is aan elke struktuur.

Daar is vier oorhoofse groeperinge wat weinig indien enige kontak met mekaar het. Dit is:

* Die Afrikanerfront (Andries Breytenbach), waarby ingesluit word die Tussentydse Afrikanerberaad (Jaap Kelder)
* Die Afrikaanse Belangegroep, waarby ingesluit is die Afrikanerbond (Jan Bosman), die FAK (Danie Goosen) en waarmee assosieer ook Solidariteit (Flip Buys) en Afriforum (Kallie Kriel).
* Die Boerevolk Verteenwoordigende Raad (Lets Pretorius), waarby ingesluit is die Boere Vryheidsinisiatief.
* Organisasies met ‘n religieuse verootmoedigingsmotief soos die Afrikaner Alliansie (Anton Knoetzé), die Geloftevolkkomitee (Flip Swanepoel) asook die Teokratiese Komitee (Jann Schlebusch).

Dit is met ‘n voorbehoud goed so! Die voorbehoud is dat as daar aansluitende samewerking is en kruisbestuiwende kommunikasie tussen die organisasies plaasvind, dan is dit in orde. ‘n Moderne beskaafde gemeenskap onderskei homself juis van primitiewe gemeenskappe deur die diversiteit midde die eenheid. Die keersy van die voorbehou is dat as daar geen kontak tussen die organisasies is nie, en die organisasies mekaar bestry, dit selfvernietigend kan wees. Om aansluitende samewerking te bewerkstellig het ‘n aantal persone ‘n tyd gelede besluit om bg. organisasies te nooi vir ‘n kenmekaarkonferensie. Die sameroepers was: Steyn van Ronge (AWB), Johann Wingard (Veteraan), Dan Roodt (Praag), Christo Landman (Afrikaner Alliansie) en Kas Bakkes (Veteraan). ‘n Geslaagde konferensie is op 7 Junie 2010 in Pretoria gehou, waar verteenwoordigers van sowat twintig organisasies hulle instellinge aan mekaar bekend gestel het. Uit die Afrikaanse Belangegroepering het net die Afrikanerbond (Jan Bosman) meegedoen en het organisasies soos Solidariteit nie eers op die uitnodiging reageer nie.

By genoemde konferensie is eenparig besluit om die kenmekaargesprek na ander uit te brei. Christo Landman (082 854 75 16) is met die organisatoriese reelings belas. Daar is op twee opvolgkonferensies besluit: op 7 Augustus 2010 in Pretoria en op 10 Oktober 2010 te Bothaville. Die Geloftevolk en Teokratiese Komitees sal as gashere tydens die Oktober-byeenkoms optree.

Wat die 7 Augustus-konferensie betref, wat in die Ryndalgebou (adres: The Hillside 318, Lynnwood) gaan plaasvind, word die volgende temas aan die orde gestel:

* ‘n Analise van selfbeskikking m.b.t. grondwetlike artikels 185 en 235 asook die bevindinge van die Volkstaatsraad (referent dr. Johann Wingard, voormalige voorsitter van die Volkstaatsraad)
* Die Funksies van ‘n burgerlike owerheid vir etniese Boere-Afrikaners (dr. Anton Knoetze, Kommissaris van die grondwetlike Kommissie vir Gemeenskapsregte)
* Die vraagstuk in die samestelling van ‘n burgerlike organisasie vir etniese Afrikaners. Die demokratiese verkiesingsmetode (mnr. Paul Kruger van die VVK). Die Konsosiatiewe model van Arend Lijphart toegepas (dr. Christo Landman.)Die metodiek van die Boerevolk Verteenwoordigende Raad (dr. Lets Pretorius)
* ‘n Alternatiewe politieke model tot liberalisme en kollektivisme. Die Teokrasie as Christelike staatsmodel (dr. Jann Schlebusch). Die Christen-demokratiese regstaat (mnr. Francois van Zyl).
* Alternatiewe modelle vir aansluitende samewerking (mnr. Richard Botha, Stadsraadlid van die CDP)

Praaglesers wat belangstel om hierdie konferensie mee te maak, word vriendelik uitgenooi om die Sekretaris by clandman@netactive.co.za van u voorneme in te lig en om R100 per persoon op die volgende Afrikaner Alliansie se Absarekeningnommer nommer 909 134 80 30 oor te betaal. Dit sluit in Saalhuur en etes.

типы парусных судовДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Vyf swartes verkrag vrou voor haar seuntjie

‘n Blanke vrou van Port Elizabeth is deur vyf swart gewapende rowers in haar huis verkrag terwyl haar vierjarige seuntjie moes toekyk. Volgens ‘n plaaslike koerant in die Baai is dit “die eerste gewelddadige huisaanval waar verkragting betrokke is” sedert die aanvang van die wêreldsokkerbekertoernooi.

‘n Woordvoerder vir die polisie, adjudant-offisier Precious Timla, het gesê dat die rowers omstreeks 3-uur vm. deur ‘n venster van die kothuis in ‘n tuin toegang verkry het.

Die vrou van Pekingstraat, Morningside is deur die geluid van stemme in die kothuis wakker gemaak. “Die volgende oomblik het die (swart) mans haar op die bed vasgedruk,” het Timla gesê. “Hulle het ‘n pistool teen haar kop gehou en haar bankkaarte en pinnommer geëis voordat hulle beurte geneem het om haar te verkrag terwyl haar seun dit in die vertrek moes aanskou.”

Blykbaar is ‘n mes ook teen die vierjarige seuntjie se keel gehou om sy ma te dwing om saam te werk.

Die geweldenaars het gedreig om haar seun as gyselaar aan te hou terwyl hulle bank toe gaan om die geld te trek, maar die vrou kon hulle oorreed om hom agter te laat.

“Ons is nie seker wat tussen haar en die rowers gebeur het nie, maar hulle het uiteindelik die kind agtergelaat,” het Timla gesê.

Hoewel daar geen tekens van ‘n inbraak is nie, het ‘n polisiebron gesê dat die vensters oud is en nie behoorlik toemaak nie, dus kon die rowers maklik deur een van hulle ingekom het.

Sommige aanvallers het weer deur die venster uitgeklim terwyl ander deur die agterdeur vertrek het. Die vensterskarniere is los en het geklap toe die rowers uitgeklim het, wat die huiseienaar op dieselfde perseel wakker gemaak het.

Hy het opgestaan om ondersoek in te stel en het die vlugtende swartes skrams gesien. “By die kothuis gekom, het hy die vrou huilende op die bed gevind,” het die bron gesê.

Die polisie is onmiddellik ontbied.

Volgens Timla is “drie van die mans met pistole gewapen, terwyl ‘n vierde blykbaar ‘n speelgoedpistool by hom het”.

Die erg geskokte vrou is na die hospitaal geneem en later ontslaan. “Die vrou is hoogs emosioneel en erg getroumatiseer,” het die polisieman gesê. “Haar seuntjie is ook baie ontsteld oor die voorval.”

универсальное оборудование для диагностики автомобилейДанильченко Харьков

Wimbledon verbied Afrikaramshoring

Wimbledon, die All England Club, het tennistoeskouers verbied om vuvuzela te blaas. 

Afrika se ramshoring, die grootste geraasmaker en tot dusver sukses van die Wêreldbeker, verkoop sedert verlede Vrydag fluks in Brittanje.

‘n Woordvoerder van die All England Club, sê egter die geraasblaser is nie welkom by die tennistoernooi nie.

Tennis is ook nie die enigste sport wat bekommerd is dat die blaaskakofonie sal oorneem by sportgeleenthede nie. Krieketbase hou nou duimvas dat die plastiektuit nie die reeks tussen Engeland en Pakistan sal verongeluk nie.

‘n Woordvoerder vir Trent Bridge, waar die eerste toets tussen Engeland en Pakistan op 29 Julie plaasvind, sê die eerste vuvu’s het al hul opwagting by vriendelike wedstryde gemaak.

детский хоккей играДанильченко Юрий прокурор

Prins blaas ook vuvu

Prins William is ook ‘n vuvuzela-ondersteuner. Hy het die geraasmaker op versoek van ‘n swart kind by ‘n sokkergeleentheid in Botswana geblaas.

 Die prins was by die Maun-stadion in die noorde van Botswana om deel te neem aan ‘n bewaringsprojek wat sokker gebruik om kinders aan wildbewaring bekend te stel.

Die prins het saam met verhoogkunstenaars en Lucas Radebe, eertydse Suid-Afrikaanse sokkerspeler en kaptein van Leeds United, deelgeneem.

Prins William se broer, prins Harry, is in Lesotho waar hy ook met liefdadigheidsprojekte betrokke is.

Hulle sal Vrydag in Suid-Afrika aankom om die wedstryd tussen Engeland en Algerië by te woon.

deposit 10 casinoтопкарго отзывы

Herrie prut tussen Nederland en SA oor oranje

Mirte Nieuwpoort en Barbara Castelein, draers van die oranje-rokkie, het Woensdag in die Johannesburgse landdroshof uitgevind dat Suid-Afrika nie ‘n gasvrye land is nie.

‘n Diplomatieke herrie prut tussen Nederland en Suid-Afrika nadat ‘n gespesialiseerde eenheid van die Polisiediens die oranje-meisies vroeg die oggend gaan wakkerklop het.

Die Nederlandse minister van buitelandse sake, Maxime Verhagen, het die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Den Haag, Pieter Goosen, intussen laat weet dat die optrede teen die meisies buitensporig is.

“Hy het aangedui dat die arrestasie van die twee vroue buitensporig en nie korrek was nie,” het die woordvoerder vir die Nederlandse ambassade in Suid-Afrika, Christoph Prommersberger gesê.

Verhagen het gesê: “As Suid-Afrika en Fifa ‘n maatskappy wil pak oor onwettige advertensie, moet hulle regstappe neem teen die maatskappy, en nie teen twee gewone burgers wat in oranje uitrustings rondgestap het nie.”

Nieuwpoort en Castelein verskyn in ‘n spesiale Wêreldbekersokkertoernooihof.

Hulle is elk R10 000 borgtog gegee en moet weer in die hof verskyn op 22 Junie.

Hulle het verskyn op aanklagte van oortreding van Suid-Afrika se Handelswaremerkewet van 1941 en die oortreding van die twee afdelings van die Spesiale Maatreëls Regulasies.

Hulle regsverteenwoordigers en borgtog is betaal deur die Bavaria Bier-maatskappy.

Die Nederlandse ambassadeur in Suid-Afrika, Robe de Vos, het gesê die ambassade het die polisie gevra om die arrestasies en ondervraging te verklaar.

Prommersberger sê die ambassade ondersoek die moontlikheid om ‘n lid van die ambassadepersoneel by die vroue te plaas vir hul veiligheid.

Die polisie, intussen, kon nie sê of daar ‘n regsgeding teen alle Suid-Afrikaanse vroue wat oranje rokke dra, is nie.

Na aanleiding van die Nederlandse regering se kritiek, het Saul Molobi Kgomotso, ‘n woordvoerder vir die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, gesê Suid-Afrika se wetgewing is ontwerp om Fifa se intellektuele eiendom te beskerm

“Ons het ‘n beroep op ondersteuners gedoen om ons wette in ag te neem as ‘n soewereine staat.”

штукатурные смеси для наружных работлобановский политик